PRAAG se leuen: Cornelia de Wet en De Telegraaf

Advertensie van die De Telegraaf in 1898. Die koerant was baie pro-Afrikaner tydens die Tweede Vryheidsoorlog. (Foto: Wikimedia Commons)

Die webwerf PRAAG het vandag ’n veldtog teen die Nederlandse dagblad De Telegraaf en meer spesifiek die journalis Catherine Keyl begin, omdat “De Telegraaf besig [is] met [‘n] openlike haatveldtog teen Afrikaners”. PRAAG beweer dat De Telegraaf ‘n haatveldtog teen Afrikaners begin het deur die storie van Cornelia de Wet, die AWB-lid wat sê “die Griekwastad-moorde en ander moorde is deur ‘n moordkommando van die AWB gepleeg”, te publiseer in hul koerant.

Ek, as daaglikse leser van De Telegraaf, kan bevestig die berig van ‘n haatveldtog teen Afrikaners is ’n niks anders as ’n leuen nie.

De Telegraaf is juis die Nederlandse koerant wat die meeste pro-Afrikaner is. Meerdere joernaliste van die koerant het Afrikaners as vriende en die berigte oor Cornelia de Wet in die koerant bedra twee in getal, aansienlik minder as enige andere Afrikaanse media- en nuusbedryf. Die artikels, wat in 2013 anti-ANC was, bedra ongeveer 20.

De Telegraaf was juis die koerant wat die oorlogskas van die ou Transvaal en die Oranje Vrijstaat gevul het en ’n regstreekse (telegraaf)-skakel met president Kruger gehad het. So het die koerant as eerste die nuus van die boereslagveld gekry. Die koerant het groot aandeel gehad in die Nederlandse steun aan die Boererepublieke. Die koerant het met sy “brekende nuus” die Nederlandse bevolking so opgesweep dat die koms van Kruger na Holland die eerste grote feeste was – dalk die voorloper van vandag se oranjegekte. Die storie van ‘n bordjie in ’n Utrechtse restaurant waar president Kruger geëet het, het baie bekend geword: Dit is president Kruger, moenie aanraak nie, hy leef.”

Feit is dat De Telegraaf die enigste regse en konserwatiewe koerant van Nederland is. Die res, met uitsondering van die Reformatorisch Dagblad, is maar links of progressief. Maar De Telegraaf is die grootste met daagliks 2 miljoen lesers per dag.

In 2013 het slegs 3 Nederlandse joernaliste in Suid-Afrika gewoon. Twee bly in Johannesburg en een woon gedeeltelik in SA en in NL. Van hierdie joernaliste is twee van De Telegraaf. Joël Roerig is vaste Telegraaf-joernalis in Johannesburg. In Johannesburg bly ook die joernalis Ellis van Gelder wat veral bekendheid gekry het met haar anti-Afrikaner bydrae “Afrikanerbloed”, wat oor die rassistiese Kommandokorps gaan. Verder woon Catherine Keyl, ‘n bekende televisie aanbieder en die dame in hierdie ophef, deels in Kaapstad en Amsterdam. Die staatsnuusdiens NOS het sedert Oktober na 2 jaar afwesigheid weer ’n pos in Kaapstad met die ster-joernalist Bram Vermeulen.

De Telegraaf het sedert die FIFA Wêreldbeker Sokker in 2010 die Nederlandse beriggewing oor Suid-Afrika oopgebreek. De Telegraaf was die eerste koerant wat openlik teen die ANC geskryf het – met name oor Julius Malema se haatspraak en die houding van die ANC ten opsigte van die Suid-Afrikaanse demokrasie. De Telegraaf het daarin geslaag om moorde op Nederlanders in Suid-Afrika (daar woon baie Nederlanders in Kaapstad, Bloemfontein en rond Pretoria) te link aan die wanbestuur van die ANC. Dit het byvoorbeeld na die moord op Riet Vuyk (in die Oos-Kaap) en die moord op ’n Nederlandse boer in Boschkop gebeur. Selfs AfriForum en Solidariteit is vir die koerant geen onbekende organisasies nie. Tussen 2006 en 2010 het De Telegraaf Geert Wilders van die Partij voor de Vryheid – een van Dan Roodt se “politieke vriende”) groot gemaak.

Terug na die storie rondom Cornelia de Wet. Dit is vuil om slegs hierdie Nederlandse joernalis aan te val, aangesien alle Afrikaanse en Nederlandse en talle anderstalige media ook oor die storie geskryf het. PRAAG kon maar dieselfde gedoen het met Naspers se joernaliste of met die joernaliste van Maroela Media. Dit is immers nie die leuens van die joernaliste nie, maar die leuens van Cornelia de Wet self!

