Lesersartikel: Aanneming

Ek was betrokke by ‘n aannemingsaak die laaste week, my dierbare sus het ‘n klein hartjie as dit kom by pekinese hondjies en die Dierebeskermingsvereniging van Kimberley het twee wat huise soek anders word die arme goedjies uitgesit.

Na vele betoë en argumente het ek ingestem dat die woef by ons huis kan bly, nou dit was ‘n begin van ‘n nagmerrie.

Ek moes ‘n vorm invul wat vrae vra soos:

Bly jy in ‘n huis of meenthuis?
Is daar skaduwee?
Het jy ‘n heining?
Hoe lyk die heining ?
Is daar gras?
Wat se kos eet hulle?
Het jy honde?
Waar slaap hulle?
Dit so en dat dit en ons moet iemand uitstuur om te inspekteer.

Wel die proses is nog nie gedoen nie, want ek moet wag vir die inspekteur se bevindinge.

Toe wonder ek, wat se vrae sal ek moet antwoord as ek ‘n kind wil aanneem

Ek is jonk, of ek kan deurgaan as oud, daar is mense op my ouderdom wat al 3 kinders het maar ek voel nog jonk, en ek het tot die besef gekom dat ek nooit my eie kinders sal kan baar nie, (daar is ‘n agenda of een of ander morele standaard waardeer ‘n mens moet werk). Nee, die tweede opsie moet maar aanneming wees.

Toe wonder ek, wat gaan die kriteria wees as ek ‘n kind wil aanneem?

Gaan hulle my ook vra, is daar genoeg skaduwee, bly jy in ‘n huis, of meenthuis, wat eet jy? Wat drink jy? Waar werk jy? Is jy ‘n psigopaat of nie?

Ons sal ‘n inspekteur uitstuur, is die antwoord van die aannemingsmaatskappy.

Maar my eintlike vraag is, hoekom word daai kind wat elke dag gevloek en geslaan word by sy regte biologiese ouer nie ook geïnspekteer nie?

Ons het in die laaste weke gelees van ‘n 4 jarige dogtertjie wat verkrag en doodgemaak is deur haar eie bloed oom, en as jy ingaan op die saak, dan is dit weer bewyse dat sekere mense nie kinders moet hê nie. Die pa en ma stel nie belang nie.

Maar die mense of ouers of paartjie of man en vrou wat so graag smag na ‘n kind kry nie die geleentheid nie.

Hierdie artikel is geskryf deur ‘Ordinary Girl’. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

One comment

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s