Eskom-krisis: privatiseer die energiemark!

Eskom se ‘Arnot Kragstasie’ in Middelburg (Mpumalanga) (Foto: Gerhard Roux / Wikimedia Commons)

Eskom het Donderdag beurtkrag afgekondig. Die probleem – soos ons almal weet – is dat daar ‘n permanente tekort van elektrisiteit is. Eskom het 20 jaar lank ‘vergeet’ om nuwe kragstasies te bou. En nou het die vraag na elektrisiteit so toegeneem, dat Eskom in dele van die land die elektrisiteit moet afskakel.

Weens wanbestuur en kontrakte met groot bedrywe, wat baie meer elektrisiteit gebruik as burgers, het Suid-Afrika ‘n groot elektrisiteittekort. Bykomende probleem is dat Eskom maar nie daarin slaag om sy produksie so te verhoog dat beurtkrag uitgegooi kan word.

Die oplossing is eintlik baie simpel: liberaliseer die energiemark! Gooi dit oop vir nuwe verkopers, wat gesamentlik verantwoordelik is vir die produksie van krag in die land. Omdat daar tans ‘n tekort is, is daar spasie om nuwe kragstasies te bou en dit ekonomies volhoubaar te bestuur. Laat ook die prysbepaling oor aan die energiemaatskappye, sodat burgers kan kies watter verkoper hulle wil gebruik. Buitendien kan konkurrensie tussen hierdie aanbieders die prys verlaag.

Voorwaarde vir hierdie stelsel is dat die kraglyne in hande van die staat is. Energiemaatskappye kan hul krag op die staat se lyne laai en die hoeveelheid krag wat hul op die lyne laai, verkoop aan burgers.

Die groot voordeel is dat alle maatskappye hul krag op dieselfde kraglyne laai. As een maatskappy bankrot gaan en ‘n kragstasie stil val, is burgers in staat om binne minute by ‘n ander maatskappy in te teken. Buitendien moet ‘n maatskappy die elektrisiteit wat hy verkoop, op die kraglyne laai. Die maatskappy sal dus altyd ‘n bietjie meer moet oplaai as hy verkoop, want die verkope kan afhanklik wees van mikro-gebruikers se veranderings. ‘n Wedstryd van Bafana Bafana of die Springbokke kan byvoorbeeld ‘n groot invloed hê op die elektrisiteitsverbruik. As alle maatskappye dus ‘n bietjie meer krag op die kraglyne laai, sal die stelsel in staat wees om gedragsveranderings te absorbeer.

In Europa het hulle so’n stelsel. Daar is talle verkopers van elektrisiteit. Van groot multinasionale bedrywe tot klein buurtkorporasies. Burgers kan kies by welke verkoper hulle die elektrisiteit koop. En ja, alle aanbieders se pryse verskil. Wil jy groen krag of omstrede – maar goedkoop – krag uit kernenergie of kole? Genoeg keuse – en die klant weet wat hy koop. Elke Desember is daar weer moerse verhuisings van mense wat ‘n ander aanbieder kies. Hierdie verhuising word veroorsaak deur die konkurrensie tussen die verkopers.

Omdat daar ‘n sentrale stelsel is – weet die koper egter nie wat hy gebruik nie. As hy elektrisiteit ‘koop’, eis hy dat die tipe elektrisiteit op die kraglyne gelaai word. Elektrisiteit is egter elektrisiteit en daar is geen verskil tussen elektrisiteit van ‘n windmeul of ‘n kernkragsentrale nie. Net die wyse van produksie verskil en ‘n koper koop dus eerder ‘n tipe produksie as ‘n tipe elektrisiteit.

Die konkurrensie – byvoorbeeld in Nederland – is tans so heftig dat verkopers hul eie kragstasies uitgeskakel het en goedkoop elektrisiteit uit Duitsland of Noorweë invoer. In Europa kompeteer aanbieders van waterkrag, sonkrag, windkrag, gaskrag, kolekrag, kernkrag en vulliskrag met mekaar. In Nederland is daar byvoorbeeld ‘n aanbieder wat sy windkrag probeer verkoop met die leus: hoe harder die wind, hoe hoër jou korting!

Dus Suid-Afrika, gooi oop jou energiemark!

Advertisements

One comment

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s