Lesersartikel: Registreer en stem in 2014 se verkiesing!

Opposisieleier Mandela stem in die 1994-verkiesings. (Foto: Paul Weinberg/Wikimedia Commons)

Met die 2014-verkiesing om die draai sal kiesers moet sorg dat hulle geregistreer is om te stem. Persone wat nie geregistreer is nie sal dus nie kan stem nie. Kiesers wat alreeds geregistreer is moet maar net seker maak by die Onafhanklike Verkiesingskomitee (OVK) dat dit wel nog die geval is.

Mense wat nog nie hul geregistreer het nie sal dit moet doen by hul plaaslike OVK kantoor of die naweek van die 8ste en 9de Februarie 2014, wanneer daar weer ‘n kieserregistrasienaweek sal wees. Kiesers wat alreeds geregistreer het kan dan ook hul details nagaan by die registrasiepunte op die naweek van die 8ste en 9de Februarie 2014.

Daarna is dit natuurlik belangrik om te gaan stem en nie weg te bly van die stembus nie. ‘n Wegblystem sal die ANC net bevoordeel en dis belangrik dat diegene wat gekant is teen die ANC wel gaan stem. Persone wat nie gaan stem nie, kan dus nie na die tyd kla en mor oor dinge wat nie reg is nie. Gebruik die verkiesing om die opposisie sterker te maak en die ANC swakker te maak.

Stem vir die party wie se waardes die naaste aan jou waardes is en ook werklik jou belange op die hart dra.  As jy sterk voel oor Christelike waardes, minderheidsregte en selfbeskikking dan kan n persoon beslis stem vir die Vryheidsfront-Plus. So sal elke persoon dan gaan stem vir die party van sy keuse.

Die 2014 verkiesing is baie belangrik, so sorg dat jy geregistreer is en gaan stem.

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Redakteursnota: Registreer op 8 en 9 Februarie. Kontroleer HIER aanlyn u stemregistrasiestatus. Ook Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, kan registreer en stem. Sien die webwerf van de Onafhanklike Verkiesingskomitee (www.elections.org.za) vir meer inligting.

Advertisements

20 comments

  1. Dit is ‘n goeie stuk hierdie van Frik Lotz. Net ‘n paar punte:

    1. Dit is netsoveel enige iemand reg om NIE te stem nie as wat dit hulle reg is om WEL te stem. As daar niemand op die lys is wat jy voel vir jou regte gaan staan nie, dan mag jy weier om te stem of jy mag ‘n ‘spoiled ballot’ uitbring.

    2. Die Vryheidsfront is wel Christelik, maar dit is Christelik volgens hulle eie norme van wat die term ‘Christen’ behels. Elke kerk en sekte op aarde het sy eie kultuur en definisie van ‘goeie Christenskap’. Volgens die Vryheidsfront plus definisie van wat ‘n “Christen” is (sowel as meeste ander sektes en kerke), is ek niks minder nie as ‘n goddelose heiden wat reguit op pad is na die hel. Dit is natuurlik omdat ek nie gaymense veroordeel en bestraf uit die Bybel nie. Ek glo wel in God wat ‘n tipe troos vir Vryheidsfront plus mense is, maar omdat ek gays onvoorwaardelik liefhet (selfs al is ek nie gay nie) word ek outomaties gediskwalifiseer vir die Vryheidsfront Plus paradys waar slegs Vryheidsfront Plus tipe mense heen sal gaan.

    3. Die Vryheidsfront was gestig om vir republikeinse Afrikaners ‘vryheid’ te gee – van daar die naam ‘Vryheidsfront’, maar dit het maar ‘n klein nisparty geword. Die Vryheidsfront se leier, doktor Mulder, het net soos die laaste leier van die Nasionale Party, meneer van Schalkwyk, ook maar lid van die ANC kabinet geword. Hy is dus lid van die Zuma kabinet, om meer spesifiek te wees – die Nkandla kabinet. ‘n Stem vir die VF plus het dus maar min met Jesus te doen soos wat hier beweer word. ‘n Stem vir die VF plus is een van JA – ONS WIL DEEL HE AAN DIE NKANDLA KABINET.

    Wat die uitslag van die verkiessing betref, daar is min partye wat die ANC enige kompetisie by die stembus sal gee. Dit kan dalk weer ‘n baie vervelige verkiessing word hierdie. Die enigste buiteperd is die EFF, maar die EFF gaan swaarkry op grond van Malema. Baie mense vertrou nie vir Malema nie.

