Lesersartikel: ‘n Stem vir ‘n kleiner party is niks minder werd nie

Pieter Mulder, leier van die VF+ (Foto: US Department of Agriculture / Wikimedia Commons)

Ek hoor onlangs by ‘n persoon dat hy nie DA gaan stem nie want die ANC en DA verskil deesdae nie veel van mekaar nie. Daarmee stem ek saam. Hy gaan egter glad nie stem nie omdat die ander opposisiepartye te klein is en niks kan doen nie, volgens hom.

Die DA was darem ‘n “groot” party en het hy vir hulle gestem. Hiermee verskil ek egter. Die vraag wat by my opkom is hoekom kiesers in 1999 vir ‘n piepklein Demokratiese Party gaan stem het en hul stemme dié party laat groei het. Vandag is daai party die DA. Vergelyk mens die DA met die ANC, dan is die DA maar ook eintlik klein teenoor die ANC. Mens kan dus nie net vir ‘n party gaan stem oor sy grootte nie.

Die ANC is bv. ‘n groot party, maar ons kan sien hoe hul misluk het. Kwaliteit is soms beter as kwantiteit. Netso kan jy ook nie vir ‘n party gaan stem net omdat hy anti-ANC is nie, omrede daar baie sulke partye is, maar hul beleid en beginsels verskil hemelsbreed van mekaar.

Die vraag is dan hoe bepaal mens vir wie jy moet stem.

Dit is eintlik heel eenvoudig. Gaan stem vir die party wie se waardes die naaste aan jou eie waardes is. As jy sterk voel oor Christelike waardes en minderheidsregte en gekant is teen regstellende aksie en diskriminerende arbeidswette wat diskrimineer teen minderhede, stem dan VF Plus.

Kiesers moet dus mooi gaan dink oor die saak en kyk wat politieke partye vir hul gedoen het en wie werklik hul belange op die hart dra.

Dis baie belangrik dat kiesers nie wegbly van die stembus nie, maar gaan stem. ‘n Wegblystem bevoordeel net die ANC en gaan veroorsaak dat hul meer setels gaan wen en meer mag gaan hê. Dit alles omdat opposisiekiesers nie gaan stem nie.

Die mag is in die kiesers se hande om verandering teweeg te bring en ‘n stap die toekoms in te gee, ‘n beter toekoms. Maar dan moet kiesers uitgaan en gaan stem, want elke stem tel en is belangrik. Gaan maak dus jou kruisie op 7 Mei en maak ‘n verskil.

Die tyd is nou!

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

4 comments

  1. Frik ek hoop net nie jy staan ook by die verkeerslig met ‘n oranje hemp en ‘n pakkie voubiljette en werf stemme vir hierdie mense nie. Ek het anderdag so seun gesien hier in Bloemfontein wat deur die gewetenlose politici gebruik word om hulle ryk te maak. Dit was juis die einste VF plus wat hierdie seun gebruik het.

    So maak die DA ook met wat skynbaar vir my na studente lyk wat rondloop met blou hemde en stemme werf. Dit is vir my verskriklik tragies dat die jongmense nie liewer die tyd gebruik om te studeer of iets anders wat sinvol is te doen nie.

    • Stem nie saam nie. Ek het ook stemme gewerf vir die plaaslike verkiesings in Nederland van vorige Woensdag. Dit is ‘n demokrasie reg om voubiljette uit te deel. In ‘n demokrasie is inligting immers die belangrikste goed. Kiesers het inligting nodig om ‘n keuse te kan maak. En voubiljette uitdeel en stemoproepe doen is ‘n essensiële onderdeel van hierdie verspreiding van inligting.

      Wees bly ons leef nie in ‘n land soos Noord-Korea, waar 100% van die mense vir die kommunistiese party gestem het. Die mense daar kry ‘n stembrief met EEN naam. Die vraag is: Stem jy saam dat hierdie persoon die afgevaardigde van jou distrik is? Jy het net die keuse tussen “Ja” en “Nee”. As jy “nee” stem, moet jy die jou stembiljet, waarop ook jou naam staan, in ‘n ander stembus doen. Niemand wat dit waag om “nee” te stem nie.

      En wat betref die besighede van studente. In Nederland het ons selfs studentepartye, soos daar ook ‘n studenteparty in Stellenbosch is. Studente is burgers en het volledige aktiewe en passiewe stemregte. Dat studente 40 uur per week (of meer) behoort te studeer, maak nie saak nie. Ander mense, wat ook politiek betrokke is, het ook ander loopbane. Hulle is dosente, ondernemers, werkers, ens. Beroepspolitici is dikwels die slegste politici, omdat hulle nie weet wat aangaan nie: Hulle het geen kontakte in die land se sektore nie en voer net politiek vanuit daai ivore toring. In my munisipaliteit – 17 000 inwoners – is daar 200 amptenare, een burgemeester en 3 plaaslike ministers wat deur die belastingbetaler betaal word. Die 17 lede van my dorp se munisipale raad, wat in Nederland ‘n wetgewende (en geen bestuurlike nie) funksie het, word nie betaal nie. Die politieke werk is vrywillig, naas hul eie loopbane. Die vergoeding van hul onkostes bedra maksimaal R400 per maand per lid.

  2. Dankie i90Christian. Ek moet saamstem met jou dit is enige mens se goeie reg om politici ryk te maak. Maar dit bly vir my tragies.

    Ek wonder of die VF+ Piet Mulder hempies gee soos die ANC se Zuma hempies. Ek kort beslis altyd iets vir die kooi.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s