Olimpiese Winterspele: Spele of ‘n speletjie?

Die Olimpiese en Russiese vlag wapper in die Olimpiese Stadion in Sotsji. (Foto:Kremlin.ru/WIkimedia Commons)

Die Olimpiese Winterspele het gister in Sotsji, Rusland begin. Hoewel die Spele nie gekenmerk word deur politieke boikotte nie, is die Spele hoogs omstrede – verseker in die westerse wêreld.

Die Spele word georganiseer terwyl president Poetin sy greep op die land wil verstewig. Die vryheid van pers en die vryheid van spraak word swaar onder druk. In Desember het Poetin die staatsnuusdiens omgevorm tot propaganda-diens. Tewens word die anti-Poetin-opposisie stewig onderdruk. Ook minderhede word in Rusland as tweedeklasburgers behandel. Om van die anti-gaywet nie eens te praat nie.

Die Spele is die duurste ooit, met koste wat ongeveer R600 miljard beloop. Dit is meer as alle vorige Winterspele saam. Gewoonlik kos Winterspele ongeveer R45 miljard – in verhouding met die Somerspele (wat ongeveer R150 miljard kos) is dit goedkoop. Die hoë koste van die Winterspele is ‘n gevolg van ekstreme korrupsie. Russiese opposisieleiers dink dat ongeveer die helfte van die R600 miljard verdwyn het en nooit aan stadions, paaie, hotels en kie bestee is nie.

Vandeesweek het alles oopgemaak. Daar was egter nog baie probleme, want drie van die nege hotels vir media was nog nie reg nie. Hoewel alle sportakkommodasies en die Olimpiese dorp en Park voltooi was, het die rioolstelsel in die nuwe strate nog geen deksels gehad nie, wat die groot rioolgate lewensgevaarlik gemaak het.

Ja, dit was kindersiektes. Goed, laat ons dit die groot Rusland vergewe. Maar noudat die Spele op pad is, het die eerste storms reeds opgesteek. So het Rusland die foute wat tydens die openingseremonie gemaak is, binnelands gesensureer. Soos al die internasionale kykers gesien het, wou een van die vyf Olimpiese ringe nie uitvou nie. Op die Russiese TV is hierdie beelde egter vervang met die generale repetisie s’n. Soos ‘n Nederlandse koerant opmerk: “Die Russiese belastingbetaler het die duurste Olimpiese ringe ooit betaal, en nou werk hulle nie, so dit kon eenvoudigweg nie getoon word nie…”

Die vraag wat egter bly, is wat ons van Rusland sien. Sotsji as die Olimpiese park is ‘n vesting. Rusland het 37 000 polisiemanne, 23 000 soldate, 400 kosakke en ‘n onbekende aantal mense van die veiligheidsdiens FSB in Sotsji ontplooi.

Maar hoekom word hierdie Spele so belaglik uitgevoer?

Dit is almal danksy die ligging van Sotsji, teen die Swart See in die suidweste van Rusland en naby die Kaukasus-gebergte. Die Kaukasus-gebergte is ‘n onstabiele regio, met klinkende name soos Dagestan (Rusland), Tsjetsjenië (Rusland), Abchasië (Georgië) en Suid-Ossetië (Georgië), wat almal onafhanklikheid verlang van hul vaderland. Buitendien is Sotsji ‘n somervakansiebestemming in Rusland met palmbome aan die Swart Seekus. Elke haar op die hoof van ‘n weldenkend mens sou hom verset teen die keuse van Sotsji as plek vir die Olimpiese Winterspele.

Die Olimpiese Spele is duidelik ‘n projek van die Russiese president. Sonder sy inset sou die Spele nooit na Sotsji gekom het nie. Die luukse vakansieoord vir Rusland se rykstes. Slegs Poetin kon sy oë toemaak vir die oogverblindende korrupsie rondom die Spele. Die Spele is sy speletjie. Hy wil toon dat Rusland terug is. Terug op die wêreldtoneel. Daarvan getuig ook die magsvertoon wat Rusland in 2013 vertoon het.

Die Suid-Afrikaanse media het nouliks aandag bestee aan die skandale rond die Olimpiese Spele. Op Die Burger se webwerf word tans – 24 uur na die opening van die Spele, nie eens melding gemaak van die feit dat die Spele geopen is. Die Suid-Afrikaanse media het ook die saga met betrekking tot Sive Speelman, Suid-Afrika se enigste atleet wat na die Winterspele kon, genegeer. Weens wanbestuur van die Suid-Afrikaanse Sport Konfederasie en Olimpiese Komitee (SASKOK) kon Speelman nie deelneem aan die Olimpiese Winterspele.

Tans is die Winterspele aan die gang.

Die Olimpiese vlam met die vuurwerk naas die Olimpiese stadion op die agtergrond tydens die openingseremonie in Sotsji. (Foto: Kremlin.ru/Wikimedia Commons)

Die eerste statement teen die menseregtesituasie is reeds gemaak. Die Nederlandse atleet Cheryl Maas, een van die ses openlik gay-atlete in Sotsji, het Donderdag haar handskoene met reënboogvlag aan die kamera getoon. Wat opval, is dat drie van die ses openlik gay-atlete van Nederland kom.

Weens wanbestuur van SASKOK is Suid-Afrika dus nie verteenwoordig nie. Die Spele is sopas aan die gang en Nederland (my land) is die huidige aanvoerder van die medalje-ranglys. Met die Nederlandse oormag op die 5 km langebaanskaats (speed skating) het drie Nederlandse manne goud, silwer en brons gewen.

Maar ja, julle, Afrikaanssprekendes, kan nie daarvan geniet nie. Ek dink die oorgrote meerderheid van die Afrikaanssprekendes weet nie eens wat langebaanskaats is nie…

Maar die weer by julle in Afrika is darem lekker.

Te lekker om goed te wees in wintersporte. 😉

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s