Lesersartikel: Is mans en vroue WERKLIK gelyk?

Geslagneutrale bord in die hoofkantoor van die Nordiese Raad in Kopenhagen, Denemarke (Foto: Johannes Jansson/norden.org/Wikimedia Commons)

Dit word elke dag in ons ingedril . . . die samelewing is te ongelyk. Vroue verdien te min geld in vergelyking met mans. Vroue het te min mag. Ens. Ens. Ens.

Ek is ’n absolute voorstander van vroueregte. Van gelykheid. Maar daar is twee interessante dinge aan die bostaande wat ons nie totaal uit die oog moet verloor nie.

1. Ten spyte van die aandrang op groter gelykheid vir vroue, neem die druk nie af op mans in terme van die sosiale eise wat aan mans gestel word nie. Suid-Afrika is en bly ’n diep Christelike land. Die man word in daardie tradisie tipies beskou as die “provider”. Die goeie Christen man het 2 take. Hy moet eerstens geld maak en tweedens moet hy moet babas maak. Vroutjie moet op die paal en agter die stoof gehou word. Dit is nou na afloop van die troue, natuurlik. Slaag die man nie daarin om ryk te wees nie, word hy as ’n mislukking beskou. By die huis is hy ’n mislukking, maar by die werksplek is hy nou meer aanvaarbaar, want hy het teruggestaan vir die skoner geslag.

2. Waar daar mans is, moet hulle dikwels die vroue se werk ook doen. Die eenvoudige feit is dat vroue is gou om gelyke salarisse te eis, maar ewe gou is hulle om te eis dat die man die harde, fisiese werk doen. Ja, die stereotipes oor die rol van die man word natuurlik nie net maar in die huwelik en in die slaapkamer voortgedra nie. Ook by die werkplek moet die man die een wees wat dikwels AL die fisiese dele van die werk doen (bo en behalwe sy eie werk). HY moet die cowboy wees. HY is die een wat swaar goed moet optel en sy liggaam op die spel moet sit. Behalwe daarvoor, is daar ook die stereotipe wat dikteer dat alle mans tegnies aangelê moet wees. “’n Regte man” weet hoe om ’n kar reg te maak en hy is basies outomaties ’n handyman/DIY vanweë daardie Y-chromosoom.

Ooooooooh ja, mans en vroue is gelyk. Oh ja, dit staan mos in die Grondwet en al daai. Ons moet dit nog net glo ja.

Én voel.

Hierdie artikel is geskryf deur Spokie. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

4 comments

  1. Ek stem nie saam met Spokie nie, nee in my werk het mans en vroue ewe veel regte, maar die mans kry groter salarisse, en meer voordele

    Ek en my mede manlike kollega doen presies dieselfde werk maar hy word meer raak gesien as die vrou

    Ek is ‘n vrou en kan ‘n motor wiel omruil, ‘n “fanbelt” omruil ek weet waar sit ‘n motor enjin en die meeste van die motor onderdele kan ek beskryf

    Ek kan koek bak en ‘n eier poseer, maar nee ek word nie dieselfde behandel as my manlike kollega al kan ek sy werk doen en nog beter

    • Nee, ek kan nie regtig hiermee stry nie. Alles in ag genome dink ek dat daar wel nog te veel teen vroue gediskrimineer word as teen mans. Mense moet maar bietjie stoom afblaas oor van hulle frustrasies. Dis goed

      Ja hopelik breek daar ‘n dag aan wat mense waarlik meer gelyk is. Daar is darem al baie vordering gemaak!

  2. Moeilike kwessie. Ek dink die man moet meer uit sy tradisionele rol stap. In Nederland is mans gewoon om op die kinders te pas en die vrou kan ‘n motorband wissel. Ek dink nie die fout lê by enige groep nie, maar dat dit net ‘n tydelike situasie in die huidige proses van verskuiwing is. Die vroue wil verander, gelyk wees en verander tans. Dalk is dit nou die die man se beurt om te verander…

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s