Afrikaners is mos rassiste, nè?

Eleanor Roosevelt, voorsitter van die VN se Komitee vir Menseregte, toon die Spaanse teks van die Universele Verklaring van Menseregte in November 1949 (Foto: Wikimedia Commons)

Die menseregtedebat onder Afrikaners is ‘n asemrowende debat. Nie asemrowend soos awesome nie, maar skokkend. Sommige Afrikaners is verklaard teenstanders van die “menseregte”. Daarmee misken hulle fundamentele regte van ander mense, soos:

  • die reg op lewe;
  • die reg op bestaanserkenning deur die staat;
  • die reg op gelyke behandeling ongeag velkleur, taal, afkoms of nasionaliteit;
  • die reg op ‘n eerlike proses sonder marteling;
  • die reg op eiendom;
  • die reg op onderwys en meer.

Is dit nie sake wat vir almal moet geld? Nee?

Sommige Afrikaners is teen menseregte, omdat hulle dit as anti-Christelik beskou. Hoekom? Ek verstaan hierdie argumentasie nie. Werklik. Ek verstaan dit nie. Dit is dalk een van die min sake van Afrikaners wat ek nie verstaan nie. Miskien is dit ‘n oorblyfsel van apartheid, want die stelsel het 17 (!) van die 30 menseregte geskend.

As ‘n minderheid het Afrikaners juis belang by die menseregte. Dit beskerm Afrikaners teen wraakaksies van die ANC. Dat daar ‘n klousule bestaan wat die Afrikaners uitsonder van aanspraak op die menseregte is bloot ‘n leuen. Niks anders nie. ‘n LEUEN!

Selfs uiters liberale en verligte Afrikaners het darem maar weerstand teen die menseregte.

Dit terwyl die menseregte as ‘n moderne vertaling van die Bybelse regte beskou kan word. Die opstellers van die Universele Verklaring van Menseregte, waarin die menseregte gevat is, was Christelike mans van dikwels Europese, Amerikaanse of ander westerse agtergrond.

Ja, een van die regte is vryheid van godsdiens. Is dit anti-Christelik? Ek dink nie so nie. In talle lande word Christene vervolg, onderdruk en hul bestaan ontken. Juis weens hierdie reg (artikel 18) het Saoedi-Arabië en ander Islamitiese lande geweier om die Verklaring te teken. In hierdie lande is geen vryheid van godsdiens. Vryheid van Godsdiens kan veranderinge in hierdie lande bring. Ons moenie bang wees vir ander godsdienste nie. Op die ou einde sal God besluit dat alle mense in die wêreld Sy woord glo. Die mense wat die reg op vryheid van Godsdiens ontken, ontken ook maar Sy mag om die mensdom onder Hom te skaar. Kyk na die groei van die Christendom in die laaste 400 jaar – Hy is lankal besig om Sy plan uit te voer.

Nee wat, menseregte is nie slegs vir vér-linkse en kommunistiese mense nie (die Sowjet-Unie het weens artikel 13 geweier die Verklaring te teken). Mense regte is vir ons almal. Vir jou, my en Jan Alleman.

Nee, ek is nie geen vrymesselaar nie. Ek is geen kommunis nie. Ek is geen ANC-ondersteuner nie. Ek is ‘n gelowige. Ek is nie links nie – ek verafsku linkses wat jou verplig hul menings te aanvaar.

Maar ongelukkig is dit presies wat ek hier tans in hierdie artikel doen. Ek vra Afrikaners om die menseregte te respekteer, te aksepteer en te ondersteun. Om te doen wat hul regerings nooit gedoen het nie.

Want tans staan Afrikaners in die rytjie van China, Iran, Hamas, Soedan, Taliban, Egypte, Al-Qaida, Sirië en ander muishondregerings en -groepe. Die Afrikaner verdien beter. In Hemelsnaam, steun die menseregte (en gebruik dit om die ANC onder te kry)!

Want die titel van hierdie artikel is mos ewe onsinnig as die Afrikaner se afwysing van die menseregte, nè?

Nota: Lees hier die Afrikaanse weergawe van die 30 fundamentele regte van die mens.

Advertisements

3 comments

  1. Ek kan miskien die verskynsel verklaar. Die vromes het redeneer dat menseregte nie nodig is nie – gehoorsaamheid aan God (insluitende die liefdesgebod) is voldoende.
    En in teorie sou daar sosiale geregtigheid kon wees as almal aan Jesus se liefdesgebod gehoorsaam was. Maar die werklikheid was die teenoorgestelde. Christene in SA (soos ook elders) het bewys dat Christendom nie sosiale geregtigheid veel aanhelp nie, en dat menseregte wel nodig is.

  2. Dit is gelukkig die minderheid wat die naarste rassiste is en die meeste skade maak.

    Die meeste Afrikaners sal nooit by die verregse organisasies aansluit nie. Die meeste Afrikaners is gematigde mense wat vrede soek en vir andere gun wat hulle vir hulleself eis.

    Die feit dat die meerderheid Afrikaners nie swartmense haat nie, word deur die verregses en reaksionere mense verpes. Sulke Afrikners word dikwels as ‘pienk’ gebrandmerk – en dit net omdat hulle Jesus se gebod van naasteliefde wil volhou.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s