Veroorsaak ANC nuwe krisis in die wêreldekonomie?

Die ZAR-banknote en munte tussen 1992 en 2012 (Foto:Wikimedia Commons)

Die wêreld het geskok gereageer op die renteverhoging wat die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) Woensdag ingevoer het om die val van die Rand te stop. Die wêreld se voorste ekonome het nie die stap sien kom nie. Waar die renteverhoging die rand moes stabiliseer, het die Zuid-Afrikaanse Rand (ZAR) die vorige 24 uur hard geval.

Die SARB het die stap gedoen om “de inflatie in de grootste economie van Afrika in toom te houden”, so het De Telegraaf gister berig. Volgens die koerant, wat een van die beste finansiële redaksies in Nederland is, gaan Suid-Afrika se inflasie in 2014 tot 6,3% beloop, terwyl 5,7% voorspel was. En dit terwyl 2014 amper ‘n maand oud is.

Nadat die SARB aangekondig het die rente van 5% na 5,5% te verhoog, het die waarde van die rand ten opsigte van die Euro (€) gestyg. Waar voor die aankondiging R1 nog €0,0657 was, het die rand gegroei na €0,0671. Maar die effek was nog voor die middaguur uitgewerk en die rand het om 17:00 uur gesluit teen €0,0645. Dit beteken dat €1 gelyk is aan R15,46. Dit het die beurse wêreldwyd met verlies laat sluit. By tyd van skrywe – ‘n dag na die gebeure – het die rand weer gestyg na €0,0657. 

Maar nou kyk ons op mikroskopiese skaal. Dit is eintlik nog baie onseker wat die effek van die renteverhoging is. Ons sal dit eers oor ‘n week of maand uit die wisselkoerse kan aflei.

Maar dat die Zuid-Afrikaanse Rand probleme het, is meer as duidelik, verseker as ons ‘n bietjie na “historiese” reekse kyk. In Januarie 2011 was die rand €0,11 waard (€1=R9), terwyl dit ‘n jaar later, tussen Januarie en Julie 2012 €0,10 (€1=R10) was. Dit het gelyk of die koers gestabiliseer het, omdat die koers vir 6 maande se tyd nouliks verander het.

Toe ek in Suid-Afrika gestudeer het, het ek my begroting op €1 = R10 gemaak, maar toe daar in Julie 2012 die rand vir drie weke rond €1 = R9,8 geskommel het, moes ek ‘n bietjie spaargeld bylê, omdat my Nederlandse staatstudentebeurs nie genoeg was nie. Toe het die bloedbad by Marikana gebeur. Ek herinner dat ek met groot oë Volksblad se swartrooi opskrif “BLOEDBAD” gelees het, wat bo op die foto met tientalle lyke gedruk was. Sedert die Augustusmaand is die Rand in permanente val.

Maar die val van die Rand destyds was reeds met gevolge. Ek weet nog dat ek baie bly was dat ek my huur vir die kamer in die koshuis teen €1 = R10,9 kon betaal. Broodpryse het tydens my verblyf in Suid-Afrika gestyg van R9 na R11. Ek wonder wat ‘n brood vandag kos. Die styging van die aantal stakings in Oktober van 2012 was baie skokkend. Geld was op kampus nouliks voorhande, want die OTM’s was leeg – die gelddistribusie se personeel het gestaak. Die supermarkte was leeg. Die rondgang langs die Pick’nPay en Spar-supermarkte rondom die Kovsiekampus was baie spannend. Dalk was dit die laaste keer dat ‘n mens inkopies kon doen. Ons het nie geweet hoe lank daai staking nog sou duur. En die supermarkte se magasyne was reeds leeg!

Sedert daai maande het die Rand in 2013 verder verswak. Een van my Kovsie-vriende wat tans by my universiteit studeer, is baie bly omdat sy haar beurs in Euro’s uitbetaal kry. Elke keer as president Zuma in die nuus was, Nkandlastories opgeduik het of geweldadige betogings in die nuus gehaal het, het die Zuid-Afrikaanse Rand verder verswak.

Dit gaan ‘n kwessie van tyd wees voordat die rand deur die €1 = R16 breek. In Januarie 2011 was €1 nog R9. In Januarie 2014 is dit R15,46. In drie jaar tyd het die rand (ten opsigte van die euro) 42% in waarde gedaal.

Die wêreld hou die koers van die ZAR dop. En dit is ‘n baie slegte teken dat die koers van die Zuid-Afrikaanse rand in staat is om beurse wêreldwyd met verlies te laat sluit…

MAAR … het jy die nuwe liedjie al gehoor? Dit gaan so!

Die stand van die rand
Hy val, hy val, hy val
Die stand van die rand
‘n Staking is sy liefling
Die stand van die rand
Nkandla se verbode kamera
Die stand van die rand
Betogings en prysverhogings
Die stand van die rand
Die val is ‘n hopeloos geval
Die stand van die rand
ANC-korrupsie versorg hierdie erupsie
Die stand van die rand
Die ANC kyk gedwee
Hoe hy val, die rand.
Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s