    • ‘n Adjunkminister dien nie in die kabinet nie. Het jy dit nie geweet nie? Adjunk minister Mulder is allermins soos van Schalkwyk – hy het nooit ‘n lid van die ANC geword nie en sit elke dag steeds in die opposisie banke, v Schalkwyk is ‘n lid van die ANC en sit in die kabinet. Vra bietjie vir die land se boere wat dr. Mulder alles gedurende die afgelope paar jaar vir hierdie land se kommersiele landbousektor gedoen het, dan praat ons weer.

      • Adjunkministers is die minister se adjudant en word net soos die minister self, ook deur die president aangewys om die regerende ANC beleid te help implimenteer.

        Die adjunkminister knip net meer linte as die regte minister maar die beleid wat hulle implimenteer is presies dieselfde beleid.

        • Ek weet nie hoe dit presies in Suid-Afrika werk, maar in Europa het onderministers nooit dieselfde agenda as die minister, omdat hulle dikwels van verskillende partye is. Die onderminister word juis aangestel om ‘n bietjie teenstand te bied aan die minister van die departement om so die beleid beter te laat balanseer.

          Ek dink dr. Mulder se deelname aan die regering is ‘n goeie een waarvan boere regoor Suid-Afrika kan profiteer.

          • In Suid-Afrika is meeste adjunkministers natuurlik van die ANC self.

            Hy het seker sy redes hoekom hy in daardie kabinet dien. Maar ek gaan beslis nie vir hulle stem om weer hulle president in die kabinet te kry nie.

        • Dr. Mulder implementeer nie ANC beleid nie. Waar kom jy aan sulke dinge? Duidelik is jy onkundig oor dr. Mulder se adjunkministerskap. As jy die verklarings vd VF Plus gelees het,sou jy nie sulke onsinnige dinge kwytgeraak het nie. Wat van Tony Leon? Hy was n ambassadeur vir Suid Afrika. Hy het regeringsbeleid toegepas as ambassadeur. Het hy dan ook ANC beleid toegepas? Soos ons weet was hy voorheen leier vd DA en hy was groot teestander teen die ANC. Is daar dan nie n verskil tussen staat en party nie. Dr. Mulder is daar vir die boere en nie vir ander redes nie. Hy val ook die ANC gereeld aan en staan op vir ons mense.Wie wou jy daar gehad het? Iemand vd SAKP of Cosatu? Nee my vriend,kry jou feite reg voor jy kommentaar lewer.

          • Is en bly die Nkandla kabinet waarin die VF plus dien. Dit is geen wonder nie dat die meeste sogenaamde ‘Afrikaners’ DA stem. Ek stem nie self vir die DA nie. Ek vertrou nog die DA, nog die VF plus wat beweer hulle praat namens ‘die Afrikaner’ al stem meeste Boere DA. En wat Tony Leon betref, hy was uit die politiek toe hy in suid-amerika gaan werk het. Vryheidsfront wil opposisie wees maar op dieselfde tyd namens die grootminister linte knip en hoekstene le. Ek is jammer maar ek sukkel maar om dit te verstaan.

  2. Barend val soos gewoonlik weer die VE Plus aan met argumente wat nie water hou nie. Duidelik weet hy nie waarvoor die VF Plus staan nie en nog meer het hy geen idee wat dr. Pieter Mulder se rol as adjunkminister is nie. Kyk bietjie meer nuus op TV,lees die koerante en gaan kyk na die VF Plus se webwerwe,dan sal jy hopelik iets wys word.

  3. Ek sal nie verander nie, maar ek aanvaar jy steun die Vryheidsfront plus. Dis jou reg. Dis ook my reg om te verskil van die Vryheidsfront plus se visie.

    • Verskil gerus, maar moenie foutiewe aantygings maak nie. Kry eers al die feite en vorm dan jou opinie. As mens jou skrywe hierbo lees, dan wil dit voorkom dat jy dink jy weet iets van die VF Plus, maar inderwaarheid is jou kennis en opinie rondom die onderwerp heel beperk.

  4. Ek het geen probleem daarmee as iemand n ander party ondersteun en die VF Plus aanvat nie.Dis gesonde debat en dis hoe n demokratiese stelsel werk,maar dan moet daar nie ongegronde stellings en vae veralgemenings gemaak word nie.

  5. Terloops,dit staan duidelik in die Bybel,wat God se onfeilbare Woord is,waar God vir ons sê dat n homoseksuele lewenswyse sondig en onaanvaarbaar is. Dis nie wat mense sê nie,maar God self. So,as iemand verskil daarmee, dan moet hul maar die saak met God self uitmaak.

