PUKKE se “Hitler”groet: Afrikaanse studente moet DINK!

‘n Man doen die Quenelle-groet (Foto:Meostil/Wikimedia Commons)

Beeld bring vandag die storie dat studente op die Potchestroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU-PUKKE) ‘n tipe Hitlergroet uitgevoer het.

Hoe dom  kan die f****n studente wees?!?!?!?!?! Nee, Afrikaners het seker geen geskiedenis van onderdrukking, misdade teen die mensdom en politieke moorde nie, nè? Afrikaners was maar seker die liefste volkie van die 20ste eeu…

Ag wat, Afrikaners was maar, gesamentlik met die Duitsers, Japanners, Russe die gesig van evil bestuur. Elke Afrikaner moet darem maar weet dat hy vér – baie vér – van anti-semitiese, pro-apartheid of wit-supremasie-standpunte moet bly.

Dat die Pukke se kampusrektor Herman van Schalkwyk die gebeure op sy kampus as ‘n “oningeligte handeling” beskryf, is baie suur – veral omdat dié studente tot Suid-Afrika se beste behoort. HULLE BEHOORT DOMWEG TE WEET!!!

Een van die studente sê vir Maroela Media dat hy het nog nooit die skakel met die nazisme gelê nie. ‘n Nuusredakteur van PukFM, Carla Mouton, het vir Maroela Media gesê dat die Hitlergroet nie eers ‘n oorspronklik Duitse simbool was nie. Sy is reg, maar die swastika (hakekruis) was ook geen oorsponklike Duitse simbool nie. Hitler het sowat elke simbool gesteel. Nietemin is dit beide simbole in groot dele van Europa verbode.

Terug na die groet wat die Pukke-studente uitvoer: tegnies beskou is dit geen suiwere Hitlergroet nie, omdat ‘n Hitlergroet anders uitgevoer word. Dit word ook die koshuisgroet of die primgroet. In Europa het egter elke Nasionaal-Sosialistiese Beweging sy eie groet gehad. Die Nederlandse Nazi-groet het verskil van die Duitse, Franse, Poolse, ens. Hierdie wil egter nie sê dat daar geen verband tussen die koshuisgroet en die Hitlergroet is nie. Tydens die Tweede Wêreldoorlog was baie Afrikaners – onder leiding van die Nasionale Party en die Afrikanerparty – ondersteuners van Nazi-Duitsland. Die Ossewa-Brandwag kan maar soos Suid-Afrika se eie Nazi-groep beskou word. Via die Ossewa-Brandwag, wat onder NP-politici en ook aan Pukke baie aanhang gehad het, is Nazi-gebruike waarskynlik onder Afrikaners bekend gestel. Miskien is die gebruik om ‘n koshuisgroet in te stel in daardie tyd geneem.

Die herkoms van “tradisies” moet dringend getoets word!

Dit gaan nie soseer om die groet en hoe dit uitgevoer word nie, maar dit gaan oor die feit dat daar ‘n groet uitgevoer word. Toe die Franse sokkerspeler Anelka die Quenelle-groet uitgevoer het, was daar laasjaar baie ophef. Die Quenelle-groet is ‘n nuwe groet, wat deur die anti-semitiese komiek Dieudonné M’bala M’bala ontwerp is.

Elke groetgebaar is in Europa hoogs omstrede, juis omdat elke Nazi-beweging sy eie groet gehad het. Dit sou my nie verbaas as die koshuisgroet dieselfde is as ‘n groet van een of ander Nazi-beweging is nie.

En om nog ‘n mooie voorbeeld te gee: die vlag van die AWB. Dit is nie dieselfde as die Nazi-swastika nie, maar almal weet dat daardie skakel gemaak word.

Hier is die foto’s wat Adriaan Basson,redakteur van Beeld, op sy twitterrekening verprei het:

https://twitter.com/AdriaanBasson/status/436804345300910080

Advertisements

3 comments

  1. Christian
    Wat wil jy met jou post sê? Wil jy sê dat tradisie nou polities inkorrek is of wil jy sê dat ons meer politie korrek moet optree?