Nou was ek nuuskierig na die beriggewing van PRAAG rondom die storie van Cornelia de Wet. Dus ek soek “Cornelia de Wet” op PRAAG se webwerf. Anders as die Telegraaf-beskuldiging was geen resultate nie.

Dus PRAAG het geen artikels gepubliseer rondom die vae storie van Cornelia de Wet?!

Geen komplotte oor Cornelia de Wet nie?

Of het PRAAG sy eie artikels verwyder om sy eie stories – wat heel moontlik gelyk is aan die van Catherine Keyl en baie ander joernaliste – te verdoesel?

En ‘n Hollandse haatveldtog teen Afrikaners? Apartheid is lankal verby – nes die Hollandse haatveldtogte. Dalk vergeet PRAAG van die feit.

Ek wonder of PRAAG ‘n verborge agenda het om ‘n anti-Nederlandse veldtog te voer. Die belang van samewerking tussen Afrikaners en Nederlanders is tog baie groter as die klein rubriek wat Catherine Keyl skryf, nè?

Advertisements

7 comments

  1. Baie interessante stuk wat jy geskryf het, Christian. Ekself het die artikel gelees op Praag.Dit pla egter dat n verslaggewer en n koerant foutiewe berigte kan plaas,veral as dit gaan oor plaasmoorde.In hierdie geval moet die verslaggewer aangespreek word en stappe geneem word. Mens maak tog seker jou feite is reg en die persone by wie jy jou inligting kry praat die waarheid. Die verslaggewer en koerant het fouteer in hierdie geval en mens moet ook net noem die koerant het n verskoning gepubliseer om die saak reg te stel. Feit is egter dat sulke foute nie gemaak moet word nie,nie met sensitiewe sake soos plaasmoorde nie.

    • Net n regstelling: Catherin Keyl het gese sy sal n regstelling maak,maar mens weet nie of dit al gedoen is nie,ek neem aan die koerant het dit gedoen? In elk geval,mens moet maar seker maak vd feite wanneer plaasmoorde te sprake is.

      • Ek stem nie saam dat die koerant (of Keyl) ‘n fout gemaak het nie. Die koerant het naamlik gesê dat Cornelia de Wet, ‘n AWB-regering, die bewerings gedoen het. Die koerant het nie geskryf dat wat “mevr.” De Wet gesê het, waar is. Die koerant het net berig dat ‘n AWB-lid die bewering gedoen het. En dit is nog steeds ‘n juiste konstatering. Dit is mevrou de Wet wat lieg, nie die koerant nie. Die koerant het berig dat Cornelia de Wet dit gesê het, ongeag die feit of De Wet reg of nie reg was nie. Die koerant is dus reg… Dit was De Wet wat gelieg het.

        En as die koerant ‘n regstelling moes publiseer, moet honderde koerante wêreldwyd dit doen, want koerante en ander nuusmedia regoor die wêreld het die berig gepubliseer…

        Maar moenie worrie nie. Die Nederlandse boere steun AfriForum en TLU-SA. Die Nederlandse parlement het in 2012 amper ‘n mosie aangeneem wat die geweld teen Afrikaners veroordeel. Ongelukkig was die mosie gestem met 81 teen en 69 voor. Maar wie kon in 1994 dink dat 69 Nederlandse parlementslede vir ‘n mosie sou stem wat die geweld teen Afrikaners veroordeel?! Die mosie het amper die meerderheid (76 stemme) bereik!

  2. Hierdie is nie die eerste keer wat PRAAG gesonde verhoudinge versuur nie. Praag met hulle opswepery het al mense hulle werk (bane) laat verloor.

    PRAAG was ook een van die grootste voorbokke in die boikot-naspers stryd.

    Ons praat hier van mense wat aktief geveg het vir die versmoring van die Afrikaanse taal se kapasiteite, en dit onder die naam van die ‘Pro Afrikaanse Aksiegroep’ nogal!

    Ja, net soos in die laaaaang jare van apartheid, is die Boerenasie en die Afrikaners, maar spesifiek die Boere, hulle eie heel grootste vyand.

    Daar is NET een nuusdiens wat tot ‘n baie klein mate Nuus24 en media24 se skoene volstaan in Afrikaans, en dit is Maroela Media.

    Die res is nie nuus nie maar politieke lugkastele wat versier is met ‘ernstige’ nuus.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s