  6. Bybel seg ook die aarde staan op pilare. Ook dat gays doodgemaak moet word wat teen ons Grondwet is. Ook dat vroue hoede moet dra.

    Kyk ek stry nie met jou nie. Ek wil nie met jou baklei nie. Al wat ek se is daar is ook ander soorte Christene, meer gay-vriendelike Christene, wat nie die Bybel soos ‘n wetboek lees waarmee andere gepiets moet word nie.

    Ek is jammer maar ek kan nie anders as om jou en jou party te kritiseer nie. Ek is seker julle is baie gawe mense as julle nie so veroordeel nie. Maar ek voel ek sal my godsdiens versuim deur stil te bly.

    • Ek weet van BAIE charismatiese Christene in die VF Plus – ons is beslis nie ‘n groep konserwatiewes wat met swart pakke rondloop en almal veroordeel nie. Dis jammer dat jy met daardie prentjie van die VF in jou kop rondloop. Woon miskien ‘n VF Federale Raadsvergadering by en sien vir jouself hoe dit werk.

    • Ek as liberale Christen in Holland kan nie sien hoekom ons die ene vers in die Bybel liewer vergeet terwille van vooruitgang en ontwikkeling, terwyl ons vashou aan die ander – mensonterende – verse. As vroue mag werk, deelneem in die politiek, ens, moet gays ook kan trou. Hoe verklaar jy anders die verskil wat jy as gelowige trek?

      Wat dink jy van die anti-gaywette in Uganda, wat gays tot ‘n lewenslange gevangenisstraf gee? Is dit in lyn met die Christendom en die gebod van naasteliefde? En hoekom sou ons die burgemeester van ons dorp wat stiekem met die vrou van die posbode die bed induik en owerspel pleeg, maar liewer sy sondes vergeet? Die burgemeester doen immers iets wat teen die 10 gebooie indruis, terwyl die gays nie eers genoem word die 10 gebooie nie en slegs op 5(!) plekke INDIREK veroordeel word. Buitendien staan daar in die Bybel dat ons nie hoef te oordeel nie. Dit is SY reg, nè?

      • Dis waar… in beginsel is ek teen gay huwelike gekant omdat ek dit vanuit ‘n natuuroogpunt (in terme van natuurlike voortplanting) eerder as ‘n geloofoogpunt beskou. Dis eenvoudig nie natuurlik nie.

        Nietemin, as mens gay wil wees dan moet jy vry wees om die keuse te maak. Mens moet ook vry wees om deel van die samelewing te vorm. Jy moet egter aanvaar dat daar mense soos ek is wat jou keuse as onnatuurlik beskou en jy moet bereid wees om my opinie te respekteer, soos ek ‘n gay persoon se opinie rondom die aangeleentheid sal respekteer.

        Die VF Plus is wel ‘n party wat teen gay huwelike gekant is. Dis een van die redes waarom ek vir die VF sal stem. Soos Fritz hierbo se: “Stem vir die party wie se waardes die naaste aan jou waardes is en ook werklik jou belange op die hart dra.”

        • Ek dink ek verstaan wat jy bedoel, maar dalk het ek my vraag ‘n bietjie verkeerd gestel. Watter belang het ‘n Christen, hetero, getroud daarby om gay huwelike te verbied? En hoe is verhouding van hierdie belang tot die (minderheids)regte wat jou groep van ander groepe kry? Hoe verklaar jy jou eie regte in verband met die regte wat jy aan ander groepe gee?

          In Nederland is die verhouding tussen gelowiges en ongelowiges baie anders as in Suid-Afrika. Die komplekse verhouding Nederland is heel moontlik vergelykbaar met die verhouding tussen die verskillende bevolkingsgroepe in SA. Gelowiges in Nederland het gesê: die gay huwelike is nie ons saak nie. Die gemeenskap wat dit aangaan moet daar self oor besluit. Die Nederlandse kerke het geen belang daarin, aangesien hulle 1) geen (wetlike) huwelike kan sluit nie en 2) mense wat gay huwelike deurgaans geen lid van ‘n kerk is nie. Die kerke het ‘n standpunt, maar as hulle gaan roep oor regte waaroor die kerk nie kan besluit nie, gaan die ongelowiges roep oor kerklike regte waar die ongelowiges geen belang in het. Soewereiniteit in eie kring (Abrabam Kuyper) is daar die ideologiese agtergrond van.

