Teologie vir die Twyfelaar 11 – ‘Die boek Nelson’ as voorgestelde amendement tot die kanon

Die kanon is en was nog altyd ’n onderhandelde saak. En dit was nog nooit staties nie. Die Bybel wat ek lees, lyk heel anders as die geskrifte wat die antieke mense gelees het. Dié was met die hand geskryf en was nie saamgebind nie, want die tegnologie van boekebind het eers veel later ontstaan. En uiteindelik het die grootste mag groepering binne die kerk besluit watter boeke deel van die kanon moet word en watter nie. Met die reformasie is talle boeke uitgelaat uit die Protestantse Bybel – vir redes wat vandag maar baie verdag is.

Alles in ag genome is die Bybel ’n kosbare stuk wêrelderfenis. Dit vertel die verhale van mense van die antieke tye. In party van die verhale staan God sentraal. In andere speel God weinig tot geen rol nie. Daar is selfs boeke waar God gladnie eens in voorkom nie. Soos Ester.

Maar die wêreld het nie geëindig by die messiaanse Jode wat die tekste geproduseer het wat vandag as die ‘nuwe testament’ bekendstaan nie. Daar was ander heroïese figure deur die eeue. Daar was te veel om op te noem. En een van die heel grootstes het uit Suid-Afrika gekom, Nelson Mandela.

Sy verhaal is vir my meer as waardig om gekanoniseer te word. Hy het die grootste deel van sy lewe geoffer vir die welsyn van ander mense. Hy is vir terrorisme tronk toe gestuur. Hy het nooit ontken dat hy dit gedoen het, soos wat talle politici uit die apartheidsera ontken het dat hulle polisiemanne en ander amptenare beveel het om te moor nie. Inteendeel sy toespraak by die Rivonia verhoor, waar daar verwag is dat hy sal pleit vir sy lewe, was uiteindelik die grootste vernedering vir die regering. Hy was geskeduleer vir die dood, en hy was gereed daarvoor, meer as gereed en bereidwillig.

Die boek Nelson kan begin word deur te sê dat die Groot Gees eendag ’n man na ’n gebroke land toe gestuur het, soos wat Jona gestuur was, soos wat ook Jesus gestuur was. Keer, op keer, op keer, op vrugtelose keer, het hierdie man en die mense namens wie hy gepraat het, gevra vir vrede en gelykheid. Die 1950’s was die tyd van die ‘Defiance campaign’. Openlike verset teen die regering se diskriminerende wette. Maar al die vreedsame inisiatiewe van 40 jaar van ANC was begroet met geweld, vernedering, aggressie. Toe kom Robert Sobukwe se PAC met ’n meer militante aanslag – ruk in hulle massas op by polisiestasies sonder hulle pasboeke en vra om in die tronk gestop te word. En toe was daar Sharpeville . . .

Suid-Afrika was nooit weer dieselfde nie. Die ANC had nou geen keuse meer as om militant te word nie.

Mandela is uiteindelik gevang en gevonnis tot lewenslank. Hy is sy vryheid aangebied as hy alle geweld afsweer. Hy kon nie. Geweld was teen daai tyd, anders as vroeër, eenvoudig deel van die ‘struggle’. Dit was sy party se beleid. . . Maar hy het dikwels koppig teen sy eie koukus ingegaan. En aangehou onderhandel.

Toe hy uiteindelik, na 27 jaar in die tronk, vrygelaat was, het hy geen wrok gekoester nie. Hy het presies dieselfde man uit die tronk gestap as wat hy daar ingestap het. Trouens, hy kon tot dieselfde toespraak wat hy nagenoeg drie dekades vroeër gelees het, weer lees.

As Nelson Mandela minder uitdagend was as wat hy was, dan was hy nie Nelson Mandela nie. As hy minder intuïsie gehad het, dan was hy nie Nelson Mandela nie. As hy nie so ruim van gees was nie, dan was hy nie Nelson Mandela nie.

Maar hy was die man wat gaan tee drink het saam met Betsie Verwoerd op Orania. Dis g’n wonder dat die mense van Orania ook in hulle verklaring sy heengaan betreur het nie!

Ek dink dit is tyd dat ons ook die nuwe GROOT stories in ons kanon begin insluit. Die verhale van Moses en Josef ens. ens. – daar is niks verkeerd met daardie verhale nie. Ek dink egter ons kort wél iets soos ‘Die boek Nelson’ in ons Bybels. Ons kort dit sodat die geslagte wat sal kom, ook iets van hierdie man kan leer.

Volgens die geskrifte het Jesus het gesê – Jy moet jou naaste liefhe soos jouself. Dit is presies wat Nelson Mandela gedoen het. Madiba het andere voor homself gestel. Hy was tot bereid om te sterf vir ander mense.

Ek dink Jesus sou vir Madiba adore het.

Ons hoef nie net hartseer te wees nie. Ons kan deel in Mandela se grootheid. Ons kan fees vier en sy lewe vier – veral deur selfopofferend te lewe soos wat hy geleef het.

“Ek is nie ’n heilige nie, tensy jy ’n heilige beskou as ’n sondaar wat aanhou probeer.”
– NELSON MANDELA

Advertisements

3 comments

  1. Barend,met alle respek gesê,moet asb nie Nelson Mandela met God se Woord wat die Bybel is,vergelyk nie. Mandela was net n mens soos ek en jy,niks meer nie. Hoe kan jy dinge kwytraak soos dat n boek, Nelson Mandela,deel vd Bybel moet word? Dis God se Woord,nie net n storieboek nie. Duidelik is jou kennis vd die verlede em spesifiek die ANC maar bra gebrekkig. Die meeste van ons weet wat werklik gebeur het en laat ons nie mislei deur ANC propaganda nie.

  2. Ek dink nie Mandela se lewe was opwindend genoeg om deel van die Bybel te wees nie, ek dink ook nie sy opinies was interesant genoeg om in die Bybel te wees nie.
    ‘n Mens moet erken dat Nelson Mandela taamlik vervelig was.
    Van die mees opwindende goed wat hy gedoen het was die bomme in Ilovo en dit het skaars mense dood gemaak, een of twee dink ek. Na dit was dit maar alles politiek… VER-VE-LIG!
    Die enigste kanon waarin ek hom sal sit is die een wat hom maan toe skiet…

  3. Dankie vir jou kommentaar Frik.

    Ek voel sterk dat ons so boek nodig het. Die dominees en pastore en so aan kan dit dan gebruik soos die ander boeke, daar sal gese word, “In Nelson hoofstuk 3 vers 16” of “In Nelson 2 vers 3 se hy”.

    Maar dis nie net Madiba se verhaal wat gekanoniseer behoort te word nie. Ons kort ook ‘n tweede nuwe Psalm boek. Een wat al die wonderlike liedere wat sedert die antieke tye geskryf was, insluit.

    Een lied se liriek wat ek daarin sal wil sien, is U2 se “Sill havent found what I’m looking for”. Ai die laaste vers bly my nog nal al die jare so by:

    “You broke the bonds and you, loosed the chains
    carried the cross, of my shame
    you know I believe it
    But I still havent found what I’m looking for’

    Maar ag wat, hierdie is maar net voorstelle, ek sal nooit my idees op ander mense afvorseer nie, soos wat die Katolieke hulle geloof in Europa met geweld versprei het, of soos wat die Gereformeerde geloof ook maar met geweld in die Kaap op mense afgevorseer was.

    Hierdie dinge wat ek graag gekanoniseer sal wil sien, is in elk geval reeds deel van my spiritualiteit. Ek deel maar net graag my vreugdes met andere.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s