(Teologie vir die twyfelaar 22) Radio Sonder Grense se besluite rondom godsdiens is positief

Radio Sonder Grense (RSG), die grootste en belangrikste Afrikaanse radiostasie in die hele wêreld, het vandag aangekondig dat hulle die aantal godsdienstige programme en oordenkings en bepeinsinge en wie weet nog alles gaan verminder. Ek kan nie anders as om hierdie stap te verwelkom nie. Ek is ’n groot voorstander van godsiensvryheid. Godsdiens is deel van die lewe, en daar is, durf ek, soos die Prediker altoos sê, ’n tyd en plek vir alles. Maar ek het tyd gelede al gewaarsku dat ek besig is om van my kop af te word. Wat te erg is, is darem net te erg. Daar is bitter baie predikers van hoeveel sektes op aarde, en elkeen van hulle lees die Bybel anders. Hulle stel nie belang in wat ek glo en dink ek voel nie. Maar HULLE kry die kans om dit wat hulle glo om elke hoek en draai en konstant in my keelgat af te forseer. Godsdiens hoef nie noodwendig totaal te verdwyn nie, maar liewe hemel, mens kort net ’n breek af en toe. Soos ek verstaan was dit 4 oordenkinge elke dag, wat nou verander na 3. Dis hoe ek verstaan.

Maar, nou wil ek, as blyk ter viering en in die gees van hierdie stap van RSG iets doen – ek wil ’n hele plasing in my ‘teologie vir die twyfelaar’ grootliks wy aan als behalwe godsdienssake. So, here goes.

My rugbyspan speel weer die naweek, die keer teen die Bulle. En as dit weer gaan soos Saterdag, dan sien ek swarigheid vir die Cheetahs. Dit kan die game word waar Victor Matfield weer sy voete vind en homself sement in die Springbokspan van Heyneke Meyer vir die 2015 wêreldbeker. Sien rugby is maar soos die lewe, elkeen het sy favourites. Piet Snorre het syne gehad, ek het ’n vermoede Heyneke het ook, maar Vic sukkel nog bietjie

Maar, so gepraat van Bloemfontein, ek sukkel om te verstaan wat nou weer aan die gang is daar by die Universiteit. Die beweringe wat gemaak word oor die studente is regtig skokkend. Maar mens moet seker versigtig wees om te oordeel voordat die regsproses nie sy gang gegaan het nie. Dis interessant dat, daar by die Noord-Wes Universiteit in Potchefstroom, is daar AL WEER drama oor ontgroening. Ek het nog nooit en sal ook nooit ontgroening verstaan nie. Ek was self deur universiteit en is nie ontgroen nie. Dit lyk my die punt van die ontgroening is om mense te verneder en seer te maak, sodat hulle skynbaar uiteindelik moet konformeer tot die algemene groepstandaarde. En sodat hulle nooit krities leer dink nie en nooit regte leiers word in hulle gemeenskappe, soos wat universiteite veronderstel is om van mense te maak nie. . .

Op die ou einde gaan die Universiteite reuse studies moet maak van die mense wat hulle oorweeg om toe te laat by hulle. Dit gaan ’n hele spesialisveld word. Want hierdie nuwe beweringe, indien dit waar is, gaan die universiteit tog negatief raak. Ek het reeds al mense gehoor vandag wat sê dat ‘dinge sal nooit verander’ nie. Dit is tog uiters jammer, want daar is mense wat hard werk agter die skerms, en dan kom daar ’n ding soos die en vernietig jare se harde werk.

Oor die politiek het ek gister genoeg gekla.

Ek sien die Proteas probeer weer krieket speel daar in die baai. Ag, sal dinge ooit weer presies dieselfde wees in die post-Kallis era? Maar ons bly Proteas kom wat wil.

Ag ek hoop almal het ’n lekker vredevolle nawekie. En hopelik wen die Cheetahs en die Proteas.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s