Olimpiese opdatering: Die krag van sport!

Die tweelingbroers Michel (l) en Ronald Mulder wen respektiewelik goud en brons op die 500m langbaanskaats (Foto: M. Smelter/Wikimedia Commons)

Die Olimpiese Winterpele is aan die gang in Sotsji. In die eerste vier dae het daar baie mooi oomblikke langs gekom. Soos die Kanadese susters Justine en Chloé Dufour-Lapointe, wat goud en silwer gewen het by heuwelski (moguls). Daar is ook die tweelingbroers Michel en Ronald Mulder van Nederland wat goud en brons gewen het op die 500 meter langbaanskaats (speed-skating).

Langbaanskaats is ‘n sport waarin ‘n atleet individueel so vinnig moontlik ‘n afstand van 500, 1000, 1500, 3000 (vroue), 5000 of 10000 (mans) op ys aflê. Met ysterstawe onder jou voete probeer jy so vinnig moontlik die eindstreep te bereik.

Die Winterspele is baie anders as die Somerspele. Waar by die Somerspele alle lande verteenwoordig is, is dit nie so by die Winterspele nie, want nie alle lande is bedrewe in wintersporte nie. Tewens het elke land maar sy spesialiteite. So word die medaljes by yshokkie en kunsskaats (figure skating) tradisioneel verdeel tussen Amerika, Rusland en Kanada. Die ski-medaljes word verdeel deur die Oostenrykers en die Switsers. En Nederland domineer die skaats-wedstryde.

Natuurlik, hierdie is ‘n growwe veralgemening. Met nuwe tegnieke het die prentjie die laaste 30 jaar baie verander. Lande wat ryker word, kan hul eie fasiliteite bou en die homogenie van die tradisionele lande deurbreek. Maar die lande se tradisionele sporte bly die belangrikste.

In Rusland is dit nog steeds ‘n doodsonde om die yshokkie-wedstryd te verloor van Amerika (en andersom). Die tradisionele wintersportlande stuur steeds delegasies van honderde atlete na die Winterspele. Somtyds raak die medaljeranglys heeltemal deurmekaar, omdat ‘n klein land baie medaljes wen.

Dit het die afgelope dae gebeur met my eie land, Nederland. Nederland stuur baie mense na skaats. Dit is gewoonlik die enige sport waarin ons (kan) presteer, want hierdie land het geen berge nie, maar wel baie slote, kanale en mere wat in die winter vries. Gewoonlik behaal ons 8 of 9 medaljes op die Winterspele. Die atlete wat skaats, verdedig ons nasionale eer. Daar waar skaats een van die twee nasionale sporte is, moet met name die beste man (Sven Kramer) en die beste vrou (Ireen Wüst) onder baie druk presteer. As hulle faal, faal die nasie. As hulle wedstryde skaats, kyk miljoene na die TV. Kramer sowel as Wüst moet goud behaal, want die volk eis dit.

Die drie Nederlandse wenners op die 5000m langbaanskaats, Jan Blokhuijsen (silwer), Sven Kramer (goud) en Jorrit Bergsma (brons) (Foto: M. Smelter/Wikimedia Commons)

Na vier dae van sport het Nederlandse atlete egter reeds 8 medaljes gehaal! En dit gaan gepaar met rekords! Die Nederlandse skaats-mans het al medaljes tot nou opgeëis. Saterdag het 3 Nederlanders die 5000 meter skaats die podium beset. Die wenner, Sven Kramer, het ‘n nuwe Olimpiese rekord op laat teken. Sondag het Ireen Wüst het Duitsers, Russe en Tsjegge haar rug getoon, nadat sy as vinnigste die eindstreep bereik het. Sy was die eerste Nederlandse atleet wat drie keer goud (2006, 2010, 2014) op die Winterspele behaal het. Maandag moes die mans die 500 meter skaats. Nederlandse atlete kon nog nooit goud behaal nie en het in die 90-jarige geskiedenis van die Winterspele slegs twee medaljes op die afstand behaal. Nou skaats die boeties Mulder saam met Jan Smeekens (2e) so vinnig, dat hulle die hele podium opeis! 

Die 500 meter word gewoonlik in ongeveer 34 sekondes afgelê. Om die lucky-element uit die toernooi te haal, word die afstand twee keer geskaats. Die verskille is baie baie baie klein. Na die tweede “omloop” het dit gelyk of Jan Smeekens goud gewen het, terwyl Michel Mulder tweede geword het. Die verskille was egter so klein, dat die tydwaarneming van Michel Mulder gekorrigeer moes word. Op die ou einde het Michel Mulder goud gewen en het Jan Smeekens tweede geword. Die verskil na twee rondes? 0,001 sekonde…

Maar die mooiste storie het vandag (Dinsdag) gekom. Margo de Boer, die ewige nommer vier, die land se loser, het die derde plek behaal in die 500 meter skaats vir vroue. Op die winterspele in 2010 het sy op die vierde plek geëindig, en ook in die tussentydse wêreldwye wedstryde het sy steeds as vierde geëindig. Na die eerste “omloop” het sy as vyfde in die tussen-resultaat gestaan. Die saak het wéér hopeloos gelyk, maar sy het ook ‘n tweede goeie wedstryd geskaats. Die konkurrente het egter minder vinnig geskaats, wat die eindresultaat van De Boer baie beter laat lyk het. Na jare het sy haar ein-de-lik haar verloorderstatus verloor!

Die Nederlandse missie in die sneeu het egter misluk. Sneeuplankryers het nie die roete volgehou nie en het geval. Ook die Nederlands kortbaanskaatsers het nog geen goeie resultate behaal nie.

Maar – van die 12 skaatsmedaljes wat tot nou verdeel is – het 8 medaljes ‘n vliegtuigkaartjie na Holland gekry. En daar gaan nóg 24 skaatsmedaljes verdeel word. Buitendien moet die beste Nederlandse sneeuplankryers nog begin! Dit gaan nóg spektakel wees!

This slideshow requires JavaScript.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s