Teologie vir die Twyfelaar 23 – Die mense van die Bybelse tye het verskillend gedink en geglo net soos vandag se mense

Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julle self nie: dit is die gawe van God – Efesiërs 2:9

Wat baat dit, my broerders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie? – Jakobus 2:14

Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie? –Jakobus 2:24

Wat vir ’n boek is die Bybel darem nie?! Mense is natuurlik uiters verdeeld oor die boek self. Die sogenaamde ‘Ou Testament’, met sy bloeddorstige verhale, is vir sommige mense té erg. Hoe kan dit as rigtingwyser van die mens se lewe gebruik word? Het ons hier regtig te doen met ’n “liefdevolle God”. Hoe kan God die mense kamstig liefhê en dan tot in alle ewigheid in die hel martel? Dit is hierdie vrae wat baie mense mee worstel in hulle harte, en wat ek nie van plan is om te probeer beantwoord nie. Ek los dit vir die skrifgeleerdes.

Maar oor die Bybelse verhale, wil ek ietsie sê. Die menslike toestand is een van ontnugtering. Ons word gebore met die beperkinge van die menslike liggaam. Dag na dag is die lewe ’n stryd vir meeste van ons om liggaam en siel aanmekaar te hou en ons lewens sinvol te rig. Uitgelewer aan die natuur en die geldmagte, ploeter ons maar voort en doen wat ons kan. Party vind bietjie vrede in hulle gelowe. Ander vertrou op die Grondwet, of lees Nelson Mandela se toesprake – “Never, never, and never again shall it be that this beautiful land will again experience the oppression of one by another”. Nóg ander leef vir hulle huwelike, of soek troos in geykte mantras soos Psalm 23 “Selfs al gaan ek deur ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie” . . .

Maar ons kan ook vrede vind in die onsekerhede van die Bybel. Die onduidelikhede. Ons hoef nie regtig te glo dat dinge net altyd slegter word nie. Trouens, daar is ’n sterk saak uit te maak dat die mensdom altyd maar nog verdeeld was, ja, dit staan dan daar in die heilige geskrifte self dat mense nie altyd dieselfde gedink het nie!

Is DIT nie bevrydend nie! Die wete dat die verdeeldheid, die wreedheid, die twis en onmin en jaloesie waaraan ons so gewoond is, ons wat kamstig die oumense ver vooruit is in terme van beskawing, dat ons wereld in baie opsigte maar dieselfde is as wat hulle s’n was nie. Ons het net beter mediese tegnologie ja, en dis ook maar net die rykes wat regtig daartoe toegang het. Maar daar is vandag nog maar net soveel bloed wat vloei, en haat, en seerkry, en ontnugtering, en twis en verdeeldheid as wat daar ooit was.

Vir my is dit ’n gerusstellende wete. Vir my is hierdie een van die redes hoekom die Bybel steeds ’n uiters kosbare boek is in my versameling, en een wat ek graag lees. Maar ek lees hom nie meer langer deur die bril van vooropgestelde idees soos dogma nie.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s