Vryheidsfront Plus se opinie oor matriekuitslae dra water

Ek is lankal geïrriteerd met die politieke partye in Suid-Afrika, wat elke jaar op dieselfde bootjie spring. Hulle soek ’n swak matriekslaagsyfer. Hulle smag daarna. Kry hulle dit nie, dan sê hulle dis onmoontlik dat die slaagsyfer kon verbeter – onmoontlik! Enigste antwoord moet wees dat die standaarde hopeloos te laag geword het. Soveel vakke met 30 persent en soveel met 40 persent – ongehoord. Maar wat regtig vreemd is, is hoe dit al regtig baie baie jare die norm is, maar eers nou skielik bevraagteken word.

Ek is nie iemand wat dikwels saamstem met die Vryheidsfront Plus nie. Die afgelope tyd is daar nogal heelwat pro-VF plus mense wat sterk op die Afrikaanse Opinieplatform deelneem en ek sou graag ook meer ander stemme wou hoor. Self steun ek natuurlik geen spesifieke party nie. Die gevolg is dat ek maklik krediet kan gee waar dit toekom, en een ding wat ek geneig is om saam mee te stem met die VF plus, is dat die onderwysstelsel van Suid-Afrika nie presies so sleg is soos wat die koor van stemme elke jaar te kenne wil gee nie. So, word daar berig, het die VF plus onlangs op die uitslae gereageer.

Is dit ook werklik gesond om ons eie land met ander lande te vergelyk? Het ons dan nie ons eie unieke behoeftes? Ons eie unieke uitdagings nie?

Die ou lekker vuishou wat so baie mos graag plant op die jaarlikse uitslae is mos daai ding van – nou ja toe, kyk nou maar of julle werk kry met daardie matrieksertifikaatjies van julle. Die mense wat natuurlik die graagste hierdie dinge kwytgeraak het, was mense wat jonk was in die jare toe die wêreldekonomie deur ’n bloeitydperk gegaan het. Die jare toe jy met standerd 8 ’n goeie werk kon kry, en met matriek selfs beter. Dit is boonop ook dikwels die geslag mense wat deur apartheidswette bevoordeel was, veral as jy ook NG en NP was.

Ons lewe ongelukkig in ’n wêreld wat baie min empatie gee. Ja, ons het kerke en tempels en moskees en nogmaals kerke en tempels en moskees en teoloë, maar soms lyk dit my hoe meer van hierdie dinge ons het, hoe minder empatie en liefde het ons vir mekaar.

Ek wil ’n voorspelling waag – dat 2013 se matrieks, wat deur so baie mense afgeskiet word, beslis deur rowwe tye sal gaan, maar dat hulle groot dinge sal doen. Nes 2012 se matrieks, en die jaar voor hulle en die jaar voor hulle. Daar was in my jare, toe ek op skool was, ook maar gesê daar gaan niks van hulle word nie. En baie mense het nogal verbasend baie reggekry hoor! Ten spyte van als wat gesê was.

Advertisements

2 comments

  1. Dankie vir hierdie positiewe artikel, Barend. Al twyfel ek nou om “die vlag heeltemal uit te hang”, want “water dra” beteken in Nederlands iets negatief, terwyl ek dink jy bedoel hier ‘n positiewe ding? #taalverwarring #fail

    Jong mense is baie sterk! Die oudjes moeten ons maat niet onderschatten!

  2. Ja aarde dinge is mos dikwels omgekeerd daar by julle as dit by woorde kom.

    Wag laat ek gou gaan stort more is weer ‘n lang dag.

    😉

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s