Internasionale Krieketbond skaad persvryheid!

Tim Gruijters tydens sy verklaring. (Foto: YouTube) Sien sy verklaring hier.

Die Internasionale Krieketbond (ICC) het die Koninklijke Nederlandse Cricketbond (KNCB) versoek om ‘n verklaring van die Nederlandse krieketspeler Tim Gruijters met juridiese stappe van YouTube te laat verwyder. In die verklaring het Tim Gruijters, ‘n lid van die Nederlandse nasionale span, hard uitgehaal na die KNCB, omdat Gruijters uit die span verwyder is om die Nederlands-Australiese speler Tom Cooper ‘n plek te gee.

Dit gebeur juis op die eerste dag van die Wêreldbeker T20.

Gruijters sou onder swaar druk sy plek moet opgee met “‘n rugbesering” as verklaring. Gruijters het dit geweier omdat sy rugklagte nie sy spel hinder nie en het die storie op YouTube geplaas.

In die kommentaar sê Gruijters onder meer:

“Het is duidelijk dat de Nederlands coaches hebben besloten de reglementen te misbruiken om Cooper in de selectie te krijgen. […] Het is een schande, het is vals spelen en daar wil ik geen deel van uitmaken.”

Die ICC is egter boos op Tim Gruijters en wil hê dat Gruijters sy beskuldigings van YouTube verwyder. Met hierdie eis passeer die ICC egter die probleem binne die Nederlandse bond.

Nederlandse krieketspelers het dikwels geen uitsig op deelname aan die nasionale span, omdat die span gevul word met dikwels (Suid-)Afrikaners wat na Nederland geëmigreer het. Dit is eintlik nie net ‘n probleem in die Krieketbond nie, maar ook in die Atletiekbond gaan gebuk onder hierdie verskynsel dat buitelandse sporters deel uitmaak van die land se bestes. So kry dikwels Keniane die Nederlandse staatsburgerskap om vervolgens die Keniaanse koninkryk op die hardloopafstand te breek.

Ek is geen teenstander van hierdie praktyke nie. Maar ek is wél ‘n teenstander van die huidige praktyke van die Nederlandse krieketbond. Om ‘n paar dae voor die begin van die Wêreldbeker T20 ‘n speler te ruil vir ‘n beter speler wat tydens die voorbereidings nie beskikbaar was nie, en dit vervolgens onder vae argumente van ‘n besering te doen, is hoogs kwalik.

Die reaksie van die ICC is egter nog meer verbasend. Dit gaan geheel verby aan die debatte in die Nederlandse samelewing. Nederlanders debatteer oor alles – selfs oor die kleinste en mees onbelangrike goed. Die ICC sou dit beter aan die Nederlanders kan oorlaat – want in Nederland is dit nie die sportbonde wat beslis nie. Nee, die groot beslissings, soos hierdie voorbeeld ook een is, word gemaak in talle huiskamers. In debatte tussen vaders, moeders en kinders, tussen oupa en ouma en die bure. Ons is mos ‘n demokrasie – nie net in die politiek nie. As die bonde vervolgens die algemene diskoers nie volg nie, verval die sportbond in ongenade. Dit het onlangs nog gebeur met die skaatsbond. Die voorsitter van die bond moes aan die eind van die storie die veld ruim.

Die oproep van ICC kry dan ook veel media-aandag. En dit in ‘n land waar die nasionale krieketspan eweveel media-aandag kry as die die plaaslike sokkervereniging wat in die sesde klasse speel…

Die ICC sou verstandig doen om sy verklaring en opdrag aan die KNCB in te trek.

Sien hier die verklaring van Tim Gruijters (in Engels):

Indien Tim Gruijters die video van YouTube verwyder het, kan dit nog op die webwerf van die Nederlandse staastnuusdiens gevind word (met Nederlandse ondertitels).

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s