Teologie vir die Twyfelaar 27: Ietsie oor die aanklag dat ek “teen die kerk” is

Ek is die eerste wat sal toegee dat ek krapperig is. Maar ek krap waar dit jeuk glo ek. Dit is altyd so dat die jeukplek nie self kan krap nie – of dan ten minste – dit sal nie die ideaal wees nie. Jeukplekke smeek om gekrap te word deur andere, dit sou in die eerste plek nie jeukplekke gewees het as dit hulleself kon krap nie sou dit?

Iemand soos ek het natuurlik al die verwyt gehoor dat ek “teen die kerk” is. Dit is, en nou gaan ek ongelukkig die Engels hier moet inspan, “a most unfortunate thing”. Maar ek verstaan hoekom dit gesê word. Die lewe is ’n gejaag en mense het nie aldag tyd om mekaar behoorlik te antwoord nie. Boonop is mense nie aldag LUS om mekaar te antwoord nie, want die vrae is soms te moeilik. Die maklikste uitweg dan, is om verwyte rond te slinger.

Ek beskou myself gladnie as teen die kerk nie. Die kerk is ’n versameling mense, en ek kan nooit teen mense wees nie. Ek is wel teen bepaalde idees.

Ek is ook teen magsklieks. En kerke is outomaties plekke van magsklieks. ’n Studie van die kerk se geskiedenis bewys dat sedert die antieke tye, was besluite binne die kerke nog nooit demokraties geneem nie. Die kerk is nie ’n demokrasie nie. Dit is allesbehalwe ’n demokrasie. Dit is ’n plek waar die magtiges besluit wie is goed genoeg vir die saligheid en wie nie. Wie is ‘kerkmateriaal’ en wie nie. . .

As mens net in Suid-Afrika se verlede kyk, daar was ’n tyd wat jy jou bepaalde sitplek in die kerk moes gekoop het. Party sitplekke was natuurlik in finansiële terme meer werd as die ander, so die rykes was belangriker. Gelukkig het hierdie praktyk uitgesterf. Maar die praktyk waar party meer werd is as andere, dit sal helaas ongelukkig altyd met ons wees. Dit maak nie saak hoeveel gode en gelowe en dogmas en dies meer ons as mensdom uitdink nie, die feit is dat daar sal altyd haat en nyd en meerwaardigheid en dies meer wees.

En so in plaas daarvan om te erken dat daar dinge is wat verkeerd is, is dit veel makliker om te sê nee, die of daai is téén die kerk. Dis mos veel makliker om mense te diskrediteer as om die probleem te erken.

Ek Barend is mal oor die kerk. Want die kerk bestaan uit mense en mense is wat sin gee aan ons lewens. Daar is daardie spreekwoord ‘umuntu ngumuntu ngabane bantu’. Dit is IsiXhosa en wat dit letterlik beteken is dat – ek is ’n mens want daar is mense. Sonder mense in ons lewens, is daar geen sin aan ons bestaan nie. Eintlik kan mens dan sê dat mens nie regtig bestaan nie. Met geen mense in jou lewe nie, bestaan jy eintlik nie.

Maar nou het God het elke mens uniek geskape. Is elke mens nie uniek nie?

En hoe kan dit dan wees dat elke liewe mens op aarde dieselfde dink oor God? Hoe kan dit wees as ons almal unieke wesens is?

Dit is hoekom ek nie teen die kerk is nie. Ek is teen een ding, en dit is eenogigheid en onverdraagsaamheid. Maar teen die kerk? Nie sommer nie! Ek is wel geen gereelde kerkganger nie. Dit erken ek graag. Maar dit maak my allermins ‘teen die kerk’.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s