Onsekere tye wat voorle

Wat het ons in Suid-Afrika nodig? Ek weet nie. Ek is ’n passievolle Suid-Afrikaner. Ek het al die mense van my land lief. Die een nie meer as die ander nie. Ja, ek is lief vir my Afrikaanse (Nederlandse) taal, maar ek het haar nie meer lief as die ander mense wat ander tale praat nie. Ek het al my land se mense lief. Ons is die land wat meer as baie ander lande probeer om saam te lewe. En ons kry dit reg op ons tipe manier.

Om my vraag te antwoord, wat het ons nodig? Weer ’n ANC regering? Tyd vir ’n DA regering?

Ons almal weet daar is geen, maar geen manier waarop die regerende ANC die komende verkiesing gaan verloor nie. Die koalisies waarin die klein partyjies ingaan, is ook maar net grootliks om hulself te red.

2014 le om die draai. Dit gaan die ANC se grootste 5 jaar inlui. Die ANC gaan die 2014 verkiesing redelik gemaklik wen, maar dit gaan die laaste keer wees wat dinge so maklik gaan kom soos dit. 2014 gaan die eerste jaar van die ANC se heel laaste kans wees. As die ANC nie 2014 en die daaropvolgende jare gaan aangryp nie, dan kan dit gebeur dat hulle in 2019 die nasionale verskiesing kan verloor of deur een of ander koalisieregering ontsetel word.

Die ministeriële verslag oor die opgraderings by Nkandla is vandag bekendgemaak. Dit was, oral wat ek gesien het, nie goed ontvang nie. Die verslag verklap vir my min. Een ding wat dit wel verklap, is dat die ANC duidelik gemotiveerd is om die 2014 verkiesing met meneer Zuma aan die stuur aan te pak. Maar dit skep probleme. Daar was nog nooit in die verlede soveel spanning binne die drieparty alliansie soos juis nou nie. Daar word selfs gefluister dat die vakbonde eendag ’n eie sosialistiese party sal stig . . .

Asof Julius Malema se Ekonomiese Vryheidsvegters aan die een kant, en dokter Ramphele se Agang SA aan die ander kant, nie genoeg is nie!

Ons staar onsekere tye in die gesig in Suid-Afrika. Ek glo nog steeds dat Suid-Afrika eendag, dalk nog in my leeftyd, op ’n tweepartystaat gaan afstuur. Die DA gaan nie ander groot party wees nie. Die DA gaan dalk ’n vennoot daarin wees.

Die 2014 algemene verkiesing is een ding. Daar kom in 2016 ook al weer die plaaslike verkiesings. Dit is dan wanneer dinge gewoonlik lelik uitrafel in Suid-Afrika, en politieke moorde ’n daaglikse ding in ons land word . . .

Wat ons presies gaan benodig om hierdie land te laat slaag, dit weet ek nie. Ons gaan nugter leiers nodig he. Ons gaan mense nodig he wat met hulle breine en nie met hulle emosies dink nie. Maar bowenal gaan ons ons vriende nodig he. Ons vriende in Afrika, ons vriende in Nederland, ons vriende in die Verenigde State van Amerika, ons vriende reg oor die wêreld.

Advertisements

3 comments

  1. Die Kollektief vir Demokrasie is nie gestig om sogenaamde klein partytjies te red nie. Dis gedoen sodat daar na die verkiesing saamgewerk kan word oor punte waaroor daar ooreengekom is voor die verkiesing.Dis ook om groter samewerking daar te stel teen die ANC. Kiesers stem nog steeds vir die party van hul keuse want elke party behou sy identiteit en verteenwoordig sekere beginsels en belange waarmee kiesers identifiseer. Kiesers weet dat die partye in die Kollektief vir Demokrasie dan saamwerk na die verkiesing. Daar sal nooit n tweeparty stelsel in Suid Afrika wees nie want hier is verskeie volke,kulture,tale ens. en daarom is vele partye beter om na verskeie mense se behoeftes om te sien.

    • Die oorgrote meerderheid van Afrikaners (Boere) stem vir die DA. Dis net die Vryheidsfront met hulle paar honderdduisend volgelinge wat beweer hulle praat namens ‘die Afrikaner’ en namens ‘die Christen’.

      • Die Vryheidsfront Plus het nog NOOIT gesê hy praat namens die Afrikaner of die Christene nie. Hoe praat jy in elk geval namens iemand anders? Elke mens praat mos vir homself. Die DA is n party wat mens nie meer kan vertrou nie,want hul oggend en aandpraatjies is nie dieselfde nie. Hul voel in elk geval vere vir die Afrikaner en al hoe meer Afrikaners begin dit besef. Die VF Plus is n moderne party met werkbare idees wat ander partye,soos die DA, jare vooruit is. Ek stem VF Plus en is trots daarop!

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s