Tobi en Corlea? Of Corlea en Tobi?

Die stad is soos ’n toe neus. Daar is te veel gaste. Veral Bloemfontein het daardie reputasie as ’n plek waar verwarde plattelandkinders heen kom om hulleself aan die wêreld te begin verkoop. Bloemfontein is ‘n Babilon – so het die Mystic Boer mos altoos gesing. En dis die reine waarheid. Dis presies soos dit is. ’n Uitstappie SPAR toe, mense wat hulle blase ledig reg voor die winkel. Dit bly jammer vir my. Selfs ek wat nie regtig as ’n erg verfynde mens beskryf kan word nie. Ja ek glo dit is een ding wat verkeerd is en bly.

Maar, kyk na hierdie foto.


 

Corlea


 

Een van my gunsteling sangers sing die 11de by INNISKUUR. INNIESKUUR is ’n so ’n klein intieme venuetjie (het die doktore en lektore en professore en dies meer van die taalkommissietjie nou al die woord ‘venue’ “verstandaardafrikaans” of nog nie?). Dis ’n lekker plek en die pryse is besonder regverdig. Jy kan bier koop vir R15, as ek reg onthou. ’n Ete is tipies om en by R40. Daar is net Ricoffee ongelukkig, dis nou toe ek laas daar was in 2014, en omdat die plek regtig ’n skuur is, is dit geneig om bietjie te warm te wees in die somer en dan weer erg koud in die winter, maar hulle probeer darem altyd om die temperatuur die reguleer.

Ek het een aand daar, vroeër vanjaar, gaan kyk en toe sing Corlea daar ‘amazing grace’ sonder enige CD begeleiding. Ek moet bieg ek het daardie aand ’n traan in my oog gekry.

Wat is die probleem met hierdie plakkaat? Die name! Dit lyk regtig nie goed nie. Dit lyk asof sy Tobi is en hy is Corlea. As ek nie van beter geweet het nie, dan sou ek geglo het sy is Tobi en hy Corlea. Mense doen mos net wat hulle wil. Norme tel nie meer in die wêreld waarin ons lewe nie.

Dit is omdat die norme wat ons moet beskerm, dikwels maak dat ons seerkry. En dan word daardie normes vir ons onbelangrik.

Ons moet simpatie met mekaar he. Ons is almal brose mense.

Nietemin. Ek is van mening dat die SKUUR weer gepak gaan wees die 11de. Want hierdie Corlea wen nogal baie fans met elke optrede. Ek is van mening dat ’n laserskyf onreg doen aan haar, en aan haar stem. Mens moet haar eenvoudig voor jou sien sing om te verstaan watse gawe hierdie dame het.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s