Lesersartikel: Boek van Genl. Maj. De Vries bring SAW-herinneringe terug

Voormalige SAW-basis in Outapi, Namibië (voorheen Suidwes-Afrika) (Foto: Wikimedia Commons)

Ek lees nou ‘n boek met die naam Eye of The Firestorm geskryf deur Genl. Maj. Roland de Vries (aft). Ek is nou so halfpad gelees en dis ‘n baie indrukwekkende en insiggewende boek.

Dit gaan oor die lewe van genl. De Vries in die destydse Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) en geweldig baie interessante inligting word gegee en mens kan net nie ophou lees nie. Baie van die operasies waaraan die SAW deelgeneem het word weergegee en al die voorbereiding wat daarmee saamgaan, die opoffering, die blydskap, hartseer, pyn en nabetragting word mooi uiteengesit.

Dit bring baie herinneringe terug vir my en ook baie ander manne wat self in die SAW was. Dis asof mens weer teruggevoer word na daai tyd en deel word van die dinge wat gebeur soos dit in die boek vertel word.

Roland de Vries was natuurlik vir n tyd die bevelvoerder van 61 Gemeganiseerde Bataljon en was een van die beste bevelvoerders wat daar was. Hy word nie verniet beskryf as die Rommel van die SAW nie. Rommel was, soos ons weet,sekerlik die beste Pantser bevelvoerder van die Duitse weermag in die Tweede Wêreldoorlog.

Die SAW het baie goeie soldate en bevelvoerders gehad en saam met die goeie opleiding was ons een van die beste weermagte wat daar was.

Ek glo persone wat destyds in die weermag was, sal die boek beslis geniet. Diegene wat nie daai tyd in die weermag was nie, sal die boek ook waardeer en ook n blik kry in die interessante wêreld van die destydse SAW. Dis beslis die moeite werd om te lees en ek beveel dit beslis aan!

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

2 comments

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s