Niekie van den Bergh ‘sê wie?’ – nou skynbaar in oranje

Is dit waar dat die oud-radioman Niekie van den Bergh nou sy gewig agter die Vryheidsfront plus gegooi het? Ek lees konflikterende verslae oor die saak, maar ek kan nou nie anders meer as om te glo dat dit waarskynlik waar is nie. Maar wag, kom ons bekyk die Niekie saak nou bietjie uit ’n ander hoek uit.

Daar is ’n sekere ironie in wat met Niekie van den Bergh gebeur het. En ek vermoed van Niekie se grootste kritici kry tot in hulle kleintoonjies lekker oor wat gebeur het. Soos wat ek die saak verstaan, is Niekie gewerf deur niemand anders nie as die formidabele Zille haarself. Zille is amptelik die mees suksesvolste opposisieleier ooit in die ‘nuwe’ Suid-Afrika. Onder haar leierskap het die Demokratiese Alliansie (DA) noemenswaardige sukses behaal en verander van ’n party wat uitsluitlik in die opposisiebanke gedien het, tot ’n party in die uitvoerende regering.

Maar daar is sware kritiek teen die DA. Die DA se parlementêre leier, Lindiwe Mazibuko, wat by die DA aangesluit het in 2007 as navorser, en wat blitsig gevorder het in die party se range, word deur talle van die regerende African National Congress (ANC) se lede as Zille se ‘tea girl’ uitgekryt. Net iemand om stemme te wen vir die DA. Gladnie regtig verteenwoordigend van Suid-Afrika se arm swart vroue nie.

En so, wil dit lyk , het ook Niekie die slagoffer geword van die DA se smag na stemme. Is ek verkeerd?

Maar, as dit waar is dat Niekie nou VF+ is, wat dan? Wat sal ’n Niekie in die VF+ beteken?

Ek dink iemand soos Niekie is presies wat die VF+ nodig het om hulle dooie verkiesingsveldtogte lewe te gee. Maar dan, dan is Niekie ’n meer liberale mens as die tipiese VF+ bittereinder. Vir die VF+ kan dit die begin van ’n nuwe era wees. Miskien, met ’n meer liberale mens in hulle geledere, kry die VF+ meer jongmense wat hulle sal steun.

Die kort van die lank is egter dat die verregse “Afrikaners/Boere” nou meer toenemend geissoleer word. Soos wat die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) tereg sê, is daar min te kies tussen die DA en die ANC (een van ons gereelde bydraers by die Afrikaanse Opinieplatform wat ’n groot ondersteuner is van die VF+ deel met Malema hierdie sentiment). Malema het net anderdag gesê die DA is ’n swart ANC en die ANC is ’n wit DA. Daar is baie mense in hierdie tipe partye wat baie groot aandele in besighede het. . . .

Nietemin, wat ek wil sê is dat, die VF+, met Niekie, gaan baie nader aan die DA staan as ooit tevore. Onthou dat Niekie bring al sy ervaring van 5 jaar van DA LP wees na die VF+.

Ek hoop en vertrou dat met Niekie van den Bergh onder hulle, gaan die VF+ baie meer soos die DA word – dieselfde DA wat volgens uiteenlopende mense in ons kleurryke land baie maar soos die ANC is.

Uiteindelik gaan Suid-Afrika ’n tweepartysetelsel he. Tussen die DA en die ANC stem meer as 80% van die land se mense saam oor meeste dinge. En met Niekie skynbaar nou in die VF+ gaan die gaping tussen die DA en die VF+ ook krimp, en dus ook die gaping tussen die VF+ en die ANC.

Ai ai, miskien kan Niekie ons volgende adjunkminister word van kuns en kultuur, soos wat dr. Mulder ons adjunkminister is van Landbou, Bosbou en Visserye.

Ek dink dis nie onmoontlik nie, want talle mense voel ontnugter met die DA, en die VF+ gaan dalk dalk paar stemme terugwen!

Advertisements

6 comments

  1. Die VF Plus gaan nooit soos die DA word nie,nog minder soos die ANC. VF Plus gaan nie verander net oor Niekie daar is nie. Die party het baie steun deesdae en dit het begin voor Niekie daar was. En,die VF Plus het groot steun onder die jeug. Die party gaan vriend en vyand verras by stembus.

  2. Ek kan nie insien hoekom Niekie baie invloed sal hê as ‘n VF-lid nie. Enigeen kan sien dat hy bloot die sprong gemaak het omdat hy nie die DA se lys gehaal het nie, en nou beweer hy dis oor Afrikaans! Niemand gaan dit glo nie.
    Nee wat, Niekie is net soos soveel ander beroepspolitici – in die eerste plek daar vir ‘n lekker sagte joppie, nie vir enige beginsel nie.

    • Ek hoop nie jy insunieer dat die VF+ se span LP’s maar net daar is vir die gravy nie. Hulle groot stemwerwer hier op die Afrikaanse Opinieplatform gaan nie daarvan hou nie. Ek het self al daardie standpunt gehuldig en is erg aangevat.

  3. VF Plus veg vir Afrikaans,vir die Afrikaner en ander minderhede in hierdie land.Wie anders doen dit? Hul is nie daar vir die sogenaamde soustrein nie. Kyk bietjie wat gaan in die land aan en kyk hoe word minderhede se regte vertrap. Moet ons dan stilsit en niks doen nie? Gaan stem liewers op 7 Mei vir die VF Plus en maak die party sterker!

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s