Teologie vir die Twyfelaar 26: In verband met die toekoms van nie-denominasie kerke teenoor tradisionele kerke

Sjoe, ek het nooit kon raai dat ek so baie sal skryf oor godsdiens nie! Ek wat nie die grootste gelowige op aarde is nie. Ek het my ‘Teologie vir die Twyfelaar’ reeks begin meer om my gedagtes te orden as enige iets anders. Daar word so massas en massas geskryf en veral, o ja veral, gepraat, deur diegene wat glo dat hulle alles weet, dat ek net gevoel het wag, kom ons doen iets van die oogpunt van iemand wat ewe skepties is oor kerklike dogma as oor ateïstiese dogma. In menigte ateistiese vriendekring of netwerk, is dit mos iets soos ’n skandaal om te sê jy dink daar is dalk iets soos God, nes dit in sekere gelowige gemeenskappe iets verskrikliks is om te sê jy dink dat homoseksuele mense moet met respek behandel word – ek hoop dat daar altyd in my skryfsels ingelees word dat ek iemand is wat ’n middelgrond gesoek het.

Nietemin, ek wil oor iets anders praat vandag. En dit is iets wat ek op die internet gesien het. Is kerke wat nie geaffilieer is nie, wel in die moeilikheid, soos wat hierdie een skrywer beweer? In Suid-Afrika kry jy ook sulke kerke. In Europa is hulle skaarser. Maar daar is ’n groter kommersiële kultuur wanneer dit by kerke kom in die Verenigde State van Amerika (VSA). In kort, in die VSA kompeteer kerke meer soos besighede teen mekaar as op baie ander plekke in die wêreld. Die impak wat hierdie kerke op mense se lewens het is totaal en al verstommend. Mense se lewens is totaal en al verweef met die institusie. Hier in Suid-Afrika kry mens een kerk, die ZCC (Zion Christian Church). Mens kan hulle maklik uitken aan die groen stukkie lap met die silwer ster wat op die bors gedra word. Mense terg hulle en noem hulle die Zulu Cricket Club. Maar die diens wat hierdie kerk aan sy lede lewer is absoluut verstommend.

Hulle lede se lewens is totaal verweef met die kerk. Die kerk help jou om werk te kry as jy werkloos is. Elke jaar met paasfees trek hulle saam by Moria, in honderde duisende van hulle. Ek het tot al gehoor hulle verpak hulle eie ZCC mieliemeel, hoewel ek nog nie self die voorreg gehad het om so verpakking te aanskou nie.

Hierdie seperatiste het natuurlik ook die politiek van Suid-Afrika verander, maar dit is weer ’n storie op sy eie.

Op praktiese vlak, dus, kan ons sien hoe baie van die, kom ons noem hulle ‘jonger’ kerke, verweef is met mense se lewens.

Maar die probleem vir hierdie kerke le nie by die praktiese kerkwees nie, maar by die teologie, by die dogma. Want sien, die kerk, in die breedste sin van die woord, is stadig, met die klem op stadig, besig om te verander. Ons sien dinge soos eietydse interpretasie van die apostoliese geloofsbelydenis – iets wat amper ondenkbaar sou wees 30 jaar gelede. Ons sien vroue op die kansel. Ons sien gays op die kansel (hoewel die NG kerk tans nog vereis dat homoseksuele predikante selibaat lewe). En ja, ons sien dat daar getorring word aan die belydenisgrondslag, veral met die polsende ‘Belhar’ vraagstuk, wat nooit gaan verdwyn totdat dit deel van die belydenisgrondslag word nie.

Die feit van die saak is dat dit die tradisionele kerke is wat die leiding neem waar dit kom met vooruitgang in terme van idees. En Suid-Afrika se gereformeerde kerk staan nogal heel sentraal in baie van die ‘winde van verandering’ wat waai oor die teologiese landskap.

Hierdie dinge beteken nie die einde van nie-denominasie kerke nie. Ek dink daar sal altyd sulke kerke wees. Maar die verskil tussen die gevestigde kerke en die nie-denominasie kerke, is dat eersgenoemde se impak op die samelewing eenvoudig net groter is. Daar word nie verniet gesê dat die pen magtiger is as die swaard nie. Idees verander die wêreld. Dit is hoekom ons ’n plek soos die Afrikaanse Opinieplatform het, waar uiteenlopende mense idees uitruil en mekaar kruisbestuif!

Die dag gaan kom, wat die belydenisgrondslag van die NG kerk gaan verander. Dit gaan dalk nie gou kom nie. Dalk nie in my leeftyd nie. Maar kom gaan dit kom. En die na-apers gaan daardie erfenis opeis.

Die ding met hierdie kerke is, hulle is net soos McDonalds. Hulle het miskien nie die hamburger uitgevind nie, maar hulle snuffel altyd altyd maniere uit om mense in hulle winkel te kry.

Maar ja, die mense wat regtig oor die geleentheid beskik om die wereld te verander, is die mense in die geinstitusionele kerke. Die Katolieke. Die Hervormers. Die Lutheriane. En dies meer.

Die res sal vanself volg, soos wat die presedent(e) geskep word. Presedente soos die van verdraagsaamheid en respek vir gays.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s