Bankdirekteur en voormalig minister as hoeremadam?!

Gerrit Zalm (Foto:Wikimedia Commons)

Gerrit Zalm, die direkteur van ’n groot Nederlandse bank het tydens sy nuwejaarstoespraak groot opslae gemaak toe hy sy medewerkers toespreek as hoeremadam. Gerrit Zalm is die direkteur van ABN-AMRO, waarin die voormalige Nederlandse hoofkantore van Nedbank saamgesmelt is.

Die finansiële sektor lê in Europa en Amerika onder vuur sedert die begin van die huidige ekonomiese en bankekrisis in 2008. Burgers en regerings verwyt die banke dat hulle geen morele waardes het. Sedert die 1990’s het banke groot internasionale ondernemings geword en hierdie ondernemings het groot bonusse aan hul bestuurstop uitgereik.  Bankdirekteure het tientalle miljoene rande salaris ontvang. Ekonomiese groei was oneindig, the sky is the limit. Buitendien het groot banke risikobeleggings gedoen en baie geld verloor. Sommige banke het sóveel geld verloor, dat regerings die banke moes red.

Ook in Nederland is banke gered. Juis toe drie internasionale bankreuse die grootste Nederlandse bank ABN-AMRO gekoop het en wou verdeel, het die krisis begin. Die Britse Royal Back of Scotland (RBS), die Belgies-Nederlandse Fortis en die Spaanse Banco Santander kon nie een van die grootste handelsbanke herverdeel en het in groot moeilikhede gekom.

Die splitsing van die destydse ABN-AMRO het heeltemal misluk en RBS is genasionaliseer deur die Britse owerheid. Banco Santander het in 2011 ’n lening uit die Europese noodfonds vir banke gekry. Die lening het R153 000 000 000 (R135 miljard) bedra. Die hoogste lening uit die Europese geskiedenis. In 2008 was die Belgies-Nederlandse Fortis reeds  in die probleme. Die probleme was só groot dat Fortis genasionaliseer is deur België en Nederland. Die Belgiese dele is genasionaliseer deur België en die Nederlandse dele – inklusief die restante van ABN-AMRO –  deur die Nederlandse staat.

Waar ABN-AMRO die prooi was, het die drie haaibanke swaar gekry. Tans is die Nederlandse dele van Fortis saamgesmelt met die restante van ABN-AMRO, onder die naam van ABN-AMRO…

Terug na die gek bankdirekteur. Gerrit Zalm was tussen 1994 en 2007 die Nederlandse minister van Finansies – die langste ooit – en is in 2008 deur die regering benoem as direkteur van die genasionaliseerde ABN-AMRO.

Die banke se beeld is baie sleg. Berigte oor bonusse en graaiery beheers die nuus in Europa.

Daarom het Gerrit Zalm ‘n parodie gemaak op die sakeprinsipes. Hy skets as hoeremadam die waardes van die bedryf. Sy optrede het reeds internasionale opslae gemaak. Naas die Nederlandse media het ook The Times, The Economist en Le Figaro oor sy optrede berig.

En regtig: die sakeprinsipes van ’n hoeremadam … dalk sou elke bedryf dit moet toepas. Want dan is elke klant koning!

Advertisements

One comment

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s