HESA “lieg” oor transformasie op universiteite

Die ou hoofgebou van die Universiteit van Fort Hare. (Foto: Lysippos/Wikimedia Commons)

Beeld het Maandag berig dat Hoër Onderwys Suid-Afrika (HESA) vind dat transformasie op universiteite nog lank nie voltooi is nie.

Een van die argumente wat HESA gebruik is dat ‘slegs 17% van die swart mense’ hoër onderwys gevolg het teenoor ‘57% van die wit mense’. Vervolgens stel hulle dat 81% van die huidige studente swart is. Die getal is hoër as die persentasie swart mense in Suid-Afrika (79%).

Hoe is dit moontlik dat swart studente 81% van die studentebevolking is, maar slegs 17% van die swart mense is? Die antwoord is die bekende A-woord. Volgens die HESA is transformasie nie voltooi nie.

Egter, volgens die ANC se beroemde ‘nasionale demografiebeleid’ is transformasie van universiteite voltooi – in algemene sin. Die probleem is egter dat die nasionale demografie op studenteleeftyd anders is as die nasionale demografie van alle leeftydsgroepe.

’n Ander punt is dat HESA die kwalifikasies toon – en nie die inskrywings nie. As slegs 17% van die swart mense ’n hoër onderwysgraad het, dan tel hulle ook al die mense wat gely het onder die apartheidregering – alle swart mense van ongeveer 35 jaar en ouder. Dit vertel egter heeltemal niks oor die transformasie van die huidige universiteitsbevolking nie.

Want die transformasie is in die leeftydsgroep onder 25 voltooi – HESA onderskryf dit.

Die vraag is eerder of swart mense van 35 jaar (en ouer) nog die kans moet kry om hoër onderwyskwalifikasies te haal.

HESA sê egter ook dat wit studente nog steeds gekonsentreer is op voormalig wit universiteite. HESA beskou dit as ’n groot probleem. Hier klink wederom HESA se rassistiese ondertoon.

Want die situasie dat wit studente nog gekonsentreer is – is eintlik nie fout nie. Dit is eerder fout dat HESA eksklusief op ras beoordeel, en nie sy konklusie afswak weens kulturele en taalkundige verskille.

In ’n taalkundige en kulturele homogene land soos Ysland sou die konsentrasie van verskillende rasse (verskillende rasse kan dieselfde taal en kultuur hê, al het DF Malan dit in 1953 hard probeer ontken) bloot rassisties en ongewens wees. In ’n kulturele en taalkundige sop soos Suid-Afrika is dit egter niks anders as logies nie.

Volgens HESA-logika sou Nederlandse universiteite ook diskrimineer: die Rijksuniversiteit Groningen onderrig gemiddeld meer Friese studente as ander Nederlandse universiteite. Die stelling dat Nederlandse universiteite sou diskrimineer is growwe onsin.

Dat wit studente gekonsentreer is, kom tewens deur die beperkte moontlikheid om in Afrikaans te studeer. Dit is ’n feit dat die meeste wit mense Afrikaans praat en dat meeste universiteite geen onderwys in Afrikaans aanbied nie.

Die enigste oplossing om ’n volledige rasseweergawe aan alle universiteite te kry is óf om Afrikaans as onderrigtaal af te skaf óf Afrikaanse onderwys op alle universiteite aan te bied. Geen van beide is egter goeie oplossings nie.

Ek haat rasseklassifikasie en rassedemografie. Nog meer haat ek rassisme.

Die toegang tot hoër onderwys se transformasie is voltooi. HESA se fokus op die rassedemografie per instelling is niks anders as growwe rassisme en ’n ernstige skending van die grondwet.

Die grondwet maak immers voorsiening vir instellings met ’n afwykende taalkundige en kulturele demografie.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s