Lesersartikel: Ek stem VF+!

Arabiese Afrikaans
Oproep in Arabiese Afrikaans om te gaan stem in 1872. (Foto: Wikimedia Commons/dr. S. Jeppie)

Daar word al hoe meer op die regte van minderhede getrap in Suid-Afrika. Minderhede word soos tweede klas burgers behandel in hul eie land en hulle voel soos vreemdelinge wat nêrens tuishoort nie.

Regstellende aksie en ander diskriminerende arbeidswette is besig om minderhede te verarm en uit te skuif uit die werkplek. Dis onaanvaarbaar en kan nie so aangaan nie. Dis tyd dat die Afrikaner en ander minderhede saamstaan en sê genoeg is genoeg! Daar kan ‘n begin gemaak word daarmee deur te gaan stem in die verkiesing en spesifiek vir ‘n party wat sterk staan op minderheidsregte en die belange van minderhede op die hart dra.

Ons weet dit is nie die ANC nie en die DA het lankal hul rug gedraai op minderhede en is nou in ‘n dolle gejaag na swart stemme.

Dit is daarom uiters belangrik dat minderhede uitgaan in hul duisende en gaan stem.

Ek dink die enigste party wat veg vir minderhede se belange is die VF+. Ek stem op 7 Mei sodat daar ‘n verandering kan plaasvind.

Die ANC sal uiteindelik verslaan word deur ‘n meerderheid van minderhede in hierdie land. Wees dus wys en gaan maak jou kruisie by die party wat werklik vir jou omgee en nie net leë politieke beloftes maak nie. Ek dink ‘n stem vir die VF+ is ‘n stem vir ‘n beter toekoms.

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Redakteursnota: In die tweede helfte van April sal Die Afrikaanse opinieplatform ‘n oorsig van die belangrikste partye se standpunte toon. Vertel ons van watter partye se standpunte jy wil weet!

Advertisements

6 comments

  1. …”en die DA het lankal hul rug gedraai op minderhede en is nou in n dolle gejaag na swart stemme”. Wil net meld dat bogenoemde nie volledig uitgeskryf is in artikel nie,so lees hierdie stukkie net volledig by. “dolle gejaag na swart stemme” moet bykom. Dankie.

    • Dankie vir jou regstelling. Ek het dit nou verander. Ek het die stukkie oorspronklik verwyder, omdat die manuskrip nie heeltemal reg was nie en die sin ‘n uiters rassistiese byklank gekry het. Dankie vir jou regstelling.

  2. Ek gaan nie vir hulle stem nie. Ek het in 2004. Dit was die jaar na my matriek. Daardie jaar, nes vanjaar, het al die politici belowe alles sal verander, as ons tog net vir hulle stem. En wat het verander? Niks. Mense ly nogsteeds in hierdie land. Suid-Afrika is maar steeds die patriargale land wat dit altyd was, waar die rykes neersien op armes, al is hulle kamstige Christene. ‘n Mens se waarde word gemeet aan hoeveel geld jy het.

    Dit is geen wonder dat ateiste spot en vra waar is Jesus nie?

  3. In Suid-Afrika word politici soos Zuma en Zille en die Mulders al ryker en die gewone mense word net armer.

  4. VF Plus is die logiese en enigste keuse vir minderhede om voor te stem. Onthou die VF Plus se naam verskyn heelbo op altwee stembriewe. Stem bo en bly bo!

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s