Redakteursnota: Naspers wil Maroela Media, Opinieplatform koop

Plaatje Nuus24 met Opinieplatform en MaroelaMedia

Let wel: Hierdie artikel was ons April-gekkedaggrap in 2014. Naspers was geensins van plan om Maroela Media en ons webwerf te koop nie.

Die Suid-Afrikaanse multimediabedryf Naspers het vandag gesê dat sy Maroela Media wil koop. Na verluid het Naspers ‘n multimiljoen rand bod op Maroela Media gedoen. Naspers beskou Maroela Media as ‘n ernstige bedreiging vir Media24 se monopolie op nuus in Afrikaans.

Die rede is die groot groei wat Maroela Media maak ten opsigte van NuusFlitse, Naspers se gratis nuusdiens. Een van die redes van die onstuimige groei van Maroela Media is dat lesers die gratis nuusdiens van Solidariteit beter waardeer. Die webwerf van Maroela Media se gebruikergemak is baie hoër as Media24 se webwerwe, omdat lesers op webwerwe van Die Burger, Volksblad en Beeld moet oppas dat hulle nie op ‘n betaalde artikel klik nie.

‘n Woordvoerder van Solidariteit het gesê dat die vakbond die bod moeilik kan weier: “Ons het meer belange as net die nuusverskaffing, miskien kan ons die geld gebruik om meer hofsake teen die ANC te voer.” Op die vraag of Solidariteit sy droom van ‘n Afrikaanse universiteit met die geld wil verwesenlik, het die woordvoerder geantwoord dat Media24, by monde van dagblad Beeld, ‘n uitgesproke teenstander van Afrikaanse universiteite en hul tradisies is. Daar is ‘n spesiale voorwaarde dat die geld nie vir ‘n universiteit gebruik mag word nie.

Naas die bod op Maroela Media het Naspers ook ‘n bod gedoen op die domeinnaam van Die Afrikaanse opinieplatform. Volgens Naspers ondermyn die webwerf die beleid van Media24 om Afrikaanse bloggers stil te maak: “In 2012 het Media24 die blogmoontlikhede op Nuus24 aansienlik beperk deur die Letterdash-stelsel uit te faseer. Ons het dit vervang deur ‘n inferieure WordPress-stelsel met aansienlike beperkings. Toe dit nie alle Afrikaanse bloggers ontmoedig het nie, het ons besluit om die hele Nuus24-omgewing te sluit. En toe skaars 12 dae na die sluiting van Nuus24 is Die Afrikaanse opinieplatform gestig. Dit was nie ons bedoeling dat die Afrikaanse bloggers hul eie tuiste sou skep nie.”

Volgens die buitelandse eienaar van Die Afrikaanse opinieplatform is Naspers se bod slegs ‘n fok-off-premie: “Die bod bedra slegs enkele duisende rande, terwyl  die domeinnaam opinieplatform.co.za volgens internet-eksperte meer werd is. Die webwerf groei en ken sedert die oprigting ‘n konstante groei van leserstalle.” Die eienaar van Die Afrikaanse opinieplatform ag ‘n oorname van die domeinnaam deur Naspers onwaarskynlik.

Naspers het geen planne met Maroela Media en Die Afrikaanse opinieplatform nie. Geheel in lyn met die reduksie van Afrikaanse media, waaronder die sluiting van Nuus24, die musiekkanaal MK en die koerant Sondag, sal Maroela Media en Die Afrikaanse opinieplatform gesluit word.

PRAAG steun Naspers se stappe. Waarskynlik omdat PRAAG baie lesers verloor het sedert die opkoms van Maroela Media. Buitendien vaar PRAAG en Naspers wel by die polarisasie tussen hul dienste.

Maroela Media gee vanaand om 19:00 uur ‘n perskonferensie oor sy toekoms. Die perskonferensie sal regstreeks in e-Nuus op Naspers se KykNET uitgesaai word.

Dit is ‘n persverklaring. Vir media: vind hier meer uit oor Die Afrikaanse opinieplatform.

Advertisements

4 comments

  1. Ek het verlede week die herfsskool op Potchefstroom bygewoon en julle Susan Lombaard ontmoet. Gister besluit ek om te kyk wat julle doen en kom op die Aprilgekartikel af. Kostelik.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s