          Nou stry die gelowiges en ongelowiges oor die Sondagsrus. In Nederland is alle winkels standaard op Sondag gesluit, maar die ongelowige meerderheid wil die besluit nou oorlaat aan die munisipaliteite (en dus lokale demografie en geloofsgetalle gebruik). Dit beteken byvoorbeeld dat die winkels in my munisipaliteit steeds gesluit sal wees, maar die winkels in Amsterdam op Sondag mag oopmaak. Die gelowiges wou in hierdie debat egter die ongelowige meerderheid dwing om alle winkels gesluit te hou. Die debat word nog steeds gevoer, maar in die tussentyd het die ongelowiges die verbod op godslastering uit die strafwetboek geskrap. Dit was eers ruil-materiaal, maar die gelowige minderheid wou nie verbod op godslastering hou en instem met die desentralisering van die winkel-tye-wet nie.

          Maar ek stem seker saam met jou sowel as Frik Lotz se standpunt dat enigiemand moet stem op die party “wie se waardes die naaste aan jou waardes is en ook werklik jou belange op die hart dra.”.

          Dit was werklik verstommend om te sien hoe ‘n land wat soveel gelowiges tel soos Suid-Afrika, nie eers sy winkels op Sondag sluit nie – tot in Orania aan toe. Maar êrens is dit ook weer logies (en tolerant): Ek beslis nie vir jou of jy op Sondag winkel toe mag gaan (of nie), ek kan net besluit of EK op Sondag winkel toe wil gaan en as EK van die Sondagsrus hou, kan EK besluit om die winkel op Sondag te vermy.

          Maar om terug te kyk na die begin. Watter belang het jy daarby om ‘n ander se regte in te perk?

          (En sonder daarom te stry, ek dink nie gay wéés is onnatuurlik nie, daar is talle van diersoorte waar homoseksualiteit voorkom, ek dink eerder dit is nie die norm, omdat gays nie voortplant nie (hoewel die stelling ook al te beperk is) en daarmee word hoog uit die “aksie” “onnatuurlik” (vanuit die oogpunt van voortplanting). Ook is “bewys” dat gay wees nie ‘n keuse is (gays word gebore/niemand wil gay wees nie) – gay doen is wel ‘n keuse, en weens hierdie feit ken die Nederlandse wet die “enkele feit konstruksie”. Christelike skole (wat in NL per definisie met staatsgeld betaal word), mag nie ‘n dosent ontslaan “enkel weens die feit” dat hy/sy gay is nie, slegs as die dosent gay “doen” (binne en buite ‘n verhouding), mag die dosent ontslaan word. Maar hierdie reël is tans onder vuur in NL) (maar dit is bysaak in my antwoord).

          Maar in elk geval, sterke met Die Ou Karooplaas Winkelsentrum. Hoop julle kan iewers hierdie jaar oopmaak!

  7. Goeie kommentaar deur Quintin. Hy slaan die spyker op die kop en ek stem 100% saam met hom. Mense dink hul weet iets van dr. Mulder en die VF Plus,maar eintlik weet hul niks.Gay wees is ook soos jy sê n onnatuurlike verskynsel en dit druis ook in teen Christelike beginsels. Dis natuurlik elkeen se reg om te wees wie hy wil en te leef soos hy wil,want God het elkeen n vrye wil gegee,maar elkeen moet natuurlik eendag verantwoording doen aan God oor sy lewe.

  8. Ek dink ook nie dat homoseksualiteit onnatuurlik is nie.

    Veel meer onnatuurlik is die stringe nonsens wat die predikers met elke liewe sinode uitdink. Elke keer verander hulle hul storie oor wat om te glo en wat nie. As mens al die sinodes van die antieke tye tot vandag bestudeer, dan kry ek soms die indruk dat God ‘n irrasionele tiener moet wees.

    Vat nou vroue. Vir eeue der eeue der eeue mag vroue nie geboe of geba het in ‘n kerkdiens nie. Hulle was nie eens toegelaat om diaken te wees nie. En hulle moes kuile dra want so het Sint Paulus dit beveel in Bybel. Maar vandag mag vroue preek.

    En so verander die kerke en die predikers elke paar jaar hulle storie soos wat die heersende klas se kultuur verander.

    Maar gaymense was daar nog altyd. Hulle was net onderdruk deur die kultuur van patriargie.

    Nietemin, vrede vir julle almal. Ek het klaar gedebatteer oor hierdie dinge.

    Each to its own.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s