’n Besinning oor die strategie van die Demokratiese Alliansie

De Lille (l) en Zille (r) tydens die DA-kongres in 2010. (Foto: Demokratiese Alliansie/Wikimedia Commons)

Soos wat sake tans staan, beloof die 2014 algemene verkiesing om weereens ’n uiters vervelige verkiesing te wees. Die regerende African National Congress (ANC) gaan die verkiesing gerieflik wen. Die moontlikheid bestaan wel dat die ANC tot onder die 60% kan daal. Dit is onwaarskynlik dat die ANC groot getalle steun sal verloor. Dit is veel eerder dat die wegblystem ’n invloed op die uitslag kan he. Klein nispartye soos die ACDP, VF plus en die UDM, sal verbete veg om hulle handjievol stemme in die parlement te hou. Maar soos wat die Suid-Afrikaanse identiteit meer en meer verweef gaan begin word, so gaan partye wat gebou is op grond van ras en godsdiens al meer en meer steun verloor. Die enigste groot buiteperde in hierdie verkiesing is die nuwe partye, maar dan veral Malema se EFF, maar die EFF gaan na alle waarskynlikheid maar sukkel om die mas op te kom. Die probleem vir die EFF is die tekort aan leiers wat gesag afdwing.

Maar al gaan die 2014 verkiesing maar droog wees, beloof dit om nogtans ’n opwindende politieke jaar te wees. Ons amptelike opposisie vir die volgende 5 jaar, gaan na alle waarskynlikheid weer die Demokratiese Alliansie (DA) wees. Die DA het ’n sterk houvas op die opposisiepolitiek. Daar is heelwat redes hiervoor, maar iets wat my die afgelope aantal jare fassineer, is die topleierskap van die DA. Helen Zille is ’n baie dinamiese leier wat die DA na ongekende hoogtes gevoer het. Maar daar is een leier wat ek dink die DA nie na regte ontplooi nie.

Dit wil voorkom of die DA besig is om vir Lindiwe Mazibuko te skool om eendag die leisels by Zille oor te neem. Ek weet nie of dit regtig so is nie, maar dit is die indruk wat geskep word. Maar volgens my is Mazibuko nie die een wat die DA na nóg groter hoogtes kan lei as Zille nie. Inteendeel, Mazibuko het ’n bepaalde reputasie – sy word gesien as die ‘token’ as ’n puppet, en as die ‘tea girl’.

Ek vind dit verstommend dat die DA, met iemand met so baie struggle credentials as ’n Patricia de Lille in hulle geledere, verkies om Mazibuko so prominente plek te gee.

Maar die feit dat die DA hierdie drie ‘sterk vroue’, Zille, Mazibuko en De Lille, so dikwels inspan, veral in verkiesingsveldtogte, word baie wyd as oëverblindery beskou. Die DA is ’n party wat gedomineer word deur mans, en dan veral blanke mans. Dit is duidelik uit die samestelling van die Wes-Kaapse kabinet. Ook en veral die feit dat Mazibuko so vorentoe gestoot word, word as pure oëverblindery beskou deur baie mense.

Maar daar is wel een stem binne die DA wat, volgens my oordeel, oor die vermoë beskik om die DA na nuwe hoogtes te lei, en dit is hulle provinsiale leier in die mees magtigste provinsie van ons land, Gauteng, Mmusi Maimane. Maimane was, sover my kennis strek, self op sy dag ’n lid van die ANC. Sy algemene karakter dwing by my veel meer respek af as wat Mazibuko doen. Bo alles is en bly Suid-Afrika ’n patriargale land. Mense luister eenvoudig meer na mans as na vroue.

Ek sukkel om te verstaan hoekom die DA nie veel meer vir Maimane gebruik in hulle veldtogte nie. Die nuusbriewe word gedomineer deur een mens. Die plakkate word gedomineer deur drie vroue. Die enkele kere wat mens vir Maimane sien waar hy aangehaal word in die media, het sy styl nogal heelwat gesag afgedwing.

Hoekom word daar, in ’n party wat oorheers word deur mans, van vroue gebruik om die gesig van die party te wees? Dit maak tog nie baie sin nie?

Ek het hierdie saak goed oordink. Miskien wil die DA, deur Maimane grootliks in Gauteng te ontplooi, poog om eers dáárdie provinsie in te palm (nie dat ek oortuig is die DA sal ooit Gauteng kan inpalm nie, maar met E-tol is daar tans reuse weersin in die Zuma geleide ANC). Maar op die lange duur, dink ek, sal die DA ’n reuse fout maak, deur vir Mazibuko die groot gesig van die party te hou. Meneer Maimane het wat my betref baie meer ‘struggle credentials’ en gesag as wat me. Mazibuko ooit in haar lewe sal he.

Advertisements

2 comments

  1. Die DA het interne struwelinge en gaan homself vernietig. Die DA en ANC verskil nie meer veel van mekaar nie.Die DA het sy rug gedraai op die Afrikaner en minderheidsgroepe. Partye wat sterk staan op Christelike beginsels en minderheidsregte,soos die VF PLUS, gaan beslis nie verdwyn nie,maar n groter rol begin speel in Suid Afrika se politiek. Die verkiesing gaan allermins vervelig wees. So,registreer en gaan stem.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s