Naweekoordenking: Die gevaar van dogma vir die goeie verstand (Teologie vir die twyfelaar 29)

Ons teksvers vir hierdie oordenking kom uit Mattheüs 25: 14 – 30 – die gelykenis van die talente.

Daar lê vir ons ’n reuse gevaar daarin om sommer net enige kerklike dogma te glo. Dit is nie altyd ’n maklike pad om te stap, hierdie pad van eerlike, openhartige twyfel nie. Nee, die gemeente sal dit veel meer verwelkom as ons besluit om te jok en te maak of ons alles glo. Saam te speel en lewe asof daar nie ’n sweempie van twyfel in ons harte is nie. Dán sal ons oornag helde word. Nee, die pad van eerlikheid, is geen maklike pad nie.

Maar, hoekom het die Groot Gees hierdie twyfel in ons harte geplaas? Is dit nie dalk te wyte aan ons intelligente breine nie? Is dit nie omdat die skepping (of dan nou, vir die groter twyfelaars onder ons, die ‘ontwikkeling), so reusagtig kompleks in sy omvang is nie? Omdat die toestand van lewe so oorweldigend verwarrend is nie?

Liewe broer en suster en hermafrodiet. Wat sal gebeur as ons eendag by die poorte kom, en daar word vir ons gevra – hoekom het jy teen jou goeie verstand in besluit om die dogma te glo? Hoekom het jy die oortuiginge wat jou wonderlike verstand jou gebring het, verwerp? Is jou brein, jou gawe om te kan dink, en krities te kan redeneer, dan nie ook een van jou ‘talente’ nie? En hoekom het jy dan hierdie talent van jou so geminag? Is dit wat jy dink van die gawes wat jy gekry het?

Nee wat, vat hom weg warmplek toe hierdie ene . . .

Kom ons bid saam.

Geagte Groot Gees. Dankie dankie dankie dankie dankie dankie dankie dat dit nou naweek is. Honestly dankie.

Amen.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s