Eenheid nommer 25

So, met die gepraat van dat ons “mekaar op die skouer moet klop” hier op die Afrikaanse Opinieplatform, het ek besluit nee, vir wat wil ek wag tot iemand my dalk eendag wie weet wanneer op die skouer kom klop? Nee, ek doen dit sommer self! En watter beter dag as hierdie dag – die dag waarop ek my 25ste eenheid bloed aan die SANBS geskenk het. Dit is vir my ’n mylpaal. As deel van mens se vyf-en-twintigste skenking, ontvang jy as beloning ’n spesiale sleutelringetjie. Let op die getal ‘25’ op my sleutelringetjie, wat simbolies is van my 25 eenhede bloed wat ek geskenk het!

25

Daar was hierdie keer geen gratis bier nie. Ek het juis daai ander keer nooit by Spur uitgekom nie, so ek kon nooit my gratis bier gaan eis nie.

Maar daar was wel ’n ander verrassing. Vir my 4de skenking van 2013 – ’n wonderlike sterk handdoek!

25 handdoek

Hierdie handdoek gaan uitstekend te pas kom wanneer ek oor 8 dae vertrek na die Wes-Kaap vir ’n kort wegbreek! Ek gaan net 6 dae weg wees, 2 daarvan is op die pad. Maar 4 is net reg vir my. 4 beteken ek kan vlug net mooitjies die oomblik wat die familie onuithoudbaar vir my begin word, soos wat dit maar altyd gaan.

Advertisements

3 comments

    • Nee sjoe, ek het al op baie plekke geskenk. Reg oor Suid-Afrika

      So terloops, ek het gehoor die UV kampus se bloedbank gaan sluit. Die studente skenk te min. Dit beteken ek moet die stad inry. Urg. Maar ek doen dit graag.

  1. Thank you for another magnificent post. Where else could anybody get that type
    of information in such an ideal means of writing? I’ve a presentation subsequent week, and I am on the search for such information.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s