Rakende die owerheidstaak van fundamentalistiese, konstitusionele ateïste (teologie vir die twyfelaar 17)

’n Mens soos ek kan nie anders nie – ons kry met ateïste te doen. Daardie mense wat nie glo nie. Want dit is hulle reg. Hulle glo daar is geen God(e) nie.

Daar is baie ateïste wat vredeliewend is en net hulle regte uitoefen. Net soos wat gelowiges hulle reg uitoefen om wel te glo in dit wat hulle wil.

Mens kry verskillende soorte ateïste – jy kry die soort wat voel dat godsdiens verdra moet word . Maar dan is daar die mense wat voel dat godsdiens beveg moet word.

Nie een van hierdie soorte is noodwendig gevaarlik nie. Om te voel dat godsdiens verwyder moet word uit die samelewing, is elke mens wat so wil voel se goeie reg. Die probleem kom in by diegene wat onregverdige taktiek gebruik om hulle doel te bereik.

Die grens tussen reg en verkeerd, is inderdaad baie fyn, maar dit kom uiteindelik neer op die stereotipering van die een van die ander.

Dit is ons plig om mekaar se regte te verdedig, en een van daardie regte is vryheid van geloof. Dit beteken dat ons mekaar se reg om te glo wat ons wil moet verdedig, selfs al verskil ons van wat geglo word. Ja, dit is ’n verwarrende beginsel, maar so is die leer van die Drie-Eenheid verwarrend, maar baie mense glo dit . . .

Kom ons skets dit uit ’n ander hoek. Miskien help dit. Kom ons gebruik die Christelike kerk as vertrekpunt. Sedert die organisasie van die vroeë kerk, waaruit die Rooms-Katolieke kerk as die dominante groep uitgestyg het – sedert daardie tyd, het mense gestry, en gestry, en gestry oor wat die regte leer is. Soveel so dat die kerk uiters verdeeld en uiteindelik gefragmenteerd geraak het.

In terme van die ontwikkeling van die mensdom, is die verskynsel van die ateïsme relatief nuut. Vryheid van gedagte is ook baie nuut.

En voeg daarby, die kere wat die kerk van Jesus die meeste misluk het onder mense, was wanneer dit onverdraagsaam was. Kyk mens na die kerk se rekord, lyk dinge maar lelik, met die kruistogte, die heksejag en apartheid, wat maar as enkele voorbeelde van die groot ‘mislukking’ kan dien . . .

Maar ateïsme wat gegrond is op onverdraagsaamheid, gaan sonder enige twyfel, dieselfde koers inslaan.

Die rede is, soos wat ek al dikwels in my lewe opgemerk het, dat radikale ateïsme eintlik maar niks anders as ’n godsdiens is nie. En maak mens ’n studie van die kerk, dan is dit eintlik verstommend dat daar ateïste is wat glo dat húlle, en slegs hulle standpunt is die waarheid (net soos wat elke kerk en sekte ook hulle eie weergawe as ‘die waarheid’ beskou het).

Nee, die gevaar is groter dat ateïste mense gaan verdeel en tweestryd tot gevolg gaan he. Kerke het mense in die verlede verneder en seergemaak en verdeel – en fundamentele ateïsme gaan presies dieselfde doen. Daarom het ateïste, nes gelowiges, ’n reuse taak om verdraagsaamheid te verkondig – om te sorg dat wat hulle vir hulself eis, ook vir andere gegun word.

Natuurlik sal daar weersin wees. Die kerk domineer die wêreld. Kinders word van jong ouderdom geïndoktrineer met bepaalde tradisies, en nie juis op die pad van sekerheid en kritiese denke gestuur nie. Maar ’n wyse man het eendag gesê – ons word presies soos dit waarteen ons baklei. En daarom rus daar ’n reuse taak op fundamentalistiese ateïste.

Die grens tussen reg en verkeerd, gaan dikwels baie skraal wees. En die mens is nie perfek nie, nooit, maar dis iets waarna ons moet aanhou strewe.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s