Lesersartikel: Terug met die doodstraf!

Doodskamer in die San Quentin State Prison, VSA. (Foto: Wikimedia Commons)

Moet die doodstraf teruggebring word of nie? Soos ons weet is die doodstraf jare terug al afgeskaf hier in Suid-Afrika.

Die vraag ontstaan nou of die doodstraf weer teruggebring moet word vir ernstige misdade. Daar word so baie boere op plase doodgemaak,kinders en bejaardes word verkrag en dan vermoor en baie mense word beroof of gekaap en in sommige gevalle boet die slagoffers met hul lewens. Baie mense word op wreedaardige maniere doodgemaak, veral plaasboere, en mense raak nou al keelvol vir hierdie misdade.

Wanneer die misdadigers ‘n vonnis opgelê word, soos vir moord en dies meer, dan kry hul lewenslange tronkstraf en vir baie mense is die straf nog steeds te lig en nie genoeg nie. Daar word aangedring dat die doodstraf vir sulke misdade gegee word en nie net tronkstraf nie. Die straf wat dus gegee word moet pas by die soort misdaad wat gepleeg is. Die doodstraf sal dus gepas wees vir n misdaad soos moord, want dis die swaarste straf wat n moordenaar kan kry.

Daar sal natuurlik mense wees wat sê die doodstraf is barbaars en wat van die misdadiger se menseregte en sy reg op lewe. Die vraag is dan of die slagoffer nie regte het nie?

Wat van die slagoffer se menseregte en sy reg op lewe?

Dis maar aanvaarbaar dat aborsies gedoen word en ‘n onskuldige lewe geneem word, maar ‘n moordenaar se lewe mag nie geneem word nie, want hy het mos die reg op lewe. Dis mos absurd!

Skaf liewer aborsies af en bring die doodstraf terug,want dis net regverdig en reg. Die doodstraf is beslis ‘n afskrikmiddel en netso ook n gepaste straf vir koelbloedige moordenaar. So, bring dus maar gerus die doodstraf terug in Suid-Afrika.

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

2 comments

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s