2013: Die jaar van die digitale (self?)dood van Afrikaanse media

Nuus24 was een van die vier Afrikaanse media van Naspers wat in 2013 gesluit is. (Foto: Bryan Porter/Wikimedia Commons)

Om anti-Naspers (Naspes) te wees was op een stadium die coolste ding wat jy kon doen op Facebook in 2013.

Vandag pluk ons die vrugte van die weersin teen rasionaliteit waaraan die “boikot Naspers” veldtog gekenmerk was.

Gedurende die jaar 2013, ek sal dit nooit ooit vergeet nie, het ek, op erfenisdag, weer gekyk na die film ‘Sweet and Short’. Dis ’n film wat ek baie as kind gesien het. Oor en oor eintlik. In die film praat die baie beminde Riaan Cruywagen sowel as (wat later ‘Sê wie?’ en nóg later ‘stem DA’) se Niekie van den Berg (sou word) nie Afrikaans op die SAUK se nuusdiens nie, maar Xhosa. Dit was ’n groot grap in die Leon Shuster film – Riaan wat die nuus in ’n vreemde taal lees. En dit was natuurlik voor die jare van die internet.

Maar hoe profeties was dit nie? Wat ’n profeet was Leon Shuster nie?

Vandag kan ek, op NASPERS se webwerf, dieselfde NASPERS wat met Afrikaanse geld begin was, die nuus in Zoeloe lees, maar nie meer in Afrikaans nie.

En as sekere mense hulle sin kry, die mense met hulle boikot NASPERS bakkiesblad groepe, dan sal die laaste Afrikaanse koerante ook hulle deure sluit. Dan sal daar geen meer nasionale mondstuk in Afrikaans wees nie.

Dis dieselfde mense hierdie, wat onder skuilname, die mees vieslikste medemenslasterlikste kommentare op nuusberigte gelewer het. Tot die punt waar die nuusdienste raadop was. Waar die sluiting van die gratis diens na ’n goeie opsie begin lyk het.

En so veg sommige Afrikaanse mense vir hulle eie ondergang. Hulle veg téén redelike stemme. Hulle veg teen vryheid van gedagte en vryheid van uitdrukking, omdat hulle eenvoudig nie meer omgee vir die waarheid nie. Omdat hulle eerder na lugkastele wil luister as na harde nuus en harde opinie.

Hulle veg inderdaad, soos die een skrywer op die Afrikaanse Opinieplatform tereg opgemerk het, veg hierdie mense téén andere se regte. Hulle wil graag in so land bly, so land soos wat hulle geken het voor 1994.

En hulle is niks beter as die Nazi’s nie.

Maar gelukkig is die meerderheid van die Boerenasie gematigde en verdraagsame mense. So verdraagsaam dat hulle hul land gedeel het met ander mense, ja selfs nadat hulle eie NP leiers vir hulle leuens vertel het van selfbehoud. Van die bewaring van Afrikaans. Selfs na al die teleurstellings is meeste van hierdie mense steeds bereid om die land met ander mense te deel. Hulle vra net om dit te kry wat hulle vir ander gun.

En een so ding wat ons kort is ’n deeglike aanlyn nuusnetwerk wat onafhanklik van die SABC funksioneer.

Die kans dat ons dit ooit weer sal he, en nou meen ek ’n ordentlike een, lyk maar uiters skraal.

Dis ongelooflik wat sommige mense sal doen nét om ‘baas’ genoem te word.

Advertisements

One comment

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s