DA gaan AGANG (maak niks en niemand bang)

Mamphela Ramphele by die Wêreld Ekonomiese Forum in 2009. (Foto: Wêreld Ekonomiese Forum/Wikimedia Commons)

Is dit die einde van de politieke pad Mamphela Ramphele? Die aankondiging dat die dokter die presidensiële kandidaat van die Demokratiese Alliansie (DA) gaan wees, het my totaal en al onkant gevang. Ek het dit nie verwag nie, maar net soos verskeie politieke partye se leiers, onder meer die Vryheidsfront Plus en die Congress of the People (COPE) se leiers, het ek die toe skynbaar huwelik tussen die DA en dr. Ramphele se AGANG SA as ’n positiewe ontwikkeling gesien. Ek het in die verlede en hou nog steeds vol dat Suid-Afrika uiteindelik op ’n tweepartystaat sal afstuur, en dat die DA nie die ander ‘groot’ party naas die African National Congress (ANC) gaan wees nie. Maar die feit dat daar gepraat was van die samesmelting van AGANG en die DA was positief, want dit sou die einde van die pad vir nog ’n klein tandlose partytjie gewees het.

Maar dinge het toe skynbaar bietjie versuur. Dit blyk toe nou die dokter wil steeds AGANG SA se president bly, maar sy wil staan as president vir die DA. Nóg later, en ons hoor die aankondiging van die week tevore, is totaal van die baan af. Dokter Ramphele gaan nie langer as presidentskandidaat van die DA staan nie.

Vir AGANG SA en dr. Ramphele, is die politiek skynbaar soms in die eerste plek oor die hele kwessie van leierskap, en dan, dan kom die kwessie van beleid soos ’n lomp stert agterna gesleep, en rem die hele organisme. . .

En skielik word die wasgoed ook gewas. Vuil wasgoed.

Maar die hele drama ontbloot ’n baie ou probleem binne die DA. En dit is dat die DA in sy wese ’n Engelse party is wat grootliks Engelse mense se belange bevorder. Daarvan getuig die DA se kabinet in die Wes-Kaap. Dokter Ramphele, so skryf Pelser, is iemand wat self baie gebaat het by Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB). Sy sal haarself, uiteindelik, nooit ten volle kan vereenselwig met die politiek van die DA nie, hoewel die mag vir haar baie aanloklik is.

Dit lyk asof die afgelope week se gebeure die klimaks was van Helen Zille se droom om ’n swart leier aan die stuur van die DA te sien, tesame met die dokter se skynbare smag na politieke mag.

Dit was ironies om in die koerant (Pollux) te lees hoe daar, tong in die kies, na die dokter as ’n “regstellende aksie” geval verwys word. Maar ek hoor anderdag ’n interessante opmerking rondom regstel aksie. Die grootste rasionaal agter regstel aksie is die inkomstegaping tussen wit en swart gesinne. Regstellende aksie het dus ten doel om die gaping tussen wit en swart te verklein. Was dit dieselfde rasionaal agter die kortstondige aanstelling van dokter Ramphele as presidentskandidaat van die DA? Nee, die rasionaal daaragter was om swart Suid-Afrikaners na die DA te lok. Maar die DA is en bly steeds ’n party wat wit, Engelssprekende Suid-Afrikaners se belange die beste dien.

Dit is grootliks, wil ek glo, vir daardie rede dat die DA sukkel om swart steun te kry.

Maar met SEB tersyde, is ek geneig om te dink dat, tussen die DA, AGANG SA, COPE en die United Democratic Movement (UDM), is daar nie veel te kies in terme van beleid nie. Die verskil le uiteindelik meer op leierskapvlak as elders. Miskien moet die dokter oorweeg om haar heil by COPE te gaan soek, hoewel dit nou duidelik is dat sy nie in die skadu van Lekota sal wil werk nie.

Van AGANG SA, is ek bevrees, is daar na hierdie hele petalje, nie veel meer oor nie. Deur haar politieke bontspringery, so vermoed ek, het die dokter haarself ontbloot as ’n opportunis. Hermann Giliomee vergelyk haar met Tielman Roos van ouds. Die vertroue wat sommige mense in AGANG SA gehad het, is nou waarskynlik daarmee heen.

Die hele storie behoort oor te waai vir die DA, en met die skade wat AGANG SA se eie leier aan haar eie party gedoen het, gaan die DA waarskynlik al die pad bank toe lag.

Advertisements

5 comments

  1. Ek sê weer: Daar sal nooit n twee party stelsel in SA wees nie. Die hele storie met Agang en die DA is een groot sirkus en die narre word net al hoe meer. Die DA is besig om uit te rafel en hardloop rond soos n afkop hoender. Hul probeer allerhande truuks uithaal om swart steun te kry,maar is in die proses besig om minderhede te vervreem en net meer steun te verloor. Nee wat,die beste party om voor te stem is die VF Plus.

    • Terloops,daar is nog n nuwe politieke party gestig nl. Front Nasionaal met Hannes Engelbrecht as leier en Dan Roodt as onderleier. Hul reken op 500 000 stemme,wat natuurlik wensdenkery is. Weet nie hoekom die FN gestig is nie,want die VF Plus is alreeds daar. So,stem eerder VF Plus as vir partye wat opskiet soos paddastoele en nou skielik die Afrikaner wil red.

      • Dankie vir die inligting Fritz. Ek sal nooit vir Dan Roodt ondersteun nie. Net anderdag weer ‘n artikel gelees. Dis vreeslik hoe vol gif hy teenoor mense is. Hy’s lief om sy opponente se karakter te probeer afkraak.

  2. Jy is seker reg dat die petalje sal oorwaai vir die DA, maar ek vind dit skokkend! Hoe kan almal bly dink die DA is ‘n party met ‘n wonderlike leier, as sy sulke ondemokratiese aapstreke aanvang met die party se leierskap? Sy, as leier, wou basies self besluit dat Ramphele haar moet opvolg, ondanks die feit dat Ramphele nie ‘n geloofwaadige leier is nie (- iets wat verskeie kommentators aangetoon het reeds lank voor die huidige fiasko).

    En dit volg vars op die Employment Equity “Plane crash that could have been avoided”.
    EN die leuenagtige “Know your DA” veldtog wat die DA as ‘n bevrydingsparty probeer voorhou het.

    Ek kan nie insien hoe die DA steeds met Helen Zille as leier kan voortgaan nie. Dit stem my mismoedig dat daar klaarblyklik bitter min ware talent in SA politiek is – nie net in die ANC nie, maar ook in die DA en die kleiner partye.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s