Vandag: Van krieket tot Pistorius

Jean-Paul Duminy tydens sy eerste toets vir Proteas in 2009 (Foto: Wikimedia Commons)

Dit was weer ’n riller op die krieketveld vandag. ’n Absolute riller. Toe Nederland en sy eertydse kolonie, Suid-Afrika, mekaar op die krieketveld die stryd aangesê het tydens die T20 wêreldbeker. Suid-Afrika, een van die top krieketlande ter wêreld, Nederland, ’n dwergie in die krieketwêreld. Maar die Proteas se probleme op die krieketveld tydens die wêreldbekertoernooie is al legendaries. Die Proteas is een van die beste krieketspanne op aarde, maar Suid-Afrika val altyd uit tydens die wêreldbeker. Nederland verdien natuurlik krediet vir hulle spel, maar mens verwag tog meer van ’n span soos die Proteas. Suid-Afrika was al herhaaldelik as die beste span in die wêreld gekroon. Tog kon hulle nog nooit ’n wereldbeker wen nie. Ek weet nie eens van een keer wat dié span ’n finaal gehaal het in wêreldbeker nie (maar ek mag verkeerd wees en sal enige teregwysing verwelkom).

Ek kon nie self kyk na vandag se wedstryd nie maar het so met die een oor tussendeur die werk geluister. Dis die tweede wedstryd wat Suid-Afrika net-net wen. Mens sou dink dat die wedstryd teen Nieu-Seeland die Proteas sou laat wakkerskrik, maar nee.

Met hierdie geploeter en ’n verloor teen Sri-Lanka reeds onder die belt, sukkel ek om te sien hoe die Proteas enige verdere wedstryd teen die sterker spanne gaan wen. Maar kom ons hoop dat die sterker opposisie die Proteas sal aanspoor daartoe om hulle sokkies behoorlik op te trek.

In ander ’n ontwikkeling vandag het die regter in die sogenaamde “Griekwastad-verhoor” die jong verdagte, skuldig bevind op die drie moorde. Ek dink dis veilig om te sê dat meeste mense wat die saak volg ’n skuldigbevinding verwag het. Hierdie saak, sowel as die van Oscar Pistorius en die Dewani saak, geniet besonder baie media aandag. In al drie hierdie sake gaan dit om die beweerde pleeg van geweldadighede van mans teenoor vroue.

Die land Suid-Afrika, kom ons draai nie doekies om nie, is geen vrou-vriendelike land nie. En die bogenoemde drie sake het op ’n simboliese manier begin funksioneer as verteenwoordigend van ’n groter probleem naamlik – die weerloosheid van vroue in ons samelewings. Dit was al drie welaf families. Maar die geld het nie die geweld gespaar nie.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s