2013: die dekade van Rusland begin

Rusland se mag groei. Ook op die water (Foto: http://www.kremlin.ru)

Die verdrietige Rusland van die 90’s en die 00’s is verby. Vandag is Rusland weer ‘n sterke land. Ongelukkig nie met sterk demokratiese waardes nie, maar met ‘n outoritêre president wat in die buiteland meer en meer gevrees word.

Hierdie jaar was daar reeds verskeie magsinsidente tussen Rusland aan die een kant en Europa en Amerika aan die ander kant. En die magsverhoudinge raak tans gevaarlik vir die weste.

Vanjaar se Nederlands-Russiese vriendskapsjaar het met talle insidente verloop, met as dieptepunt (1) die anti-Russiese betogings tydens president Poetin se besoek aan Nederland, (2) die arrestasie van Greenpeace-aktiviste en die inbeslagneming van hul Nederlandse skip deur Rusland, (3) ‘n Russiese diplomaat, wat deur die Nederlandse gearresteer is, omdat hy sy kinders mishandel het en (4) die aanrading van ‘n Nederlandse diplomaat in Moskou.

Vliegtuie van die Russiese Lugmag vertoon hulself al meer en meer bo Wes-Europa. Nederlandse, Duitse, Deense en Noorse gevegsvliegtuie moet dikwels opstyg om die Russiese indringers te volg. In 2012 het die Russiese Lugmag ‘n skynaanval uitgevoer op Stockholm, die hoofstad van die neutrale Swede. Rusland kan dit redelik ongestraf doen, want Swede behoort niet tot die westerse NAVO-militêre bondgenootskap nie. Die Sweedse Lugmag het tydens hierdie aanval vredig verder geslaap. Dalk het die Swede gedroom dat hulle met hul Gripen-jagvliegtuie die Russe kon stop. Daardie lugmag kan maar verder droom, want hulle het die Russiese lugvloot nie eers op die radar gesien nie.

Rusland se president het ook vanjaar se stryd om Sirië gewen. Terwyl president Assad van Sirië chemiese wapens gebruik het – in die weste beskou as ‘n rooi lyn – het Poetin daarin geslaag om ‘n westerse aanval op Sirië te keer.

Nee, dit was beslis nie alles nie… Vandag se stryd gaan oor ‘n land. Die Oekraïne is ‘n ou Sowjet-republiek en word deur Rusland as sy agterplaas beskou. ‘n Groot deel van die Oekraïners wil egter by Europa aansluit. ‘n Assosiasieverdrag tussen Oekraïne en die Europese Unie sou drie weke gelede gesluit word. Die president van Oekraïne het egter na jare se onderhandelings geweier om die verdrag te teken. Hy het 200 miljard rand se Europese investerings in sy land geëis. Die Europese Unie het slegs 2,5 miljard rand gebied, omdat die Oekraïne gepla word deur korrupsie.

Die bevolking van Oekraïne is egter ook niet stil nie. Vir weke betoog al meer as 500 000 mense in die hoofstad Kiëf teen die regering se besluit om die verdrag met die Europese Unie nie te onderteken nie. Ook betoog hulle teen die invloed van Rusland op Oekraïne. Die president van Oekraïne het hom egter nie gesteur aan die betogings, want hoewel daar tydens die betogings onderhandelinge tussen die Europese Unie, die opposisie en die regering van Oekraïne was, het die president van Oekraïne na Moskou gereis en daar ‘n verdrag geteken tussen Rusland en Oekraïne. Oekraïne gaan deel wees van die Russiese doeaneunie en kry lenings ter waarde van 110 miljard rand. Die opposisie in Oekraïne was woedend en die opposisieleier het die president van Oekraïne ‘n landverraaier genoem.

Ook het Poetin die grootste Russiese nuusagentskap “hervorm” en sy grip op die agentskap en ander media verstewig.

Daar lyk geen ander konklusie te maak nie: Rusland eis sy magsposisie terug. Via die linker of die regter pad. Reg of verkeerd. Wes-Europeërs kan maar weer leer bang wees, want die gebrul van die Russiese Beer raak al hoe harder.

Advertisements

5 comments

  1. Christian,weer n goeie stuk wat deur jou geskryf is. Rusland is besig om sy spiere te bult en gaan n groot rol speel in die komende jare regoor die wereld. Die Russiese beer het inderdaad ontwaak en hy begin brul. Hou ons maar op hoogte as jy van verwikkelinge hoor wat Rusland betref.

  2. […] Die Olimpiese Spele is duidelik ‘n projek van die Russiese president. Sonder sy inset sou die Spele nooit na Sotsji gekom het nie. Die luukse vakansieoord vir Rusland se rykstes. Slegs Poetin kon sy oë toemaak vir die oogverblindende korrupsie rondom die Spele. Die Spele is sy speletjie. Hy wil toon dat Rusland terug is. Terug op die wêreldtoneel. Daarvan getuig ook die magsvertoon wat Rusland in 2013 vertoon het. […]

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s