    Dit klink my nou juis na Nzai propaganda dat ons versigtig moet wees wat ons sê want dit kan die Hitlers van die wêreld net dalk in die gesig vat. Dit is juis wat Hitler ten doel gehad het deur sy vriend Goebbles. Maak soos on sê anders is jy teen ons.

    Die reaksie op studente pret is om die minste te sê belaglik.

    Die swart studente kan die revolusie vuis die lug indruk en niemand blêr ‘n baa nie. Wit student jy is mos opgevoede – ‘n mens doen dit net nie. Die redenasie is niks anders nie as knie-buig voor die wêreld orde. Dit is niks anders as onderdanigheid aan die Hitlers van die nuwe orde.

    Ek is en sal altyd ‘n rassis bly. As dit verkeerd is om myself – en die wat soos ek voel – eksklusief wit te wil hou ter wille van die voort bestaan van my soort, dan is ek trots rassis! In dieselfde asem gun ek ander wat ek myself gun.

    ‘n Afrikaner behoort trots Afrikaner te mag wees en ‘n Zoeloe ‘n vurige en trotse Zoeloe. Wat nou gebeur is om identiteitsloos te bestaan en dit is wat die nuwe orde wil hê.

    Is dit wat jy wil hê?

    • Hallo Dirk,

      Dankie vir jou kommentaar. Ek sal my probeer verklaar. Ek sê dat tradisies ondersoek moet word op hul oorsprong: waarvandaan kom hulle? Soos ons in Nederland ‘n groot debat oor die verskynsel van “Zwarte Piet” het (gehad). Om te kan vasstel om ‘n verskynsel rassisties is, moet ons kan bepaal of die oorsprong van die verskynsel rassisties is. As die antwoord ja is, skaf dit af. As die antwoord nee is, vra jouself die vraag of die verskynsel tans rassisties gebruik word. Is die antwoord weer nee, dan kan die tradisie voortgaan.

      Ons moet – soos jy sê – seker nie versigtig wees met wat ons sê nie. Diktature kan net ontstaan en hul mag behou as mense versigtig is en bang is om hul mening te gee.

      Wat opval is dat die Hitlergroet in Suid-Afrika as rassisties beskou word. In feite is dit nie rassisties nie, maar eerder ‘n uiting van anti-semitisme (anti-joodsheid). Dit is ook 2 verskillende dinge. Die Hitlergroet is nie primêr ‘n simbool van rassisme nie, maar wel ‘n simbool van ‘n totalitêre diktatuur, Dit staan vir ‘n staatsbestel, ‘n man (Hilter of Mussolini), die sinnelose dood van 60 miljoen mense, onder wie 17 miljoen via ‘n beplande Duitse strategie (die Holocaust) vermoor is. Daardie 17 miljoen mense is in 40.000 Duitse kampe regoor Europa vermoor. Van die 17 miljoen was 6 miljoen Joods. Wat Hitler in Europa gedoen het tydens die Tweede Wêreldoorlog, laat die SA-regerings tydens apartheid en die Britte tydens die Tweede Vryheidsoorlog soos sissies lyk.

      Natuurlik kan enige student (dit is nie net swart studente, dit is ‘n algemene rewolusiesimbool) die rewolusievuis gebruik, want dit het nie die geskiedenis van 17 miljoen sinnelose dode. Daardie vuis word gebruik om jou mening te gee, terwyl jy met ‘n groet-simbool die eer aan ‘n leier wys. Aangesien daar talle Nazi-bewegings oor heel Europa talle groet-simbole gebruik het, is die groet-simbool as algemene verskynsel in Europa verbode.

      Natuurlik gee ek jou die reg om te wees wie jy is, jou regte is immers verskans in talle van grondwette en internasionale verdrae.

