#MandelaDiens: Zuma uitgejou, Mbeki, De Klerk en Obama toegejuig

Vandag was die Nelson Mandela herdenkingsdiens. In Suid-Afrika, Namibië, Nederland en België het mense getwiet onder die hastag #MandelaDiens. Die opmerklikste tweets was wel van die Beeld-redaksie. Die redaksie se twiets was ook kroongetuies in die Nederlandse media (hier en hier).

Want ja, die twiets het die “skokkende gebeure” tydens die herdenkingsdiens vasgelê…

Adriaan Basson skryf:

Leané Meiring skryf:

https://twitter.com/LeazMeiring/status/410348957781729280

Lourensa Eckard skryf:

Pauli van Wyk skryf:

https://twitter.com/PaulivW/status/410363221514936321

Zuma is tans bykans vier keer uitgejou, terwyl Mbeki, De Klerk en Obama luidkeels toegejuig is…  Talle mense het na Obama se toespraak die stadion verlaat, nog voordat Zuma gespreek het…

Wat beteken dit vir Suid-Afrika?

Redakteursnota: Soms wil nie alle twiets laai nie. Ons verskoning. Om die twiet te lees, kliek net op die skakel.

Advertisements

4 comments

  1. Dit was nog ‘n kleurryke dag in Afrika!

    Madiba se heengaan laat die ANC, en die hele Suid-Afrika, met baie, baie groot vrae.

  2. Ok Ok, ek sal my mening lug.

    Ek het dit ‘n tyd gelede gese en ek dink steeds so – Zuma is vir baie Suid-Afrikaners ‘n inspirasie. Zuma het arm grootgeword en hy het sonder om laerskool te voltooi die hoogste posisie in die land bereik. Arm mense kyk op na hom.

    Sedert die implementering daarvan, het die regerende party die woede jeens e-tol onderskat. Terugskouend moes die ANC dalk daaraan gedink het om die gedenkdiens eerder in Durban of in die Kaap te hou.

    Ons moet onthou dat die meeste mense in Suid-Afrika arm is. Meeste het darem toegang tot een of ander vorm van die SABC se media. Maar die SABC is, net soos wat dit in die apartheidsjare was, die vriend van die regerende party:

    http://www.citypress.co.za/politics/sabc-bans-zuma-booing-news-broadcasts/

    Maar dat die uitjouery van president Zuma gevaarligte vir die regerende party laat flikker is vir my baie duidelik. Waar die ANC in 2009 reeds met ‘n omstrede man as presidentskandidaat die verkiessing aangedurf het, is daardie selfde man in 2013, die jaar voor die 2014 verkiessing, nou net soveel meer omstrede.

    Maar om die president nou te herroep is ook veel makliker gese as gedaan. Want dan word dit soos die polisiekommisarisse, waar die een na die ander herroep word.

    Ons moenie vergeet nie dat Thabo Mbeki, ons destydse president wat hartlik verwelkom was by dieselfde roudiens, ook herroep was om plek te maak vir iemand anders nie. Die ANC kan nie bekostig dat presidente voortdurend verwyder moet word uit hulle ampte nie, want elke keer maak dit skade en dit verdeel die party.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s