ANC sterk op pad na 7 Mei 2014

Vlag van die ANC (Foto: Wikimedia Commons)

Ek kon eintlik ’n ander titel vir hierdie plasing gekies het wat die hele toon van die stuk sou verander het. Ek kon dit genoem het – Suid-Afrika se kiesers verdien ’n beter opposisie. Meer georganiseerd. Maar toe dink ek, laat ek dit liewer só stel. Want dis waarop dit afstuur. Nog 5 jaar vir die ANC. Trouens, soos wat dinge tans staan, dink ek dat die ANC baie sterk uit hierdie verkiesing gaan tree. Daar is in hierdie komende verkiesing slegs een enkele bedreiging vir die ANC by die stembus, en dit is die Ekonomiese Vryheidsvergters (EFF) onder leiding van Julius Malema.

Kom ons kyk ’n bietjie na opposisiepolitiek in Suid-Afrika, met die uitsondering van die EFF. Suid-Afrika se grootste opposisieparty, Demokratiese Alliansie (DA), se kortstondige en stormagtige affair met AGANG SA se leier, dokter Ramphele, het nie volgens my die DA veel skade gedoen nie. Die DA se uitdaging le veel dieper. Simbolies is die DA besig om weg te beweeg van sy 2009 ondersteuners. Dit is inderdaad so dat die DA weinig blanke Afrikaanse mense in die top leierskap bevat. En mens kry beslis die gevoel dat die DA erg bevraagteken word in hierdie verband.

Maar dan ontstaan die vraag, waarnatoe sal die persone verhuis wat ongelukkig voel by die DA?

Die antwoord is helaas nie so eenvoudig nie. Daar is die Vryheidsfront plus (VF+), ’n interessante klein party wat sy wortels het in die vryheidstrewe van sommige wit Afrikaanse mense, vandaar die woord ‘vryheid’ in hulle naam. Maar die VF+ is nie meer die party wat dit eens was nie. Dit is duidelik. Ek is self geen aanhanger van PRAAG of enige iets wat op PRAAG geskryf word nie, maar daar is ’n interessante stuk ontleding wat hierdie punt illustreer, naamlik dat die VF+ maar netsowel die woord ‘vryheid’ uit sy naam kan verwyder, in dieselfde mate wat Suid-Afrika se kommunistiese party, die SAKP, die woord ‘kommunisme’ uit sý naam kan verwyder.

Die VF+ en sy leier doktor Pieter Mulder, argumenteer die skrywer op PLAAG, is nie regtig meer erg geïnteresseerd in enige ‘vryheid’ nie.

As uitvloeisel het van die mense van PLAAG saam met ander belangegroepe nou weer die een of ander onbenullige partytjie gaan stig waarvan ek die naam nie eens lekker onthou nie, dink dis iets soos FRONT NASIONAAL of so iets, as my geheue my nou nie in die steek laat nie. En hulle is eerstens en bo alles ’n anti-VF+ party. Helfte tot driekwart van als waaroor hulle praat kan beskryf word as DA en VF+ bashing.

Een GROOT kenmerk wat Front Nasionaal met AGANG SA deel is dat hulle nie regtig ’n duidelike plan het wat aangebied word nie.

Nietemin, dan kry jy nou die res. ’n Saai spul is hulle. COPE, die UDM, ACDP. Daar is Buthelezi se sterwende party, met sy eie splintergroep, die NFP. Elkeen van hierdie partytjies se leiers wil president wees. Niemand van hulle het die wil om saam te werk met ander nie almal wil die mag he. Soos die Mulders wat in die Nkandla kabinet dien, dokter Ramphele, Lekota, Buthelezi, Holomisa, Dan Roodt, ag, die hele lot.

Ek is nie self ’n aanhanger van ENIGE party nie, veral nie die DA nie, maar Patricia de Lille is een wat ek regtig bewonder. Haar eie party, die Onafhanklike Demokrate, het sy gelos, omdat sy weet dis beter dat die opposisie saamstaan as hulle iets wil bereik. Hoeveel politici in hierdie land het so tipe karakter? Het visie om ’n groter prentjie te probeer raaksien?

Nee wat, soos dinge nou staan, is die ANC sterk op koers na 7 Mei 2014. Die opposisie maak die ANC se werk lekker maklik. Dis net die EFF wat tande wys en ’n faktor kan word wat die ANC kan aanvat.

Advertisements

2 comments

  1. Geen enkele party kan die ANC troef nie,maar n koalisie van partye wel. Na die verkiesing kan opposisiepartye saamwerk teen die ANC en daar waar ANC onder 50% kry kan n koalisieregering gevorm word deur die opposisie. Natuurlik strewe die VF Plus na vryheid vir die Afrikaner en ander minderhede. Minderheidsregte is baie belangrik vir die party. Die VF Plus is besig om te groei en gaan almal verras met hul steun.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s