Onthou jy nog die dae?

Wie onthou nog die legendariese Nokia5110? Ek weet nie wat my huidige foon se titel is nie. Dis ook ’n Nokia, maar die presiese benaming ken ek nie, al het ek die foon al meer as ’n jaar. Al wat ek weet is dis ’n slimfoon.

Nokia

Die Nokia 5110 kon meer as ’n week lank hou nadat jy dit gecharge het. Dis nou solank jy nie vir ure lank ‘Snake’ gespeel het nie. Vandag moet baie mense hulle fone twee keer per dag laai . . .

En vandag is die ‘sms’ (beter woord ‘teksboodskap’) ’n baie ou en duur stuk tegnologie. Ja, dit was die jare voor twitter . . .

Dit was die jare toe ons nog kinders was. Een van my ou skoolvriende het daai jare al gespot dat, as ons eendag oud is, dan gaan ons soos oumense vir jongmense vertel dat – toe ONS jonk was, kon jy met tien rand ’n pakkie tjips, ’n tjoklit EN ’n blikkie gaskoeldrank koop, en dan nog kleingeld kry.

Dit was ’n profetiese observasie – wat kos een van hierdie produkte vandag? En met inflasie? Wat gaan word? Ons gaan seker eendag R500 MOET laat druk! Want wat is die geld van vandag werd?

Ag nee, ek klink NES my ouers se generasie mense.

Ag nee!!!!!!!!!

PS: Ek reken, die gekraakte skermpie pas perfek in by die postmoderne wêreld waarin ons lewe. Waar die tegnologie ons ontnugter . . .

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s