Teologie vir die Twyfelaar 25: NG kerk se verklaring oor homoseksuele mense word verwelkom

Ek dink dit is merkwaardig hoe ver pad ons gestap het in die kerk. Natuurlik is die kerk onmiddelik gekritiseer – put your money where your mouth is. Dit is aan die een kant verstaanbaar dat daar diegene is wat die NG kerk se verklaring as ‘skynheilig’ beskou. Want homoseksualiteit is natuurlik nie aanvaarbaar in my kerk nie. Maar wys my NOG ’n kerk in Suid-Afrika wat ’n soortgelyke verklaring uitgereik het. In hierdie verklaring word daar nie gesê dat homoseksualiteit 100% aanvaarbaar is vir die kerk nie, maar daar word ten minste gesê dat gays ook regte het. En dat hulle met respek behandel moet word – ja, selfs verdra moet word, en dat enige iets minder as dit onaanvaarbaar is.

Vir my is dit merkwaardig, en dit is presies hierdie rol wat die kerk(e) in ons gemeenskappe behoort te speel. Ek is een van die kerke se heel grootste kritici, maar hierdie verklaring op die NG kerk se Facebook blad is ’n stap in die regte rigting. Geweld teeonoor gaymense is en sal altyd onaanvaarbaar bly.

“MODERAMEN PRAAT OOR SKENDING VAN MENSEREGTE VAN GAY-GEMEENSKAP

Die Algemene Sinodale Moderamen van die NG Kerk het met kommer kennis geneem van die wetgewing in onder meer Uganda, Nigerië en elders in Afrika rakende die gay-gemeenskap en:
1. Spreek sy ontsteltenis uit oor die skending van menseregte;
2. Doen ‘n beroep op die geloofsgemeenskappe in Uganda, Nigerië en elders in Afrika om op te tree in die gees van liefde en insluitende genade rakende die gay-gemeenskap in die betrokke lande
3. Doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse regering om die regerings van Uganda en Nigerië te versoek om die menseregte van alle burgers te verdedig en te beskerm.”

Advertisements

4 comments

  1. God se Woord sê duidelik homoseksualiteit is verkeerd en sonde. God se Woord is onfeilbaar en staan vas. Die mens probeer om God en Sy Woord te verander en by die mens aan te pas ipv om te leef soos God vir ons sê in die Bybel. As iets verkeerd is dan is dit verkeerd,spesifiek as God dit duidelik uitstippel in Sy Woord. Wat is so moelik daaraan om te verstaan?

    • Ek is so bly dat ek gisteraand tydens die plaaslike verkiesings in Nederland téén hierdie mening gestem het. Dit is demokrasie.

      My dorp het ‘n Christen-diktatuur waarby die Hersteld Hervormde Kerk (soos die APK) die dorp bestuur en apartheid/verzuiling probeer terug invoer. Ongelukkig het die drie Christelike partye gegroei van 73 na 80%, terwyl die partye landelik slegs 15% behaal.

      Ek is nie anti-Christelik nie (ek’s ook ‘n Christen), maar sommige – veral die Staatkundig Gereformeerde Party – wil die owerheid eksklusief vir mense met ‘n Christelike agtergrond maak en wil die deure van die munisipaliteit sluit vir ander mense (onder wie vroue). Ek dink dit is ontoelaatbaar. En laat die SGP nou die grootste party in my munisipaliteit wees. #sug.

      Die Bybel stel duidelik dat ons nie oor ander mense moet oordeel nie. HY sal oordeel. Dus wat is verkeerd met ‘n vreedsame samelewing sonder dat mense teen mekaar uitgespeel en verdeel word?

      Maar laat ons nie hieroor debatteer nie. Ek is moeg vir hierdie mening, omdat ek dit te dikwels hoor. Maar Frik, jy mag die mening maar hê, al sal ek nie hieroor met jou kan saamstem nie. Dit is ook demokrasie. 😉

  2. Nee ek stem ook nie saam met Frik nie. Wat ‘n tragedie is dit darem nie wat godsdiens aan die mensdom doen nie – godsdiens laat intelligente, goed ontwikkelde mense, baie baie dom dinge aanvang.

    Ek sal nooit glo dat God die mensdom as vuil sondaars beskou oor die kamstige eet van een of ander vrug in ‘n mitiese tuin nie. Net so sal ek nooit my lewe kan rig volgens ‘n horingoue antieke versameling geskrifte waarvan ons nie eens weet wie daardie boeke geskryf het nie. Al wat ons weet is dat hierdie versameling boeke saamgestel was deur die Rooms Katolieke Kerk (en later bietjie aangepas was deur die Hervormers), als sodat dit die staatsgodsdiens van die Romeinse Ryk se dogmas kan akkomodeer.

    Die vlaag van geweld teenoor homoseksuele mense in Afrika is iets wat ‘n menslike tragedie is en ek is dankbaar dat die NG kerk daaroor praat. Mens hoef nie homoseksualiteit goed te keur om geweld teenoor hulle af te keur nie.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s