Lesersartikel: Die vakansie verby…

Die Tafelberg is Suid-Afrika se belangrikste ikoon in die Wes-Kaap. (Foto: Wikimedia Commons)

Ek was die laaste maand en ‘n half, die gelukkigste meisiekind wat
daar kon wees.

My rede daarvoor, was dat ek tyd kon deurbring saam met familie en vriende.

Ek is so dankbaar want ek het die kans gehad om van die 20 ste tot en
met die 26ste Desember saam met my beste vriend Kaap toe te kon gaan,
daar het ek verskillende plekke gesien. Ek en my oom en my niggie, ons
het die volgende plekke gaan verken Houtbaai, Kalkbaai, (waar ons vis
en tjips uit ‘n boks geëet het) Simonstad en Seinheuwel (in die aand)
waar ons liggies gekyk het. Ongelukkig het ek net nie genoeg tyd gehad om Tafelberg
en die Waterfront ook te kon sien nie.

My vriend het by ons aangesluit, en ons kon toe Kirstenbosch toe gaan,
wat ‘n prag is dit nie, alle soorte plante en paadjies wat ons kon
loop, en verken, daar is ‘n amfiteater waar mens na ons land se
nuutste ikone kan kyk en dit met ‘n asemrowende uitsig oor die see.

Ongelukkig was ons tydjie kort in die Kaap, maar ek kon toe saam met
my beste vriend Christiana toe gaan.

Ons het ‘n vuurwerkvertoning gehad waarvoor ek nie hoef te betaal het
nie. Ek het 5 dae van rus gehad, ek kon slaap wanneer ek wil, ek kon
boek lees, ek is geleer hoe om backgammon en skaak te speel, ek het ‘n
rugbybal rond gegooi saam met vriende. Ons het gebraai en ons trommel
dik geëet.

En ons het waterlemoen en roomys geëet soos kinders, ons het weer bal
rond gegooi, gaan stap ek het vye van die vyeboom af gepluk, en geëet.

Ek het my tyd saam met my vriende en familie terdeë geniet.

Wat ‘n vakansie!!!

Ek is werklik gelukkig om goeie vriende en familie te hê.

Hierdie artikel is geskryf deur ‘Ordinary Girl’. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

2 comments

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s