Skaapkop

Ek het die naweek bietjie ongewone take-aways gehad. ’n Skaapkop. Dit was nog altyd op my ‘bucket list’. Nou ja. Daar word baie dinge gesê op aarde. Daar word gesê dat om vleis te eet slegte karma is. Al daai diere wat so gemoor word. En ek is die eerste om toe te gee, slaghuise is nie die pretste plekke om in uit te hang nie. Dit is plekke van die dood. Maar nou wil ek net sê dat, ek glo nie aan die ding van karma nie. Daar is baie roofdiere op aarde. Leeus jag bokke en vreet hulle op. Dit is nie slegte karma of wat ook al nie. Dit is hoe God die goet gemaak het. Hulle eet vleis. En so is die mens. Ons eet vleis. Dis wreed maar dis die lewe. Plante lewe ook. So eintlik moet die groenmense heeltemal ophou eet.

Skaapkop
Die Skaapkop (eie foto)

Skaapkop was beslis een van die interessantste geregte wat ek al gehad het. Dit word gebak in ’n oond, en ek vermoed dit word soos spitbraai gekruie. Die meeste vleis sit aan die nekgedeelte van die skaapkop, daar waar die nek sou begin het. Dan is daar die wange. Hierdie vleis is lekker geurig. Die vel is krakerig en ook aangenaam. Die oë het ek nie aangepak nie. Dit het vir my te veel na hopballe gelyk. Dan is daar natuurlik die harsings. Ek het al voorheen harsings gehad met ander, sogenaamde ‘afval’, maar dit was die eerste keer wat ek self moes delf vir dit. Die harsings moet mens uit ’n klein gaatjie in die kop krap. Harsings het so romerige smaak, maar ek reken dis nie vir almal nie.

Die lekkerste is die left overs. As ek ooit weer skaapkop kry, dan sal ek die vleis alles verwyder en dit in ’n yskas laat tot die volgende dag. Want dit is asof dit eers die volgende dag sy maksimum geur en smaak bereik.

Mens sal ook die gestroopte skaapkop vir andere kan voorsit, want nadat die vleis van die kop gestroop is, vermoed ek, sal baie mense nie eens agterkom dis skaapkop nie. Mens sal natuurlik net die oë en die tong uit die mengsel moet verwyder. O ja, gepraat van die tong. Dié is ook gladnie onaardig nie.

Daar is werklik baie vleis aan ’n skaapkop en dit is die prys werd, veral omdat die vleis so uiters geurig is.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s