Bloedplaatjies

Anderdag toe gaan skenk ek vir die heel eerste keer in my lewe plaatjies. Ek weet dat ons maar ’n klein fraksie van die wêreld af weet en van wat als om ons aangaan. Het agtergekom dat daar nogal heelwat mense is wat geen idee het wat bloedplaatjies is nie. Dit is ’n komponent van mens se bloed wat ’n belangrike rol speel. Sover ek weet is dit die komponent wat mens se bloed help stol in die geval van ’n wond. Dit is dus uiters belangrik vir ons om te kan lewe. Mense kan nogal aangaan oor water of suurstof, en oor harte, maar ons kort plaatjies. Ons kan nie sonder dit nie.

 

Ongelukkig is daar mense wie se liggame nie genoeg plaatjies produseer nie. Maar gesonde mense se plaatjies kan geoes word en dan gebruik word vir hierdie mense.

 

Om bloedplaatjies te skenk neem ongelukkig langer as ’n gewone bloedskenking. Dit kan tot meer as ’n uur neem. Anders as ’n gewone bloedskenking, is daar ’n spesiale masjien. Die masjien doen klomp ingewikkelde dinge, soos wat aan my verduidelik is sonder dat ek gevra het vir enige lang verduidelikings, maar die kort van die lank is dat hulle jou bloed verwyder uit jou liggaam, dan word die plaatjies verwyder uit die bloed, en die bloed word dan weer terug gepomp in jou lyf in. Die plaatjies kan duidelik gesien word in hierdie foto, regs bo. Dit is die geel goet.

 bloed

Daar is ’n newe-effek. Dit is as gevolg van een of ander kalsium-verwante rede. Elke mens ervaar dit anders, prikkels, droë smaak in jou mond, metaalsmaak, weet nie wat als nie. Myne was so droë smaak. Maar om hierdie newe-effek teë te werk gee die verpleegkundige vir die skenker ’n bruisdrankie wat die kalsiumvlakke verhoog.

 

Omdat die naald lank in mens se lyf is, het jy ’n spesiale verband nodig wat ekstra druk op die armwond sit.

 

 bloed2

Omdat dit ’n groter opoffering is om bloedplaatjies te skenk, kry plaatjieskenkers ekstra spesiale behandeling. Jy kry nie net daardie wit suikerkoekies nie. Ek het Romany creams gekry, en is ook ’n klein etetjie aangebied, in die vorm van ’n geroosterde kaasbroodjie, wat ek van die hand gewys het. ’n Gesonde mens se liggaam vervang die plaatjies wat geoes is binne 24 uur, en anders as met gewone skenkings kan plaatjies elke maand geskenk word.

 

Daar is ongelukkig nie op elke klein dorpie ’n bloedbank wat ingerig is om plaatjieskenkings te kan hanteer nie. Maar al die metro stede het so bloedbank.

Advertisements

One comment

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s