Lesersartikel: Gaan registreer én stem!

Kiesers staan tou by Hoërskool Tafelsig in Kaapstad en is reg om te stem tydens 2009 se verkiesings. (Foto: Warren Rohner/Wikimedia Commons)

Waarom moet ek stem? Dit is die vraag wat sommige mense vra en dan ook byvoeg dat hul stem tog niks beteken nie, selfs al gaan stem hul.

Feit is egter dat elke persoon wat nie gaan stem nie en gekant is teen die ANC inderwaarheid die ANC sterker maak. Hoe dan so?

Kom ons gebruik ‘n eenvoudige voorbeeld en sê 10 mense gaan stem. Van daardie 10 gaan stem 6 vir die ANC en 4 vir die opposisiepartye. Die ANC kry dus 60% en die opposisie 40% van die stemme. Gestel een kieser van die opposisie gaan nie stem nie, dan verander die prentjie drasties. Daar is dus nou 9 kiesers wat stem waarvan 6 ANC stem en 3 vir die opposisie. Die ANC kry dus nou 66.7% en die opposisie 33.3% stemme. Die ANC het nou ‘n twee-derde meerderheid en nie omdat meer mense ANC gestem het nie, maar omdat een opposisie kieser nie gaan stem het nie.

Dis dus duidelik dat elke stem tel en baie belangrik is.

In 2009 het daar 43% van geregistreerde kiesers nie gaan stem nie. Wat sou gebeur het as meer as die helfte van daardie kiesers wel gaan stem het en teen die ANC gestem het? Die opposisiepartye sou meer stemme as die ANC gekry het en die ANC sou nie die verkiesing gewen het nie.

So, gaan stem vir die party wie se waardes die naaste aan jou waardes is en help dus dat jou party sterker word. Ek stem vir die VF-Plus omdat ek glo aan Christelike waardes en minderheidsregte en dié party staan juis sterk op daai waardes en beginsels.

Ook belangrik dat daar na die verkiesing koalisies gevorm word deur opposisiepartye teen die ANC en sodoende sterker weerstand gebied word deur die opposisie en ANC nie alles oorheers nie.

Daar kan selfs ‘n koalisieregering gevorm word deur opposisiepartye daar waar ANC onder 50% kry.

Wat nou belangrik is, is dat kiesers moet sorg dat hul geregistreer is om te kan stem. Die finale kieserregistrasie is die naweek van 8 en 9 Februarie 2014. Dis oor ‘n paar dae. Dus, as jy nog nie geregistreer is nie, is die kans nog daar om dit te doen. Maak gebruik daarvan.

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Redakteursnota: Registreer op 8 en 9 Februarie. Kontroleer HIER aanlyn u stemregistrasiestatus. Ook Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, kan registreer en stem. Sien die webwerf van de Onafhanklike Verkiesingskomitee (www.elections.org.za) vir meer inligting.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s