      Wat my egter verbaas is die beheptheid van Afrikaners om sake ‘n naam te gee. Jou houding ten aansien van verhoudings van mense met ‘n ander kultuur/ras is (hoewel ek dit verwerp), glad nie uitsonderlik nie. Talle tolerante Europeërs het dieselfde mening. Hulle beskou dit egter nie ‘n saak van rassisme nie, maar ‘n saak van selfbeskikking en vrye assosiasie. Maar jy kan niemand dwing om slegs eenrassige verhoudings te hê, want almal het die reg van vrye assosiasie. Dit lyk egter of Afrikaners telkens daarin slaag om sake die verkeerde naam te gee…

      • Dankie vir jou verduideliking. Ek is van mening dat die Duitse (Hitler ) geskiedenis ietwat verdraai en as slegs boos uit te beeld word, Nerens in dieselfde geskiedenis word die vergrype van die alliansie magte aan die wereld vertel nie. Wie se boosheid die mees walglikste was is oop vir debat, Die punt is dit word verberg en nie in dieselde asem genoem nie.

        Daar gelaat.

        Die gene wat dink dat die sogenaamde grondwet, die vn se menseregte en europese menseregte en watter ander van die duisende internasionale ooreenkomste jy nog wil bevoeg jou reg as ‘n mens gee verkeer sekerlik in ‘n dwaal. Kom ek kwalifiseer – dit is al regte wat jy het. ‘n Poging om meer as dit op te eis is fataal.

        Ras, geslagssuiwerheid, kultuur en verskeie ander waarde systeme is iets uit die bose geword. Meer nog dit het die kern van my geloof tot ‘n misdaad verklaar. Al word dit as ‘n reg gewaarborg is godsdiens en veral suiwer Bybelse Godsdiens ‘n misdaad, Let op ek praat nie van christelike godsdiens nie,

        Onskuldige studente pret word tot ‘n misdaat verklaar maar die swart rewolusie vuis is deel van die stryd en daarom reg?

        Die hartseer van die saak is dat jou skrywe en antwoord ‘n politieke korrekte stelling is. Dit is die gevolg van sosialisme. Die westerse wereld het so verdwaal geraak in marxisme dat die weklikheid amper christelik lyk. Nerens in die Bybel vind ek dat dit oot politiek korrrek was nie.

        Die totale gevolg is dat die paar regte wat ons toe gesê word so beperkend is dat dit my benoud maak. Wanneer word ek willlikeure optrede ‘n wederegtelike en skuldige gedrag? Ek glo nie dat enige van die studente enige opset gehad het om enige een te benadeel nie. Ek en jy en almal wat menseregte in watter kleim het dit oornag ‘n misdaad gemaak!

        Die Zwarte Piet debat is na my mening ‘n bewys daarvan dat ‘n onskuldige tradisie op ‘n dag ‘n kriminele handeling kan wees sonder dat dit bedoel was!

        Verstaan my duidelik – ek is nie ‘n radikale nie. Ek is wel realisties. Elkeen van ons wit, swart, watter ras ookal is besig om onsself te verloor. Ons beweeg na ‘n wereld wat niks anders is as fasisme nie. Die regerings wat kom sal meer en meer daarna neig. Moet dit nooit uit die oog verloor dat dit wat Hitler die Duitse volk as regte voorgehou het , al regte was wat hulle gehad het. Niks meer en niks minder

        Dit was slegs August Landmesser wat nooit die Duitese saluut uitgevoer het nie. Die res van die volk het. Wat doen ons? Kleim ons grondwetlike en internasional menseregte met oop arms – want dit is al wat ons het. Ons doen dit omdat ons wanhopig is, Die plaaslike en internasionale staatsbestel is besig om ons te knyptang. Ons onderbewuste waarsku ons maar ons hou ons blind. DAAR WAS NET EEN AUGUST LANDMESSER.

        Verskoon die spelling en tikfoute!

        Dirk Hall

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s