Bloemfontein se Babamandjie

Baby bin
Die Baby Bin in Bloemfontein (Foto: Barend van der Merwe)

Ek het vandag vir die heel eerste keer in my lewe voor ’n baby bin gestaan. Die gevoel watdie plek my gegee het, is een van diepe hartseer. Ek reken ons voel almal eensaam soms. Die van ons wat enkellopend is, kyk soms na gesinne en dink ,ek begeer dit. Dit sal my eensaamheid verdryf. Dan is daar mense wat eensame gevangenisse is binne hulle huwelike, en families en gesinne. Maar wat ’n tragiese neerdrukkende plek is ’n baby bin darem nie! Want dit is ’n plek waar weerlose babatjies verwerp word.

Of daar in Bloemfontein nog sulkes is, die sal ek nie weet nie. Die lewe is so, ons weet nie regtig wat als om ons aangaan nie. Ek weet ek het al verskeie kere by die Baby Bin verbygestap, maar nie notisie geneem nie. My lewe het immers sin. Ek raak eensaam ja, soos alle mense, maar ek het my beroepie, een waarin ek myself uitleef. Dis maar my godsdiens kan jy seker sê, dit en my pa is my fondamente. Daar is mense wat nie loopbane het nie. Daar is mense wat nie ouers het wat omgee nie. Dalk baie van die vroue wat voor daardie Baby bin gestaan het, het geen loopbaan nie? Geen geld nie? Geen idee hoe sy vir die kind moet sorg nie? Sien geen uitkoms nie . . .

Die rol van die Baby Bin in ons gemeenskappe is een waaroor ek nie my mind kan opmaak nie. Dit is uiteindelik ’n filosofiese saak en ek is geen filosoof nie. Aan die een kant, kan daar geargumenteer word dat, die baby bin maak mense onverskillig. Dit moedig roekelose ouerskap aan. Mense, so word daar gesê, moet verantwordelikheid neem vir hulle kinders. En ’n Baby Bin verhoed dat mense verantwoordelikheid neem. Die teenkant is dat hierdie plekke waarskynlik al baie kinders se lewens gespaar het van ’n gruwelike dood.

Ek reken staatkundig sal Baby Bins altyd plekke wees wat deur die owerhede gekritiseer word. Maar is dit ongrondwetlik? Sal daar ooit gronde kan wees om ’n wet teen die praktyk te maak? Ek is nie seker nie. Die kerk is egter is regering op sy eie, met ander wette as die staat. Ek reken dat Baby Bins altyd met ons sal wees.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s