Kaapstad en Willemstad: Koloniale susters

Handelskade in Willemstad (Foto: Mtmelendez/ Wikimedia Commons)
Handelskade in Willemstad (Foto: Mtmelendez/ Wikimedia Commons)

Noem die Bo-Kaap in Kaapstad en jy noem die Handelskade in Willemstad. Die gelykenisse tussen die twee stede is verbluffend. En beide het hul voorkoms gekry danksy Nederlandse koloniale wette.

Waar Kaapstad in 1652 gestig is, is Willemstad in 1634 gestig. Waar Kaapstad deur die Verenigde Oostindiese Kompagnie (VOC) bestuur is, is Willemstad deur die Wesindiese Kompagnie (WIC) bestuur.

Soos die name vertel, het die Wes-Indiese Kompagnie sy besighede veral op die westelike halfrond gehad, terwyl die Verenigde Oosindiese Kompagnie sy besighede veral op die oosterse halfrond gehad het. Hoewel die WIC een van die grootste slawehandelaars op aarde was, was sy by Nederlandse wet beperk tot die westelike halfrond. Dit verklaar ook die koms van die Maleiers na die Kaap.

Dit is direk ‘n ‘n verskil tussen Kaapstad en Willemstad. Willemstad was die belangrikste Nederlandse spil in die slawehandel. Slawe van die Nederlandse Goudkus in Wes-Afrika en die Loango-Angola kus word na Willemstad vervoer, waar hulle verhandel word, met bestemmings reg oor Noord- en Suid-Amerika. Amper 500.000 slawe word via Willemstad verhandel. ‘n Swart bladsy in die Nederlandse geskiedenis. Kaapstad het egter nie groot internasionale slawehandel geken nie, maar die stad het wel die rol van ‘n “spil” gehad. Duisende Nederlandse skepe van regoor Europa en Amerika het 150 jaar se tyd via Kaapstad na verskillende bestemmings in Asië gereis. 

Wat betref demografie lyk die stede nog altyd op mekaar. Daar is ‘n stewige verteenwoordiging van Nederlandse koloniste, wat dikwels reeds eeue lank in Kaapstad en Willemstad woon, voormalige slawe, gemeng met sowel Europeërs as inheemse mense, vorm die bevolking se meerderheid en die inheemse mense is slegs ‘n klein minderheid.

Kaapstad sowel as Willemstad het tans te doen met ‘n instroom van ’buite’. Waar die Xhosa-bevolking in Kaapstad as ‘vlugtelinge’ aangemerk word, word Willemstad – met minder as 70 kilometer buite die Venezolaanse kus – deur sommige Suid-Amerikaners gebruik as springplank na Europa. Al is die immigrasiepolitiek in Willemstad minder erg as in Lampedusa, wat somtyds meer as ‘n duisend bootvlugtelinge binne 24 uur moet verwerk.

Al het Willemstad sy kleurtjie op ‘n ander wyse gekry. In die negentiende eeu het op Curaçao baie mense se oë pyn gedoen, omdat die fel son deur wit strate en wit geboue steeds weerkaats is. ‘n Dokter het toe die Goewerneur-Generaal gevra om ‘n dekreet uit te vaardig waarin hy stel dat elke huis ‘n kleurtjie moet kry.

Ondanks dat dié belangrike slawehandelstad nie sy kleure deur lyding van slawe gekry het nie, soos die Bo-Kaap wel sy kleure gekry het, is dit steeds pragtig. Die koraalriwwe behoort tot die mooiste in die wêreld en is toeganklik vir duikers. En as jy ‘n bietjie van partytjie-hou hou: die clubs behoort tot die wêreld se bestes. Om van die mooi wit strande met warm seewater en die eersteklas hotels nog nie eens te praat nie.

Vandag is Willemstad steeds ‘n Nederlandse stad. Hoewel dit op die Amerikaanse kontinent lê, sal dié mense nog steeds Afrikaans verstaan. Willemstad is naamlik die hoofstad van Curaçao, wat ‘n outonome land binne die Koninkryk van die Nederlande is. Ongelukkig het benodig Suid-Afrikaners ‘n visum.

Nuuskierig na Willemstad? Vlieg vanaf Kaapstad of Johannesburg vir ‘slegs’ R25 000 met die Koninklijke Luchtvaart Maatschappij (KLM) of American Airways.

Tot siens in die (Nederlandse) paradys op aarde?!

This slideshow requires JavaScript.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s