Geld vir die godsdienstiges (Teologie vir die twyfelaar 31)

Die veroordeelde moordenaar Christoff Bekker, lid van die sogenaamde Waterkloof 4, is toe verplaas na die Ebongweni-C-Max-tronk in Kokstad in die provinsie van Kwazulu-Natal. Die hele “Waterkloof 4” sage is en bly maar net een groot voortslepende verleentheid vir Suid-Afrika. Soos ’n nagmerrie wat nie wil ophou nie. Want dit versimboliseer alles wat verkeerd is in ons mooie land. Nie net het ons hier ’n ryk persoon wat vir die dood van ’n arm weerlose mede Suid-Afrikaner verantwoordelik was nie, maar ons korrektiewe sisteem bevoordeel die skuldige weens die feit dat hy en sy familie baie geld het.

 

Dit is hoe dit gaan in Suid-Afrika. Ek is geen kommunis nie, maar dit is ongelukkig waar ons staan vandag. Geld is ons land se god. En ons sal als verkoop wat ons menslik moontlik kan om daardie onblusbare gelddrang te bevredig. Ons land, waarvan die oorgrote meerderheid burgers die een of ander vorm van ’n Abrahamistiese godsdiens aanhang, is so verslaaf aan geld dat niks anders juis vir ons saak maak nie. Dit is die enigste ding wat hierdie godbehepte nasie BEHOORLIK dryf, is geld.

 

Want rykmense met kontakte en invloed, kan tronkstraf vryspring. En diegene wat tronk toe gaan maar ryk families het, kan maklik die amptenare omkoop met geld en so spesiale behandeling ontvang. In die howe is diegene met meer geld daartoe in staat om beter verdeding te kry om hulle misdade te regverdig. Die president, ja, wat kan mens sê van die president . . .

 

En dan is daar e-toll – e-toll wat skynbaar nogal heel outokraties op mense afgedwing was in hierdie land wat waar ons so graag roem op ons demokratiese sisteem. E-toll wat die onuitputbare gelddrang moet help bevredig . . .

 

Nee, ons mense is geldbehep. Geld is al wat ons mense dryf. Die waardes van leiers soos Nelson Mandela, Oliver Tambo en Albert Luthuli en die gees van ons Grondwet is nie lewend in ons harte nie. Nog minder die leerringe van Jesus van Nasaret.

 

Mag God of iets ons nasie red!

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s