‘n Land waar die regering ‘n bietjie te goed werk?!

Suid-Afrika (geel) en Nederland (groen). (Foto: Wikimedia Commons)

Suid-Afrika is ‘n land waar die owerheid somtyds nie so goed werk nie. Foute word gemaak, korrupsie is ‘n groot probleem en dienslewering is soms baie sleg. In Nederland werk die owerheid soms egter ‘n bietjie TE slagvaardig.

Die Eemsmond-munisipaliteit, die noordelikste munisipaliteit in die land, het die beheer oor twee onbewoonde eilandjies: Rottumeroog en Rottumerplaat. Hoewel hierdie eilandjies onbewoond is, is daar enkele geboue van Rijkswaterstaat en Staatsbosbeheer wat natuurbeskerming op die eilande uitvoer. Hier kom die “probleem” in. Die eilande is sandeilande en het geen paaie nie. Elke gebou in Nederland is egter geregistreer in die Basisadministrasie Adressen en Gebouwen (BAG). Om in die BAG geregeristreer te kan word moet die straat waaraan die geboue gelê is en hul (huis)nommer ingegee word. Die twee eilandjies het buitendien nie dieselfde status as die Nederlandse onbewoonde eilandjies in die Karibiese gebied nie.

Tweetalige straatnaamborde in Drachten, Nederland (Foto:Wikimedia Commons)
Tweetalige straatnaamborde op ‘n hoekhuis in Drachten, Friesland (Fryslân), Nederland. Nederlands is bo, Fries onder. (Foto:Wikimedia Commons)

Omdat daar egter geen paaie is nie, is daar ‘n fiktiewe pad geskep. Dit is egter nie ‘n volledige oplossing nie, omdat ‘n pad aan bepaalde wetlike eienskappe moet voldoen. So moet ‘n pad byvoorbeeld met straatnaambordjies toegerus word en die posdiens (PostNL) is verplig om elke dag die pos by die gebou te besorg. Die Eemsmond-munisipaliteit het twee medewerkers van die munisipaliteit na die eilandjies gestuur om die straatnaambordjies op te rig. Nou moet die posdiens hoop dat daar geen mense gaan wees wat pos na die geboue op die eilandjies stuur nie…

‘n Ander van “bestuur met gevolge” is die huidige debat rondom die minister van Infrastruktuur en Omgewing, minister Melanie Schultz van Haegen. Die minister se man het ‘n aandeel van 0,65% in ‘n onderneming wat sake (wil) doen met die departement. Haar man is nie in die raad van bestuur nie, geen grootaandeelhouer nie, maar haar man het dalk ‘n belang vir groter winste van die onderneming. Die onderminister besluit nou oor dié tender. Selfs die skyn van magsmisbruik of korrupsie is in die Nederlandse politiek ‘n doodsonde. 

Ook ‘n “goeie voorbeeld” is die besluit van die Meppel-munisipaliteit om die staatstoelaag van ‘n enkelouergesin te beperk nadat die munisipaliteit uitvind die ma het ‘n verhouding met ‘n man. Nou word staatstoelae in Nederland nie net per persoon of gesin bereken, maar ook per huishouding, want sommige mense met kinders is byvoorbeeld ongetroud. Die ma se vriend het egter in ‘n ander huis gebly – maar die munisipaliteit het gedink die vriend bly meer as vier nagte per week by die ma. Dit beteken (vir die Nederlandse) wet dat die vriend prakties by die ma woon, ongeag sy geregistreerde status. Die vrou en man het ontken en het hof toegegaan. Die regter het saamgestem en gesê die munisipaliteit moes die volle staatstoelaag aan die enkelouergesin betaal. ‘n Jaar later is die twee getroud en het ‘n kind op hul eie… Ja, die Nederlandse munisipaliteite jaag vir fraude. Soms selfs met blikke wat vooruitsien…

Om maar niks te skryf oor die taktieke wat die brandweer, ambulans en die polisie gebruik om binne 15 minute na ‘n noodoproep ter plekke te wees nie… Ek woon in die middle of nowhere en die polisiestasie wat die mees naby is, is eers drie dorpe verder. Dit maak nie saak nie. Die polisie sal en moet binne 15 minute op my plaas wees as ek hulle bel. Dat die polisie met 200 km/h met “lawaai en ligte” oor die snelweg moet vlieg om die teiken te haal, maak nie saak nie.

Ag wat, die Nederlandse staat is goed in die “bestuur met gevolge”. Hoekom weet ons nie. Partykeer is dit egter nie doeltreffend of koste-bewus nie en baie onhandig, maar partykeer ook vermaaklik.

Ander kant maak hierdie protokolle ook groter willekeur, wat in die Suid-Afrikaanse munisipale kantore heers, onmoontlik. En daai is weer ‘n goeie ding.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s