Lesersartikel: Motorfietse gevaarlik of nie?

‘n Ou vlieg met sy Moto X (Foto: Tony Hisgett/Wikimedia Commons)

Ek en een van my vriende het ‘n baie interessante gesprek gehad, en die gesprek het gegaan oor, ‘n motorfiets!

Hy wil vir hom ‘n motorfiets koop en as die lewe te veel druk in ons beton oerwoud wil hy kan klim en ry.

Nou toe wonder ek, is dit nie maar waaroor die lewe gaan nie, om sulke uitdagings te hê, te weet ek gaan vry wees op daai hoofpad of al ry hy net ‘n entjie uit die stad of plaas toe.

Ek het ook gewonder, waaruit bestaan die lewe, om elke dag dieselfde te doen (wat sekerlik nie ‘n vraag is nie, ons moet die werk ding doen, het nie eintlik ‘n keuse nie, want geld moet ons hê om te kan leef) maar om partykeer ‘n uitdaging te vat en die pad te vat en te kyk waar ons uit kom, waar ons eindbestemming gaan wees is dit nie LEWE nie!

Ek het gehoor dit is te gevaarlik, maar weet jy, die lewe is gevaarlik, my kar, my werk, loop oor die pad, drink ‘n koeldrank, alles is gevaarlik.

Toe ek klein was het ek “n klein motorfiets gehad a klein 50CC en daarmee het ek “kiddie X” gery dit is die kleiner weergawe van “Moto X”, en nie ek of my pa het toe enige bekommernisse gehad oor gevaarlik nie, want ons was geleer hoe om op die regte manier die sport te beoefen.

Ek dink hy moet dit doen, vir hom ‘n motorfiets aanskaf en dan sy motorfiets vat en ry en daar waar hy kom stop en slaap, so gaan jy die wêreld leer ken en die beste van die hele ding gaan wees jy gaan LEEF, LEEF en nogmals die LEWE geniet, gevaarlik of nie!

Hierdie artikel is geskryf deur ‘Ordinary Girl’. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

One comment

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s