Enkellopend op ongewenste ouderdom?

Outydse denke? (Foto: Bundesarchiv/Wikimedia Commons)

Hoor toe vandag so met die een oor oor die mense wat nie getroud is nie. Enkellopendes op ’n ‘ongewenste’ ouderdom. Self al in my laat 20’s, vermoed ek, is ek vinnig op pad na daardie kategorie. Die een of ander redakteur het ’n storie gedoen of dan laat doen (ek sal nie weet nie) oor die saak. En die boodskap is – daar is hoop vir jou, o vrygesel. Jy kan jou lewensmaat by die kerk of die gimnasium ontmoet, en so hopelik die smaad van jou gemeenskap vryspring. Maar in die tussentyd behoort mense nice met jou te wees. Jy weet, daai mense wat eintlik veronderstel is om altyd nice te wees, die uhm, familie. O gots. Ja, daais.

Jy moet ook besef die rede vir hulle aanmerkings is omdat hulle “omgee”. Hulle wil jou nie regtig dieper in daardie gestereotipeerde gat indruk nie. Jy is eintlik baie spesiaal vir hulle, dit is hoekom hulle jou so soos gemors laat voel.

I think not.

Die rede hoekom mense druk sit op enkellopendes om te trou, is eintlik dikwels presies die teenoorgestelde. Dit is omdat hulle nie regtig omgee nie. Hulle is bang dat jy eendag alleen gaan wees en dat hulle dan hulle tyd sal moet gebruik om jou emosioneel en/of op ander maniere by te staan. Die heel grootste vrees is dat jy dalk, as vrylopende mens, nie in hulle vooropgestelde prentjie gaan inpas nie. Dat jy die ‘goeie’ patriargale orde gaan bedreig. Want elke pot het mos ’n deksel en al daai fairy tales. Dit het met liefde weinig tot niks te make nie, maar met selfsug nogal heelwat.

Anders gestel, omdat jy eintlik ’n pyn in die agterwêreld vir hulle is, hoop hulle jy ontmoet iemand wat die pyn by hulle sal oorvat, en dat jy dan ’n pyn vir daardie mens is, in plaas van vir hulle.

Ek is seker daar is sekerlik uitsonderinge op hierdie reël. Die mens is so komplekse wese dat daar altyd uitsonderinge is. Maar dink maar mooi voor jy die storie glo dat mense jou getroud wil sien omdat hulle kwansuis “lief” vir jou is. Hulle smag eintlik daarna dat jy konformeer nes hulle. Want dit is wat “normale” mense doen. Mense wat nie soos hulle is en dink en optree nie, is nie normaal nie. Mense wat nie inpas in hulle idees oor die wêreld nie, is nie “normaal” nie.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s