Musiekresensie: Gian Groen – Dekade se Ballades

Die gawe mense van die Bloemfontein Courant was so gaaf om vir my die gaafste CD verniet te gee: Gian Groen se Dekade se Ballades. Ek moet sê, ek is nie iemand wat musiek slaafs slaafs volg en als weet van alles af nie. Musiek is vir my soos wyn ek ken darem die verskil tussen Shiraz en Rosé. Shiraz is vir my gans te soet so ek is meer ’n Rosé man 🙂

Nee, op ’n ernstiger noot, met die deurluister van Dekade se Ballades, is dit vir my opnuut geen verbasing dat Gian Groen so ’n huishoudelike naam geword het nie. Die musiek kan ek nie anders as om te beskryf as ‘hartlik en warm’ nie.

Ek bere ongelukkig nie CD’s nie. Dis ’n lastige formaat. So al is dit sulke lekker musiek gaan ek hierdie een aanstuur. Die CD begin nou in die klas van die klipwerktuie val. Dit hoort in museums nie in mens se blyplek nie.

O ja, ek wil net byvoeg, daar is baie liedjies oor Nelson Mandela geskryf, maar Gian Groen s’n ‘Vader Van Vrede’ is waarlik ene wat ek gladnie pretensieus vind nie. Dis ’n eenvoudige maar mooi huldeblyk deur ’n knap kunstenaar.

Piet, My Vrou is een van die liedjies op Gian Groen se album Dekade se Ballades:

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s